
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:16 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE-kyk bl 1386.

OOPSTEL VAN R62 TUSSEN
CALITZDORP EN OUDTSHOORN

(Verklaring)

Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister van Vervoer en Werke het my gevra om 'n verklaring te doen. Ek gee hom die geleentheid daartoe.

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, tydens die onlangse rens in die Klein-Karoo en die Suid-Kaap het heelparty paaie verspoel. Dit is vir my aangenaam om aan te kondig dat die R62 tussen Calitzdorp en Ladismith vir verkeer oopgestel is. Die pad sal nie 'n teerblad voor die Klein-Karoo Kunstefees h nie - dit sal daarna gedoen word - maar die pad is wel amptelik oopgestel. [Toejuiging.]

OOPSTEL VAN HOOFROETE TUSSEN KAAPSTAD
EN PORT ELIZABETH VIA OUDTSHOORN

(Voorstel)

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die spoedige optrede van die provinsiale Ministers van Vervoer en Werke en van Landbou verwelkom om te verseker dat die hoofroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth deur Oudtshoorn in die Klein-Karoo oopgestel word.

Die vinnige optrede van beide die provinsiale Ministers van Vervoer en Werke en van Landbou, ... [Tussenwerpsels.] ... word deur die inwoners van die Klein-Karoo geloof, ...

Die SPEAKER: Orde!

Mnr J P GELDERBLOM: ... en in die besonder deur die gemeenskap van Calitzdorp.

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Gelderblom is besig om die voorstel te motiveer as hy waardering uitspreek. Hy moet die voorstel in die vorm van 'n voorstel voordra.

Die eerste gedeelte van die voorstel is heeltemal in orde. Die agb lid mnr Gelderblom het die voorstel sonder kennisgewing gestel. Is daar enige besware dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word? Geen besware nie. Is daar enige besware teen die voorstel? Geen besware nie.

Goedgekeur.

OPTOG DEUR MENSE VAN CITRUSDAL

(Voorstel)

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis kennis neem van die optog op 15 Maart 2000 deur 500 mense in Citrusdal onder die vaandel van die ANC om beswaar te maak teen drankwinkels wat hulle deure vir kinders oopmaak en die plaaslike polisiekantoor waar dit blyk dat rassisme voorkom, waar 'n bruinmens wat na bewering dronk was, burtaal en ru behandel is teenoor 'n witmens wat van poging tot moord beskuldig word, waar polisieskofte ooreenkomstig ras ingedeel word en waar polisiesigbaarheid in die misdaadgeteisterde kleurlinggebied swak is en bestaan nie, waar die senior bestuur van die polisie totaal wit is ...

*Die SPEAKER: Orde! Ek het dieselfde probleem met die voorstel van die agb lid mnr Ramatlakane, dat hy 'n voorstel sonder kennisgewing voorstel, terwyl die hele voorstel in werklikheid 'n motivering vir die voorstel is. Die agb lid mnr Ramatlakane sal die voorstel moet afsluit. Wat moet die Huis doen met wat hy genoem het?

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek stel voor:

Dat die Huis kennis neem van die optog op 15 Maart 2000 deur 500 mense in Citrusdal onder die vaandel van die ANC om beswaar te maak teen drankwinkels wat hulle deure vir kinders oopmaak en die plaaslike polisiekantoor waar dit blyk dat rassisme voorkom, en die stryd van die mense van Citrusdal om hul kinders te beskerm, rassisme uit te roei en die polisie te hervorm, ondersteun.

*Die SPEAKER: Baie dankie. Die Stoel hou daarvan wanneer hy die woorde "stel voor" hoor. Die agb lid mnr Ramatlakane het die voorstel sonder kennisgewing voorgestel. Is daar enige beswaar? [Besware.] Aangesien daar besware is, sal die kennisgewing van voorstel op die Ordelys gedruk word.

GERIEWE EN ONTSPANNINGSFASILITEITE
 
(Voorstel)

*Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die verantwoordelike gesag versoek om lede skriftelik in te lig oor alle geriewe en ontspanningsfasiliteite beskikbaar by die Provinsiale Parlement, en om alle sleutels aan alle partye beskikbaar te stel om toegang tot die fasiliteite moontlik te maak.

Goedgekeur.

NASIONALE KRIEKETSPAN: OORWINNING TEEN INDI

(Voorstel)

*Mnr E ISAACS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:
Dat die Huis die nasionale krieketspan gelukwens met hul opwindende oorwinning teen Indi vanoggend.

Goedgekeur.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP [B5-2000]

(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 8 - Beplanning, Plaaslike Bestuur en Behuising:

Behuising

Die MINISTER VAN BEHUISING: Me die Voorsitter, dit is ironies dat u in die Stoel is terwyl ek my Begrotingsrede lewer. Ek wil aansluit by wat u gister tydens die debat oor Begroting 7 - Maatskaplike Dienste, ges het, dat u al vir die sesde maal aan 'n debat oor die Maatskaplike Dienstebegroting deelneem.

Vandag word hier ook 'n rekord in die Huis opgestel. Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar wat ek die Begrotingspos 8 - Behuising, in di Huis voordra. 'n Mens voel - en u sal met my saamstem - soos deel van die meubels.

Dit is natuurlik ook moontlik dat die kontinuteit in die portefeulje daartoe bygedra het dat behuising een van die velde is waarin hierdie Provinsie deurlopend presteer het. Me die Voorsitter, 'n paar weke gelede het ek myself voorberei om vandag met 'n swaar gemoed en baie slegte nuus voor u te staan. Tot en met 25 Februarie 2000 het ek en die amptenare van my departement rond geskarrel om ons beplanning vir die 2000-01-boekjaar aan te pas om 'n dramatiese snit in ons Begroting te akkommodeer. Ons was vas onder die indruk dat ons 'n krisis van ongekende omvang in die gesig staar.

*Sakeplanne is vir die volgende MTEF-periode opgestel, gegrond op die aanduiding van die nasionale Departement van Behuising dat R351 miljoen vir die volgende drie boekjare aan hierdie Provinsie toegewys sou word. Hierdie sakeplanne het huidige goedgekeurde projekte ingesluit wat in die proses van ontwikkeling is en ten opsigte waarvan ons kontraktueel verbind is, sowel as projekte wat binne hierdie tydperk genisieer sal word.

Aan die begin van die jaar het die nasionale Departement van Behuising aangedui dat die fondse wat aan hierdie Provinsie toegewys sou word, met een derde tot R238 miljoen verminder sou word. Dit was die gevolg van die invoering van 'n toewysingsformule wat groter klem plaas op provinsies met 'n meer landelike basis. So 'n verminderde toewysing sou die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad dwing om projekte wat reeds onder konstruksie was, te staak, en sou tot gevalle van kontrakbreuk aan hulle kant lei.

Die ware moontlikheid van regstappe teen my en die raad het by my gespook. Ek is egter dankbaar om te kan aankondig dat die nasionale Minister van Behuising my pas in kennis gestel het dat die verminderde begrotingstoewysing oor 'n tydperk van drie jaar ingefaseer sal word. In die 2000-01-boekjaar sal hierdie Provinsie R341 miljoen ontvang. In die 2001-02-boekjaar sal ons 'n verdere vermindering tot R316 miljoen sien, en in die 2002-03-boekjaar sal ons slegs R263 miljoen ontvang.

Me die Voorsitter, ons is nog nie uit die moeilikheid nie. Hoewel hierdie aankondiging oor die kort termyn verligting gebring het, sal die implikasies van die verminderde begrotingstoewysing steeds gevoel word. Ons kontraktuele verpligtinge ten opsigte van projekte wat reeds onder konstruksie is en die vermindering in befondsing van die nasionale Departement van Behuising beteken dat hierdie Provinsie nie enige nuwe ontwikkelings tot 2003 sal kan inisieer nie. Dit is veral krities, gegewe die feit dat die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad tot dusver 74 projekte ter waarde van R754 miljoen ontvang het, wat as gevolg van fondse nie goedgekeur kan word nie.

Ek tel egter my seninge en is maar te dankbaar vir die tydelike verligting wat ons ontvang het. Dit sal ons ten minste in staat stel om ons verpligtinge in die nuwe boekjaar te eer en ook om ons beplanning vir die volgende paar boekjare te herstruktureer ten einde die verminderde MTEF-bedrag te akkommodeer.

Ek sal later meer uitbrei oor die pad vorentoe, maar gun my eers die voorreg om 'n een en 'n ander met agb lede te deel insake die vordering en prestasies met betrekking tot behuising in die provinsie oor die afgelope jaar.

Me die Voorsitter, tot dusver is 240 behuisingsprojekte goedgekeur teen 'n waarde van R1,45 miljard. 'n Totaal van meer as R999,7 miljoen is tot op datum spandeer aan die daarstel van behuisingsgeleenthede. Hoewel alle eise vir die 1999-2000-boekjaar nog nie ingedien is nie, is alle aanduidings dat die spandering vir hierdie boekjaar ongeveer R360 miljoen sal beloop. Hou in gedagte dat ons R351 miljoen gekry.

Vanaf 1 April 1999 tot 17 Februarie 2000 is 22 703 huise gebou. Oor dieselfde periode is 17 641 erwe gediens. Daar is voorts 10 openbare sektor hostelle wat onder die hostel opgraderingsprogram omskep word in familie- en enkellopende eenhede. Vier van hierdie projekte, naamlik in Ashton, Beaufort-Wes, die Tygerberg en Worcester, is reeds voltooi. Altesaam 2 618 familie-eenhede en 682 enkellopende eenhede is tot op datum onder hierdie program voltooi. Daar word beoog om in totaal 11 438 familie-eenhede en 1 871 enkellopende eenhede onder hierdie program te lewer.

*Me die Voorsitter, ek dink u en agb lede sal saamstem dat die kritici wat die Wes-Kaap daarvan beskuldig dat hy nie presteer nie, na die statistiek moet kyk, of vir ewig moet vrede h.

Die Departement van Behuising is bevoorreg om die grootste en langs dienende Presidensile Stedelike Herkonstruksieprojek in die land te bestuur. Die Gentegreerde Gedienste Grondprojek het nou 17 500 huise, 485 klaskamers, waaronder 15 nuwe skole, 8 nuwe of opgegradeerde gesondheidsentrums, 8 sale, 3 biblioteke en 4 sportvelde gelewer - en daar is bykomende projekte steeds onder konstruksie.

Crossroads, Philippi-Oos, Weltevreden-Vallei, Heinz Park en Delft-Suid is totaal hervorm. Noudat gemeenskappe gevestig word, is ons in staat om programme te implementeer vir kapasiteitsbou, ekonomiese ontwikkeling, vroe kindersorg, skoolgereedheid en die aanmoediging van verbeterings aan huise en tuine.
Saam met ons vennote in die Provinsie en in plaaslike bestuur het ons sedert hierdie tyd verlede jaar R100 miljoen bestee.

Me die Voorsitter, oor die afgelope jaar het heelparty projekte goed presteer. Ek is veral opgewonde oor die vordering wat met die Wesbank-projek in Oostenberg gemaak is. Di projek, wat uit 5 147 wooneenhede bestaan, verteenwoordig 'n belegging van meer as R92 miljoen in behuisingsfondse.

Verdere befondsing is ook verkry uit die BKIG- en CMIP-programme. Tot op datum - en ek wil h agb lede moet kennis neem daarvan - is 3 915 potensile begunstigdes reeds geprosesseer en 3 050 families het ingetrek sedert die eerste huise in April 1999 voltooi is. Die bemarkings- en behuisingsproses vorder tans teen nagenoeg 20 families per dag. Daar word verwag dat al die huise in Wesbank teen die einde van Julie 2000 betrek sal wees.

*Befondsing is ook voorwaardelik goedgekeur om 'n veiligheidsomheining langs die R300-snelweg na Delft, sowel as 'n voetgangerbrug bo-oor, op te rig. Dit sal die Wesbank-gemeenskap in staat stel om belangrike fasiliteite in Delft te bereik tot tyd en wyl hierdie fasiliteite in Wesbank gevestig is.

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het bevestig dat konstruksie van die eerste skool in Wesbank binne die volgende boekjaar sal begin.

Me die Voorsitter, ek dink die statistieke spreek sigself. In die Wes-Kaap speel ons nie, ons bou huise. Ek en my departement kom natuurlik nie alleen die krediet toe vir die goeie vordering wat gemaak word nie. Daar is heelparty individue, ontwikkelaars, kontrakteurs, en so meer, wat met hul toewyding en entoesiasme behuising in die Wes-Kaap op koers hou. Die onsekerheid rakende ons Begroting kon 'n persoon maklik laat handdoek ingooi het, maar hierdie Provinsie kon nog altyd staat maak op rolspelers wat hulle nie sonder meer laat onderkry nie.

Sommige van hierdie staatmakers het dan ook erkenning ontvang vir hul ywer en toewyding. Die Instituut vir Behuising het Brett Merdell van BKIS aangewys as die Provinsiale Behuisingspersoon van die Jaar en - goeie nuus vir my goeie vriend die agb lid mnr Dugmore - die Munisipaliteit van George het met die louere vir die Provinsiale Plaaslike Owerheid van die Jaar weggeloop.

Mnr C M DUGMORE: Ons werk! Ons werk!

Die MINISTER: Ja, ons werk, en as die werk klaar gedoen is, eis jy die krediet daarvoor op! [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek wil daardie mense weer eens hartlik gelukwens.

Op nasionale vlak het die Wes-Kaap ook erkenning ontvang toe die boukonsortium, Delftcon, aangewys is as die beste opkomende bouers in Suid-Afrika. Ek dra ook my hartlike gelukwense aan hulle oor.

*Laaste, maar nie die minste nie, die voorsitter van die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad, mnr Billy Coetzee, het die Voorsitterstoekenning van die Instituut vir Behuising ontvang vir sy volgehoue toewyding aan die behuisingsproses. Ons is trots om 'n persoon van sy kaliber as voorsitter van ons raad te h.
Agb lede is bewus van die feit dat ek die eerste Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsraad op 1 Januarie 2000 aangestel het. Die nege lede van die nuwe raad het 'n grondige kennis van behuising en verwante terreine, en is na 'n uitvoerige siftingsproses aangestel. Ek is derhalwe vol vertroue dat die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsraad na die behoeftes van al die gemeenskappe in die provinsie sal kan omsien.

Die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingswet, 1999 (Wet 6 van 1999), is op 1 Januarie 2000 gepromulgeer. Die Departement van Behuising is in die proses om die regulasies ten opsigte van hierdie Wet te finaliseer.

Benewens die promulgasie van die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingswet en die aanstelling van die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsraad, het ons ook noemenswaardige vordering gemaak met die meeste van ons kernprioriteite en sleuteldoelwitte. Die Departement van Behuising het met 'n aantal inisiatiewe begin om 'n proaktiewe benadering tot behuisingsontwikkeling in die provinsie te verseker, in teenstelling met wie eerste kom, eerste gehelp-metode wat in vorige jare aanvaar is. My amptenare het reeds geadverteer vir ontwikkelingsvoorstelle vir die samestelling van 'n vyfjaar- strategiese behuisingsleweringsplan en 'n tweejaar-sakeplan. Dit is in die proses om gevalueer te word.

Daarbenewens het die departement goed gevorder met die samestelling van 'n behuisingsprioritiseringsmodel wat die geografiese verspreiding van die werklike behuisingsbehoeftes in die hele Wes-Kaap as 'n basis sal h. Hierdie model sal ons in staat stel om die behoeftes en projekte op hierdie grondslag na behore te prioritiseer. Die prioritiseringsmodel sal ook verseker dat die jaarlikse begrotingstoewysing vir die Wes-Kaap op korrekte en behoorlike wyse bestee word.

In uitvoering van die bepalings van die Wes-Kaapse Provinsiale Wet op Behuising, 1997 (Wet 12 van 1997), het ek reeds beleidsriglyne neergel, waarvolgens grond wat vir behuising geskik is, in lyn met die nasionale behuisingsprogramme aan plaaslike owerhede oorgedra kan word. Daar is reeds goedkeuring verleen vir die oordrag van diesulke gronde in plekke soos Crossroads, Brown's Farm, Heinz Park, Du Noon, Wesbank, die Paarl, Pelican Park, Elandsbaai en Stilbaai-Oos, wat ook bekend staan as Melkhoutfontein.

Beleidsriglyne is ook neergel vir die oordrag van woonstelle van die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad aan plaaslike owerhede.

Mnr N M ISAACS: Mm.

Die MINISTER: Ek hoor die agb lid mnr N M Isaacs s, "Mm", want dit is iets wat hom na aan die hart l. 'n Belangrike element van hierdie oordrag is egter dat die woonstelle nie sonder my toestemming verkoop mag word nie, ...

Mnr N M ISAACS: Hoor, hoor!

Die MINISTER: ... maar behou moet word om voorsiening te maak vir die behoefte aan bekostigbare huurakkommodasie. Meer besonderhede hieroor sal in die loop van die jaar bekend gemaak word.

*Me die Voorsitter, daar was 'n dringende pleidooi vir 'n snelle grondvrystellingsbeleid wat die voorkoms van grondtoestroming sou hanteer en die toenemende vraag na behuising proaktief sou aanspreek. Daar kan nie daaraan voldoen word by wyse van die voorsiening van formele behuisingsgeleenthede nie. My departement het jare lank die formulering en aanvaarding van so 'n beleid met die Kaapse Metropolitaanse Raad en die ses metropolitaanse plaaslike rade gefasiliteer.

Ek is bly om te kan aankondig dat so 'n beleid sedertdien deur die KMR en die MLCs aanvaar is, en deur die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad as 'n provinsiale behuisingsprogram aanvaar is, wat regoor die provinsie gemplementeer kan word. Die eerste projek van hierdie aard is in Grabouw goedgekeur nadat die vure die informele vestigingsgebied vernietig het. Sedert die aanvaarding daarvan het die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad reeds ses projekte van hierdie aard goedgekeur, waarvan vier projekte binne die metropolitaanse gebied en twee projekte buite die Metropool is.

'n Geweldige probleem waarmee plaaslike owerhede voortdurend worstel, is die verkryging van geskikte grond vir behuisingsontwikkeling. Die grootste struikelblok in hierdie verband is om fondse op 'n bekostigbare manier te bekom om die grond aan te koop. Die departement werk tans daaraan om 'n provinsiale behuisingsprogram daar te stel, waardeur plaaslike owerhede finansieel gesteun kan word om geskikte grond te bekom om krisisgevalle, soos Wallacedene, aan te spreek.

*Die talle grondtoestromings, veral in die Kaapse metropolitaanse gebied, het gevra vir die oorweging en toepassing van 'n snelrespons-strategie. 'n Konsepooreenkoms is reeds in samewerking met die metropolitaanse rade voorberei en is vir hulle finale kommentaar aan hulle gesirkuleer.

Die Departement van Behuising, in samewerking met die Direktoraat: Kommunikasie van die Departement van Korporatiewe Dienste, is in die proses om 'n inligtingsveldtog te loods wat in die Klein-Karoo-distrik sal afskop. Ons is ook gereed om "road shows" te onderneem, waar die jongste behuisingsontwikkelings en sleutelterreine met alle plaaslike owerhede bespreek sal word.

'n Konsephandleiding/verduidelikende memorandum ten opsigte van die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, 1998 (Wet 19 van 1998), is opgestel en word tans aan metropolitaanse plaaslike owerhede gesirkuleer vir kommentaar.

*Die Wes-Kaapse Behuisingswet van 1997 plaas die verantwoordelikheid vir behuisingsontwikkeling vierkantig in die skoot van plaaslike bestuur. Die nasionale sowel as provinsiale behuisingswetgewing beklemtoon die behoefte vir kapasiteitsbou van plaaslike en provinsiale behuisingsfunksionarisse. Ek is bly om te kan s dat daar oor die afgelope jaar 'n behuisingsbeleidsontwikkelingskursus, aangebied deur die Universiteit van Stellenbosch en befonds deur die nasionale Departement van Behuising, gehou is. Twee sessies van hierdie kursus is reeds aangebied. Altesaam 70 plaaslike bestuurs- en provinsiale amptenare het die kursus reeds suksesvol voltooi. Die derde sessie het op 6 Maart 2000 'n aanvang geneem en word ook deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied.

Daarbenewens sal daar vanjaar 'n kapasiteitsbouprogram ingestel word wat gemik is op alle rolspelers binne die behuisingsleweringsproses, insluitende die begunstigdes.

Hoewel daar goeie vordering gemaak is met heelparty doelwitte wat ek vir myself en vir my departement gestel het, is daar maar altyd 'n paar knelpunte wat die lewering vertraag en die aanspreek van die groeiende behuisingsnood bemoeilik. Die meeste van hierdie probleme is reeds aan agb lede bekend, en ek wil nie kosbare tyd mors deur daaroor te teem nie.

Dit kan egter genoem word dat enkele gevalle waar moontlike bedrog betrokke was, onder ons aandag gekom het. Di gevalle is almal op my aandrang na die Heath-kommissie verwys, en ons wag tans op terugvoering daaromtrent. 

Hoewel ek beloof het om agb lede nie met ou probleme te verveel nie, kan ek egter nie anders as om weer te verwys na die feit dat ons eenvoudig nie genoeg fondse ontvang ten einde die behuisingsnood in die Wes-Kaap effektief aan te spreek nie. Die sogenaamde bykomende fondse wat ons vir die komende boekjaar sal ontvang, is geld waarvoor ons in ieder geval reeds beplanning gedoen het. Di fondse is reeds verbind en sal bitter min aan ons saligheid doen. Dit koop slegs vir ons 'n bietjie ekstra tyd.

*Die uitdaging waarmee ons in die komende jaar te make sal h, is om die momentum van behuisingslewering te handhaaf met die beperkte hulpbronne tot ons beskikking. Soos reeds gemeld, sal daar geen geld wees om enige nuwe projekte tot die jaar 2003 te inisieer nie. As die momentum van behuisingslewering gehandhaaf wil word, soos wat moet gebeur nie, sal ons innoverende metodes moet vind om inkomste te genereer. Ek was onthuts om te verneem dat die boubedryf verlede jaar beskou as die swakste finansile jaar wat hulle sedert die Tweede Wreldoorlog ervaar het.

Nie minder nie as drie maatskappye het my genader met die nuus dat hulle sal moet sluit as die situasie nie verander nie. Dit is slegte nuus vir die Wes-Kaap, veral vir die ekonomie van die Wes-Kaap.

Ons het ook die samewerking en begrip van gefrustreerde en desperate gemeenskappe nodig, wat tans sonder dak is en nie die feit verstaan dat ons beperkte fondse het nie. Ons het oor die afgelope jaar 'n paar gemeenskappe gehad wat na ons geboue opgeruk het om oor hul behoefte aan behuising te protesteer. Ons het nie die geld om al die behoeftes in die provinsie aan te spreek nie. Dalk moet ons maak soos wat die ou volksliedjie lui, en "go marching to Pretoria", om ons saak te sterk. [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: Vra Sanki, dit is makliker.

*Die MINISTER: Die fondse wat ons ontvang, is tans net genoeg om voorsiening te maak vir ...

Mnr C M DUGMORE: Praat net met Sanki, ...

*Die MINISTER: ... ongeveer 22 000 ...

Mnr C M DUGMORE: ... dan hoef u nie te toi-toi nie.

Die MINISTER: As die agb lid mnr Dugmore stilbly, het ek nie nodig om hom in die rede te val nie.
*Me die Voorsitter, die fondse wat ons ontvang, is tans net genoeg om voorsiening te maak vir ongeveer 22 000 behuisingsgeleenthede. Die behuisingsbehoefte in die metropolitaanse gebied alleen word op meer as 230 000 eenhede geraam.

Innoverende metodes sal gevind moet word om inkomste vir behuising te genereer en om gesonde finansile beginsels in die Wes-Kaap te verseker, waarvoor die vaardighede van 'n bevoegde sakebestuurder nodig is. Aangesien die permanente diensstaat nie vir so 'n pos voorsiening maak nie, is die pos van sakebestuurder op die grondslag van 'n sesmaande-kontrak geadverteer. Die respons was baie teleurstellend en daar is besluit om nie een van die aansoeke te aanvaar nie. Aangesien die SOKO-diensstaat nou in plek is, kan die pos as 'n permanente pos geadverteer word.

Benewens die voorsiening van behuising, sal ons grootste uitdaging wees om te verseker dat daardie behuisingsgeleenthede wat tot dusver voorsien is, tot die beskikking bly van die begunstigdes vir wie dit beoog is. Ons verleen effektief bystand aan persone wat geen bron van inkomste het nie en hulle lewensomstandighede van krotbewoners tot huiseienaars verander, maar ons kan nie waarborg dat hulle huiseienaars sal bly nie. Saam met huiseienaarskap kom sekere verantwoordelikhede, veral finansile verantwoordelikhede wat nagekom moet word.

Plaaslike besture word gedwing om kredietbeheerprosedures toe te pas en toe te sien dat uitstaande skuld ingevorder word. Werkloosheid en ekonomiese ontbering vier ongelukkig hoogty. Plaaslike besture wat nie geld ten opsigte van diens of belastings kan invorder nie, word nou gedwing om hierdie subsidiehuise af te verkoop ten einde die uitstaande skuld in te vorder. Die mense wat so ontwortel word, sal opnuut krotbewoners word, maar hierdie keer het hulle geen hoop om ooit weer deur die Staat gehelp te word nie.

Ek beklemtoon nou reeds vir 'n geruime tyd die behoefte dat kapasiteitsbou van huiseienaars 'n absolute prioriteit op plaaslike bestuursvlak moet word, met basiese opleiding soos begroting en instandhouding wat aan potensile begunstigdes gebied word. Die Departement van Behuising het 'n kapasiteitsboukursus gestruktureer, wat die opleiding van potensile begunstigdes in die rol en verantwoordelikhede van huiseienaars sal insluit.

Begunstigdes moet bewus wees dat daar maatrels in plek is om armoede aan te spreek, soos die "equitable share" waartoe plaaslike besture toegang het. Ongelukkig egter, terwyl hierdie meganisme groot verligting ten opsigte van dienstegelde bring, maak dit nie voorsiening vir belastingheffings nie. Ek wil derhalwe 'n beroep op die begunstigdes doen om die plaaslike besture te nader en relings te tref om enige agterstallige geld wat mag opgeloop het, af te betaal voordat dit te laat is.

Me die Voorsitter, die dae van huise gratis en verniet ontvang, sal eersdaags iets van die verlede wees. Selfs met die verhoogde subsidiebedrag wat die afgelope jaar in werking getree het, is die fondse beskikbaar nie genoeg om 'n aanvaarbare bo-struktuur daar te stel nie. Die begunstigdes sal dus moet begin bydra tot die oprigtingskoste van hul huise, hetsy deur middel van spaarplanne of mikro-lenings. Dit sal nie alleen verseker dat die eindproduk groter is en meer privaatheid aan die inwoners verskaf nie, dit sal ook die eienaar en sy familie gewoond maak om elke maand geld opsy te sit vir hul huis. Wanneer hulle intrek, kan hulle weer die bedrag wat hulle elke maand gespaar het, aanwend ten einde hul munisipale rekeninge te betaal. Dit sal voorkom dat algaande meer families hul huise verloor as gevolg van swak skuld. Dit is vir my verblydend dat heelparty plaaslike owerhede se behuisingsprogramme reeds spaarplanne of mikro-lenings inkorporeer.

*'n Ander probleem waarmee ons te kampe het, is die feit dat daar met die voorkoopreg wat voorheen ten opsigte van 'n staatshuis bestaan het, weggedoen is met die instelling van die nuwe subsidiebeleid. As gevolg daarvan mag begunstigdes oor hul eiendomme beskik op enige wyse wat hulle goed dink. In sommige gevalle neem begunstigdes nie eens besit van die huise nie, maar verkoop hulle dit uit die hand vir 'n paar honderd rand.

As daar toegelaat word dat hierdie praktyk voortduur, sal die behuisingsbehoefte van die betrokke dorpe nooit doeltreffend aangespreek word nie. Al waarin ons sal slaag, sal wees om die armoede en ontbering in 'n eindelose sirkel rond te skuif. Die Departement van Behuising het reeds verto tot die nasionale Minister van Behuising gerig vir die herinstelling van 'n voorverkoopreg oor hierdie subsidiehuise.

Me die Voorsitter, hoewel die probleme wat ek uitgelig het 'n mens soms moedeloos laat, is dit noodsaaklik dat ons nie tou opgooi en deurgaans met nuwe inisiatiewe vorendag kom ten einde ons doelwitte te verwesenlik nie. Die departement het dan ook wel heelwat nuwe idees en programme vir die komende boekjaar beplan. Ek het reeds verwys na die kommunikasie- en informasieveldtog wat eersdaags sal begin, asook die kapasiteitsbouprogramme, waarvan sommige reeds op dreef is.

Weens die toenemende druk op die beskikbare finansile bronne, het ek opdrag gegee dat die nywerheids- en sakepersele, asook ander nie-residensile persele wat aan die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad behoort, gedentifiseer word ten einde dit dringend op die mark te plaas. Dit sal ons in staat stel om ons fondse in 'n mate aan te vul.

Ek het ook 'n versoek aan die plaaslike owerhede gerig om, waar moontlik, aansoek te doen om hul spesiale bedryfsrekeninge aan te wend vir die daarstel van behuising. Die aanwending van diesulke fondse kan verseker dat die behuisingsproses momentum behou.

*'n Ander inisiatief wat in die pyplyn is, is 'n program om die behoeftes van Vigs-slagoffers binne bestaande behuisingsbeleid aan te spreek - en ek dink die agb lid dr Van Zyl sal baie bly wees om dit te hoor. Die besonderhede van hierdie inisiatief word nog gefinaliseer. Ek hoop om mettertyd 'n aankondiging te doen.

Die landelike behuisingsubsidie is ook formeel op nasionale vlak aanvaar. Hierdie meganisme maak voorsiening vir die poel van hulpbronne ten einde die opgradering van lewensomstandighede te finansier van mense wat funksionele verblyfregsekerheid in teenstelling met wetlike verblyfregsekerheid geniet. Hierdie subsidies mag slegs op 'n projekgrondslag bekom word, want hierdie begunstigdes het nie wetlike verblyfregsekerheid nie. Die riglyne stel hulle in staat om toegang tot 'n tweede subsidie te h, sou hulle van die reg ontneem wees om die grond ten opsigte waarvan die subsidie uitbetaal is, te beset.

Op provinsiale vlak kyk ons na 'n meganisme om die probleme aan te spreek wat deur plaaswerkers ervaar word, wat, nadat hulle uit diens tree, nie langer op die plase kan bly nie en gedwing word om na die naaste dorp te migreer. Vanjaar sal ook 'n program goedgekeur word om persone te help wat in alle opsigte vir subsidies kwalifiseer, maar tans nie toegang tot subsidies het nie omdat hulle onontwikkelde eiendom het wat in hulle naam geregistreer is. [Tussenwerpsels.] Ek het oor die afgelope paar jaar 'n pleidooi gelewer vir 'n meganisme om hierdie individue by te staan.

Ons moet nie mense penaliseer wat die verantwoordelikheid aanvaar om vir hul eie gesinne voorsiening te maak en wat in hierdie verband inisiatief toon nie. Ek is bly om te kan s dat die nasionale Departement van Behuising besig is met wysigings aan die bestaande beleid, wat sodanige individue hopelik toegang tot subsidies sal gee ten einde 'n topstruktuur te bou op die eiendom wat hulle bekom het.

Me die Voorsitter, die afgelope paar jaar het dit toenemend duidelik geword dat die middel-inkomstegroepe afgeskeep word, in soverre dit die verskaffing van behuising betref. Daar is 'n groot mark vir diegene wat wel vir kleiner subsidies kwalifiseer, maar wat ook definitief kan bekostig om iets groter as die normale subsidie-eenheid te kan onderhou. Dit is dus vir my aangenaam om aan te kondig dat daar tans 'n projek in plek is wat op hierdie groep begunstigdes gefokus is.

Mnr N M ISAACS: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Die Blueberry Hill-projek, ook bekend as Hillcrest, beoog om 2 329 eenhede tussen die waarde van R60 000 en R100 000 te voorsien. Ongeveer 25% van di erwe sal gaan na persone wat nie vir 'n subsidie kwalifiseer nie, en die balans sal gemik wees op families wat meer as R2 500 per maand verdien. Beplanning rakende di projek vorder goed, en ek hoop om dit eersdaags formeel te open. Na verwagting sal die ontwikkeling oor die volgende twee jaar voltooi wees.

*Die Wet op Beskermingsmaatrels vir Behuisingsverbruikers, 1998 (Wet 95 van 1998), is nou in plek. Waar bouers van subsidiehuise in die verlede daarvan uitgesluit was om by die Nasionale Huisbouersregistrasieraad te registreer, maak hierdie wetgewing dit nou vir sulke bouers verpligtend om by die raad te registreer. Die Nasionale Huisbouersregistrasieraad formuleer 'n drieledige ooreenkoms met die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad en die Departement van Behuising. Hierdie ooreenkoms sal onderhandel moet word om die rol van al die partye wat in die proses deelneem, uit te spel. Dit sal behoorlike perseeltoesighouding verseker en dat huise volgens die planne en spesifikasies van die kontrak voltooi word.

Volgens die beleidsriglyne is formele tenderprosedures nie nodig ten opsigte van behuisingsubsidieprojekte nie. Privaat- en openbare sektor-ontwikkelaars kan met plaaslike besture wat die betrokke grond besit, onderhandel vir die regte om grond te ontwikkel en private behuisingsgeleenthede te voorsien. Ontwikkelaars l dan projekaansoeke aan die raad voor, wat dit beoordeel en die projekte op grond van die meriete daarvan goedkeur. Die rede vir hierdie beleid is om die maksimum moontlike openbare sektor-belegging te kry en om maksimum deelname deur die privaatsektor in behuisingsontwikkeling te bevorder.

Hoewel goeie vordering gemaak is met die konstruksie van huise onder die huidige meganisme wat in die behuisingsubsidieskema vervat is, kan daar geredeneer word dat daar geen ware basis was waarop bepaal kon word of die produk wat gelewer is, die mees kostedoeltreffende struktuur is wat gelewer kan word nie. Die enigste wyse waarop dit onweerlegbaar bepaal kon word, is deur die instelling van 'n geformaliseerde tenderproses.

Ek is bly om te kan aankondig dat die Departement van Behuising die instelling van 'n formele tenderproses ondersoek, wat die verkrygingsbeginsels van deursigtigheid, billikheid en gesonde administratiewe praktyke sal inkorporeer.

Me die Voorsitter, ek glo dat ek vir agb lede genoeg goeie nuus gebring het om darem nie op moed verloor se vlakte te gaan sit nie.

Mnr C M DUGMORE: Ons gee u baie werk.

Die MINISTER: Ek was wel eerlik en openhartig, en terwyl daardie agb lid weer in die politieke papegaai-styl verval, is dit vir my aangenaam om aan te kondig dat ek aanbeveel het dat die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad die vakante eiendomme in Distrik Ses wat aan die raad behoort, met onmiddellike effek vry, gratis en verniet oordra aan die Stad Kaapstad.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Hierdie aksie sal meebring dat die afhandeling van restitusie-eise nie bemoeilik word deur 'n aparte landheer nie. Ek wil egter 'n beroep op alle ander staatsdepartemente doen, wat ook eiendom in Distrik Ses besit, om die voorbeeld van die Wes-Kaapse Departement van Behuising te volg.

*Me die Voorsitter, in my Begrotingsrede verlede jaar ...

Mnr C M DUGMORE: Is dit die "groot aankondiging"?

Die MINISTER: Hy sal nooit verstaan nie, want hy ken nie die geskiedenis van Distrik Ses nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr P C MCKENZIE: Ek is daar gebore.

Die MINISTER: Dan moet die agb lid mnr McKenzie hom reg inlig.

*Me die Voorsitter, ek het verlede jaar in my Begrotingsrede aangekondig dat ek voornemens was ... [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Orde! Ek roep die agb lid mnr McKenzie tot orde. Die agb Minister van Behuising mag voortgaan met sy toespraak.

Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek wil u nou in my hoedanigheid as Leier van die Huis toespreek. Ek wil u wys op Rel 43, wat bepaal dat lede nie hardop mag gesels nie. Ek wil u ook wys op Rel 44, wat bepaal dat 'n lid nie verhinder moet word om sy toespraak te lewer nie. As dit die tendens in hierdie Huis gaan wees, sal ek die Speaker moet versoek om in terme van Rel 50 op te tree, en dan ook geskiedenis te maak, sodat lede sonder 'n debat en 'n amendement uit hierdie Huis geskors sal word vir 'n bepaalde tydperk.

Me die Voorsitter, ek wil dit vir agb lede noem. Ons debatte word elke dag op Kanaal 81 gebeeldsend, en die mense daar buite kyk daarna. As orde nie in hierdie Huis gehandhaaf word nie, sal ons dit afdwing. Baie dankie, me die Voorsitter. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid het sy middelpaadjie vandag weer te breed gekam, dit is di dat hy so hard sit en praat. [Gelag.]

*Me die Voorsitter, ek wil graag terugvoering gee oor 'n inisiatief wat ek verlede jaar in my Begrotingsrede genoem het. Die moontlikheid van 'n waterkultuur-plaas in die Oostenberg-gebied is nagevors en geskikte grond vir so 'n projek is reeds gedentifiseer.

Die Wes-Kaapse Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad het ook 'n aansoek vir 680 institusionele behuisingsubsidies ontvang. Hierdie projek sal nagenoeg 800 werkgeleenthede voorsien, en 'n internasionale belegging van US$120 miljoen verteenwoordig.

Ek kan ook met trots aankondig dat die behuisingsprojek in Klapmuts benoem is in die kategorie, Wreld se Beste Praktyk, in die Habitat 2000-kompetisie wat in Dubai gehou sal word. [Tussenwerpsels.] Ek wil almal wat met die projek gemoeid is, alle sukses met hierdie prestige-kompetisie toewens.

Me die Voorsitter, ek en my departement word van alle kante oor die kole gehaal en daarvan beskuldig dat ons nie presteer nie. Na vandag het die Huis hopelik begrip vir die probleme waarmee ons worstel. Die Wes-Kaap stuur op 'n oorbesteding in hierdie boekjaar af. Ek dink ek het dit duidelik gestel dat ons heelwat meer fondse benodig ten einde al die projekte op ons boeke te implementeer.

*Hoe is dit dan nog moontlik dat ek en my departement van laksheid en stadige vordering beskuldig kan word? Ek wil 'n beroep op almal vandag hier doen om ons die nodige ondersteuning en motivering te gee om met ons goeie werk voort te gaan en die beste van 'n swak situasie te maak.

Ons is op pad na die plaaslike bestuursverkiesing later vanjaar. My pleidooi tot elkeen is om nie behuising by die spel van politiek te betrek nie. Ons het reeds genoeg probleme, en om behuising 'n politieke speelbal te maak, sou niks minder as krimineel wees nie. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek wil graag al my amptenare bedank vir hul onbaatsugtige toewyding tot die behuisingsproses. Die Departement van Behuising het tans slegs 76% van sy poste gevul, en dit plaas uiteraard druk op die amptenary. Gelukkig sal die vakante poste eersdaags geadverteer kan word en behoort dit darem verligting te bring. Ek hoop egter van harte dat die nuwelinge wat hulle by ons span gaan aansluit, ook dieselfde toewyding sal toon as diegene wat reeds jare lank streef na die verbetering van andere se lot.

Me die Voorsitter, ek stel graag Begrotingspos 8 - Behuising, voor. [Toejuiging.]

Mnr N M ISAACS: Me die Voorsitter, daar is 'n gesegde wat lui: "Show me your friends and I can tell you who you are." Daar is ook 'n gesegde wat lui: "Wys my die Minister se amptenare en ek kan jou s wie die Minister is." Ek wil die agb Minister van Behuising gelukwens met hierdie debat en sy verslag.

*Toe ek na die verslag en die kerndoelwitte en strategie van hierdie departement gekyk het, kon ek sien dat die amptenare werklik deeglike werk gedoen het. Hulle doen hul heel beste, maar 'n mens kan nooit net daarmee tevrede wees nie.

Daar is 'n paar dinge wat ek wil uitwys, veral met betrekking tot die sleutelbeleidsdoelwitte. Ek kan nie te fel met my kritiek wees nie, want die agb Minister probeer werklik sy beste.

Ek is ook bly om te hoor dat die oordrag van eiendom aan plaaslike besture baie aandag geniet het. Ek is ook tevrede om die feit te aanvaar dat hy met 'n kragtige inligtingsveldtog besig is. Nou gaan ek egter 'n bietjie stout wees. As ek so dink aan hierdie "vigorous campaign", dan wonder ek waarom die agb Minister nie vandag gepraat het oor die Wet op Huurbehuising nie. Ek weet die regulasies is nie gepromulgeer nie, maar die wet is op 19 of 20 Desember onderteken. In daardie besondere Wet is sekere meganismes wat ek sou dink teen hierdie tyd in konsepvorm sou wees ten einde daardie mense te beskerm wat onderdruk word as gevolg van die feit dat hulle agterplaasbewoners is. Diegene wat bediendekamers in die agterplase huur, is ook mense. Daar is duisende wat daaronder gebuk gaan. Die Wet op Huurbehuising sal die verligting bring wat daardie mense nodig het. Daardie mense word vreeslik uitgebuit en hulle het geen heenkome teen die verhuurders nie.

Ek het nie verwag dat al die meganismes al in plek moet wees nie, maar ek het gehoop en vertrou dat die wetgewing wat ons destyds in die NRVP aanvaar het darem nou al in werking sou wees om aan daardie mense te wys dat die Nuwe NP omgee. Ek is jammer, maar ek sal dit gedurende die verkiesing moet gebruik, want daardie mense verwag dat ons vir hulle moet sorg.

'n AGB LID: Kom s dit in Oostenberg.

Mnr C M DUGMORE: Die nasionale wet is nou daar!

Mnr N M ISAACS: Ek kom nou by Oostenberg. Gee net kans!

Meneer, daar is een ding waarmee ek glad nie gelukkig is nie. In die verslag word aangedui hoeveel behuising daar reeds is. Ek het gedink as ons klaar is, sal ons oorgaan na 'n gentegreerde waglys. Ek het egter nie verwag ons gaan 'n gentegreerde waglys h wat strukture eenkant hou nie. Die integrering van strukture vind nie plaas nie. As 'n mens nie van Oostenberg is nie, sal jy nie 'n huis in Oostenberg kry nie maar wel in Delft.

Oor die lengte en breedte van die Wes-Kaap is daar 'n tekort aan behuising. Ons het nog te veel mense wat behuising soek en nie op die waglyste kom nie. Ek wil die agb Minister vra dat wanneer ons van integrasie praat, ons nie die integrasie net op velkleur sal grond nie. Daar moet integrasie wees ongeag die grense van die substrukture.

Die agb Minister het ges dit is die laaste keer wat hy 'n toespraak gaan lewer oor die mense wat in die wooneenhede bly, want hy lewer al vyf jaar lank toesprake daaroor. Ek het vir myself ges dit is die laaste keer dat ek ooit in hierdie Huis sal opstaan en praat oor die mense in die wooneenhede. Ek het ges dit sou die laaste keer wees dat ek 'n pleidooi lewer dat eienaarskap nie net vir enkelhuise moet wees nie, maar dat dit ook uitgebrei moes word aan mense wat in maisonette en woonstelle woon. Daar is duisende van ons mense wat al jare lank daar is. Die rente van daardie gebiede is gedelg, maar die mense bly nog altyd daar as huurders. [Tussenwerpsels.] Ek is bly, en daardie agb lid moet saam met my bly wees, dat daar 'n ander uitweg is.

*Terwyl die agb Minister ges het dat hy oor die huurgeld moet dink, wil ek weet wanneer ons beheerliggame gaan instel. Daar is mense wat 40 jaar of 50 jaar lank - selfs 60 jaar in Kewtown - in 'n woonstel woon, maar hulle kan nie eens droom van eienaarskap nie. Ons kon vandag gewees het waar die Bo-Kaap is. Daardie mense in die Bo-Kaap het vandag rus in hul gemoedere, want hulle het hul woonstelle gekry.

Ek pleit by die agb Minister vir my mense daar op die Vlakte - di in Steenberg en tot anderkant die Hottentots-Hollandberge. Ek pleit dat diegene in woonstelle huiseienaars kan word. Dit is s maklik. As iemand nie wil deelneem aan die beheerliggaam nie, gee hom dan lewensreg. Gee hom 'n lewensreg daarvoor, maar met die voorbehoud dat hy nie eienaarskap kan h as hy nie instem om deel van die beheerliggaam te wees nie. Geeneen moet egter bedreig voel nie. As hy meen dat hy nie daaraan kan deelneem nie, gee ons hom lewensreg. Dit is my laaste pleidooi. Ek sal nooit weer pleit vir daardie mense wat angstig vir die dag wag wanneer hulle ook eienaarskap van hul woonstelle kan h nie.

Ek wil die agb Minister bedank dat hy verwys het na die Wes-Kaapse Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad. Ek wil die agb lede van die staande komitee bedank. Hulle het 'n goeie raad gekies op wie die agb Minister trots kan wees. Ek bedank hulle vir hul harde werk en hul bydrae in daardie opsig.

Ek hoop daar sal nou gemoedsrus kom met betrekking tot Distrik Ses. [Tussenwerpsels.] Ek hoop en vertrou daardie mense sal die geleentheid h om hul grond terug te kry. Ons ken die geskiedenis van Distrik Ses. Distrik Ses het maar 'n paar eienaars gehad, want die meeste van die grond was die eiendom van ou Progge wat destyds raadslede van Kaapstad was. [Tussenwerpsels.] Dit is die geskiedenis van Distrik Ses. Die tyd toe die nasionale Regering 'n aanbod aan die eiendomseienaars van Distrik Ses gemaak het, was die prys sodanig dat hulle dit nie kon weerstaan nie. Die prys was onweerstaanbaar en hulle het verkoop.

Mnr C M DUGMORE: Maar wat het julle gedoen ...[Onhoorbaar.]

*Mnr N M ISAACS: Die agb lid moet na die geskiedenis gaan kyk. Nie al die mense wat voorgee dat hulle daar eiendom gehad het, het eiendom gehad nie. Die meerderheid mense wat daar gewoon het, het die eiendom gehuur. Hulle het by die Jood gehuur. Hulle het skoon by die Jood knopies gekoop om in sy goeie boekies te bly. [Tussenwerpsels.]

Mnr R J KING: Dit is nie Markovitz nie, hoor!

Mnr N M ISAACS: Nee, dit was nie 'n Markovitz nie. [Tussenwerpsels.] Dit is nou onregverdig! [Tussenwerpsels.]

Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Orde!

Mnr N M ISAACS: Ek praat nie van ons Jode nie. Ek praat van daardie ander Jode. Die Jode is mos 'n groot volk.
Mnr P C MCKENZIE: Die Markovitze en so aan.

Mnr N M ISAACS: Nee, nie hulle nie.

Meneer, hulle het verkoop, want die prys was so goed dat hulle nie nee kon s nie. Die Ospavats - agb lede sal hulle onthou -het almal daar eiendom gehad.

Mnr R J KING: Wat s u, Ozinsky?

Mnr N M ISAACS: En die Ozinsky's! Ja, die Jode was daar.

Mnr M OZINSKY: Ek is nie 'n Jood nie.

Mnr N M ISAACS: Daardie agb lid kan maar stry. Sy van s hy is een!

Ek wil die agb Minister vra om daardie mense te help om in Distrik Ses hervestig te word, indien moontlik. Daardie ramkietjie van Distrik Ses het net een snaar. Hulle speel aanmekaar op die ramkietjie en as daardie snaar breek, gaan ons met probleme sit. [Tussenwerpsels.] Ja, dit het net een snaar. Ek hoop die agb Minister sal vir Distrik Ses 'n beter pakkie gee met 'n bietjie meer aansporing daarin.

*Ek wil vir die agb Minister die goeie nuus gee. Vanoggend het die ANC en die Nuwe NP eenparig saamgestem oor die wysiging van artikel 96. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid sal nog sy beurt kry. Sy amendement was in elk geval net een woord.

Ek wil ook die amptenare bedank wat vanoggend so geduldig was. Mnr die Voorsitter, u was nie vanoggend daar nie, so u het baie gemis. Ek wil die amptenare bedank dat hulle vir ons die nodige inligting gegee het om artikel 96 te wysig sodat ons mense daar buite met hul lewens sal kan aangaan en die nodige relings kan tref om oordrag van hulle eiendom te kan neem.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Voorsitter, ek dink dit sal insiggewend wees vir ons om kennis te neem, nadat ons die aankondiging van die agb Minister van Behuising gehoor het dat die provinsiale grond in die Distrik Ses-gebied aan die Munisipaliteit van Kaapstad vrygestel gaan word, dat daar 'n groot mate van opgewondenheid regoor ons land en ons provinsie is namate die grondrestitusieproses begin momentum kry. Dit is nie net die mense van Distrik Ses nie, maar ook die mense van Pacaltsdorp wat uit George verskuif is en mense van regoor die land wat gedwonge verskuif is, wat sien dat ons Regering, wat homself tot 'n beter lewe vir almal verbind het, begin teruggee wat van hulle weggeneem is.

Wat die agb Minister vandag ges het, is bemoedigend. Ek dink ons moet die proses regoor ons provinsie bespoedig sodat mense kan terugkry wat regtens aan hulle behoort het. Dit is 'n oomblik van groot vreugde vir ons in die Provinsie in afwagting van al daardie ander gemeenskappe en families wat na hulle grond teruggaan of vergoeding gegee gaan word.

Daar is meer as 300 000 families in ons provinsie wat nie voldoende gehuisves word nie. Die agb Minister het die syfer van 240 000 genoem. Daar word geraam dat in die nie-metropolitaanse gebied nagenoeg 70 000 of 80 000 mense nie voldoende gehuisves word nie.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Moenie vergeet nie dat ons 'n krimpende bevolking in hierdie provinsie het.

Mnr C M DUGMORE: Hierdie mense woon in informele nedersettings. Hulle bly in agterplaashutte in Hanover Park, Guguletu, Borchards, Mitchells Plain en Langa. Baie van hulle bly in hokkies op ons plase of in die groeiende getal plakkerskampe van ons plattelandse dorpe, waar mense huisvesting soek wanneer hulle weggejaag word van die plase.

*Ek moet s dat daar inderdaad 'n aantal boere is wat baie gedoen het om voldoende behuising te verskaf, maar hulle is die uitsondering eerder as die rel. [Tussenwerpsels.] Daar is baie honderde en duisende van ons mense regoor die provinsie wat snags op straat of in ons parke of in skuilings slaap wat deur 'n klein groepie toegewyde welsynswerkers beheer word.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Jy praat onsin! Waar is die honderde duisende mense wat op straat slaap?

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Voorsitter, ek wil die agb Minister net gerusstel. Ek het ges daar is honderde en duisende mense.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Waar?

*Mnr C M DUGMORE: In Kaapstad, op George, op Worcester en regoor ons provinsie is daar hawelose mense. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Voorsitter, hoe begin ons hierdie uitdaging die hoof te bied? Hoe tree ons as Regering op op 'n wyse wat hierdie mense sal hoop gee? Hoe gee ons hierdie 300 000 gesinne hoop? Ek glo ons Grondwet, wat die hoogste wet in die land is, l die grondslag tot die antwoord van die vraag. Artikel 26 bepaal baie duidelik dat elkeen die reg tot voldoende behuising het. Daar word verder in artikel 26(2) bepaal, en ek haal aan:

Die staat moet redelike wetgewende en ander maatrels tref om binne sy beskikbare middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik.

Ek wil dit aan die Huis stel dat, ondanks wat die agb Minister vandag vir ons ges het - ek sal my stelling motiveer - die koalisieregering, onder leiding van die voormalige Minister van Behuising, mnr Morkel, en die agb Minister van Behuising nie voldoende politieke wil aan die dag gel het om aan artikel 26 te voldoen nie. [Tussenwerpsels.] Hulle het in gebreke gebly om die beloftes en verbintenisse wat in vorige toesprake gemaak is, na te kom, en het in baie gevalle toegelaat dat traagheid, administratiewe chaos en inersie onbeskaamd voortduur. [Tussenwerpsels.] Ek sal later in my toespraak verwys na wat ten beste as pligsversuim beskryf kan word en, as die ergste, as kriminele versuim deur die politieke leierskap van hierdie provinsie.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Jy praat weer van die nasionale Regering!

*Mnr C M DUGMORE: Die agb Premier en die agb Minister het twee jaar lank in gebreke gebly om op te tree oor aanbevelings wat aan hierdie Provinsie gemaak is deur konsultante wat R2 miljoen betaal is om advies te gee oor die oordrag van bates van die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad na plaaslike besture. Die chaos wat twee jaar gelede ontdek is, in Parliament Towers, om net een voorbeeld te noem, maak 'n bespotting van die koalisieregering se verbintenis tot skoon regering.

Die provinsiale "spin doctors" beweer hulle is die beste en raak selfs beter, maar enigeen wat die verslag van daardie konsultante gelees het en verstaan dat absoluut niks gedoen is om die skaamtelose toedrag van sake aan te spreek nie, sal my oproep om nasionale tussentrede ondersteun. Dit is duidelik dat die "spin doctors" vinnig aan 'n paar nuwe lyne moet dink.

Wat was die bevindings van daardie ondersoek? Dit was 'n ondersoek van R2 miljoen, en die agb Minister en die agb Premier was bewus daarvan. Daar was geen personeel wat aan die eiendomsregister gewerk het nie. Die bestaande eiendomsregister was onvolledig en onbetroubaar. Daar was vermiste en verlore lers. Daar was groot verskille tussen die departementele eiendomsregister en die ooreenstemmende rekords van die Aktekantoor. Die debiteurestelsel het net beperkte verslae beskikbaar gestel.

*Maar dit gaan baie verder. Die agb Minister weet dat daar mense is wat in Parow Park woon wat huise in ander gebiede besit. Dit is in hierdie besondere verslag gedentifiseer en absoluut niks is gedoen nie, terwyl die armstes van die armes steeds sonder voldoende behuising woon. [Tussenwerpsels.] Die verslag s ook baie duidelik dat diegene in Parliament Towers nie saamgewerk het met die ondersoek nie. Twee jaar lank het hierdie Provinsiale Regering absoluut niks gedoen om die chaos wat bestaan, aan te spreek nie. Ons kan bykans R500 000 in huurgeld van sommige van hierdie eiendomme verdien, maar die verleentheid wat in hierdie verslag na vore kom, is dat minder as R11 000 per maand van sommige van hierdie eiendomme ontvang word. Dit is die briljante prestasie wat die agb Minister nie eens in sy toespraak wil noem nie, en hy is regstreeks daarvoor verantwoordelik. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Voorsitter, ons weet almal die afslag-voordeelskema sou op 31 Maart 1999 uitfaseer word. Ek verwys weer na pligsversuim. Dit is waarom die ANC die voormalige Minister se aankondiging op 20 Januarie 1999 ondersteun het dat die Munisipale Ordonnansie gewysig sou word om diegene wat steeds geld aan plaaslike besture skuld, toe te laat om huiseienaars te word. Ons sien egter dat hierdie wysiging meer as 'n jaar lank vertraag is, waardeur die vooruitsigte van duisende huurders in die gevaar gestel word om in werklikheid huiseienaars te word.

Die wetsontwerp is eers vandag na die staande komitee verwys. Ons van die ANC sal met ons nasionale Minister praat en vra dat die keertyd uitgestel word om al ons mense toe te laat om oordrag te neem van huise wat hulle jare lank reeds huur. Die ANC het ook 'n wysiging aan die wetsontwerp voorgestel, wat sal verseker dat die stadstesouriers, wat soms die reg in eie hande neem, geen diskresie het om die klaringsertifikaat toe te staan as die voorwaardes nagekom word nie. Die woord "kan" is deur "moet" vervang. Dit is 'n oorwinning vir ons mense wat dikwels aan die genade van stadstesouriers oorgelaat word.

Dit kom voor dat die agb Premier nie wil toelaat dat diegene met wie hy probleme het, krediet neem vir ware pogings om die armes te bevoordeel nie. Waarom, op daardie punt, is die agb lid mnr McKenzie nie toegelaat om met hierdie besondere amendement voort te gaan nie? [Tussenwerpsels.] Kyk na die manier waarop die agb Premier die agb lid mnr Marais hanteer het, iemand wat groot stappe in hierdie Provinsie gedoen het om 'n program in plek te plaas om armoede te verlig.

Ek glo daar is twee kritieke terreine waarop die Provinsie in gebreke gebly het om vir die armes hoop te gee. Die eerste is ten opsigte van grond en die beskikbaarheid van daardie grond, en die tweede hou regstreeks verband met die metode van subsidietoekenning.

In 1997 het die agb Minister homself verbind tot 'n proses van grondidentifikasie van alle staatsgrond in die metropolitaanse gebied. Dit het nasionale grond, provinsiale grond, grond van die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad en munisipale grond ingesluit. Hy het trots vir die Huis ges dat die Metropolitaanse Behuisings- en Verstedelikingsforum, wat deur die Provinsie byeengeroep is, die taak sou afhandel. Gister het mnr Africa, op 'n baie reguit manier, die komitee meegedeel dat die forum tot stilstand gekom het. Daarom kan niemand in die Provinsie die baie eenvoudige vraag beantwoord nie: watter dele grond het hierdie Provinsie vir vrystelling vir behuising gedentifiseer? Die antwoord is 'n doodse stilte. Dit is nie goed genoeg om van Grabouw te praat nie. Dit is dinge daardie wat deur daardie plaaslike owerhede genisieer is. Daar is nie 'n provinsiale perspektief wat s: "Hierdie is die grond wat ons wil h, en hierdie is die grond wat ons gaan vrystel nie."

Ons s daar is genoeg grond vir behuising in die metropolitaanse en nie-metropolitaanse gebiede. Dit is nie goed genoeg om vir ons te s dat sommige lede van die plaaslike rade nie die haweloses of ander metropolitaanse plaaslike rade wil h nie. Dit is Nuwe NP-beheerde rade hierdie, en dit is waarom, so glo ons, die agb Minister die armes in die steek laat. Hy is nie bereid om te s dat sekere dele grond geskik is en dat hy sal toesien dat dit vir die armes vrygestel word nie. In plaas daarvan wag hy vir voorstelle en doen hy dinge stuk-stuk. Dit sal nooit die grondhonger van ons mense tevrede stel nie.

Mnr die Voorsitter, ek glo die agb Minister het 'n silo-benadering. Sommige mense noem dit tonnelvisie. Hy oorweeg slegs grond wat aan die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad behoort, wat vir residensile doeleindes gesoneer is. Hy wil dan nie-residensile grond teen markwaarde verkoop, sonder om eers te vra of daardie grond inderdaad vir behuising gebruik kan word. As die agb Minister haastig is om hierdie grond wat vir behuising gebruik kan word, af te verkoop, waarom is dit dat niks van die casinogeld aan behuising toegeken is nie? Waarom is nie 'n enkele sent aan behuising toegeken nie?

Aangesien mnre Slabbert en Bester besig is om die bates van die Provinsie te verkoop, waarom kry die Behuisingsfonds nie geld van die Woekerfonds nie? Waarom word niks van daardie geld aan die Behuisingsfonds oorgedra nie? Ons weet die Behuisingsfonds is nog nie ingestel nie - 'n verdere een van die 100-dag verbintenisse teen 1 April waarop ons wag. Ons hoor nou verskonings omtrent die bestuurder van die Behuisingsfonds, maar die fonds is nog nie eens ingestel nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Voorsitter, ons posisie is baie duidelik. Ons as die ANC s dat ons alle staatsgrond wat vir behuising geskik is, moet identifiseer en teen absoluut geen koste nie aan daardie begunstigdes moet vrystel.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Orde! Sal die agb lid asseblief sy slotopmerking maak?

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Voorsitter, dit is grond hierdie wat deur die Regering vir die mense gehou word en tot tyd en wyl ons sodanige grond gedentifiseer het, moet ons nie toelaat dat 'n paar gulsige mense die familiesilwer afverkoop terwyl ons mense grond vir behuising nodig het nie. [Tyd verstreke.]

*Mnr A R WINDE: Mnr die Voorsitter, ek wens die agb Minister van Behuising geluk en ondersteun hulle Begrotingspos en bedank hulle vir hul harde werk en toewyding.

Ek wil verder die agb Minister gelukwens met die verskuiwing van sy Ministerie en departement na hul nuwe kantoorruimte. Ek glo die nuwe konsolidering van die departement onder een dak sal meer doeltreffendheid in die hand werk en uiteindelik daartoe lei dat daar beter behuisingsbeheer, -bestuur en -lewering in hierdie provinsie sal wees.

Mnr die Voorsitter, behuisingsontwikkeling in Suid-Afrika en in hierdie provinsie speel steeds 'n kragtige verenigende rol om benadeelde mense onder uiters moeilike omstandighede saam te bring. Staatsbehuisingshulp moet uiteindelik soveel moontlik hawelose mense bereik. Deur mense eienaarskap van grond en bystand met die bou van hul eie huise te gee, gee ons in wese mense hul menswaardigheid en trots in hulself en hul omgewing, provinsie en land terug.

Behuisingsontwikkeling dien ook as 'n enjin vir ekonomiese groei deur potensile sakegeleenthede aan die privaatsektor en werkgeleenthede vir die armes te voorsien. Die behuisingsagterstand word deur die nasionale Departement van Behuising in die omgewing van 1,92 miljoen eenhede vir stedelike behuising geraam, en net meer as 300 000 eenhede vir landelike families, wat steeds onaanvaarbare lewensomstandighede moet verduur. Dit word verder geraam dat die land se behuisingsbehoeftes met nagenoeg 200 000 eenhede per jaar groei.

Mnr die Voorsitter, in hierdie provinsie word ons behuisingsagterstand op tussen 220 000 en 230 000 eenhede in die metropolitaanse gebied geraam, en 'n verdere 40 000 eenhede in landelike gebiede. Sedert 1994 het die departement 130 000 huise in hierdie provinsie gelewer, maar dit kom voor dat ons nie kan tred hou met die groeikoers in die vraag na huise nie.

As openbare verteenwoordigers is ek seker dat ons almal die druk van die publiek oor behuisingsverwante sake voel - en dit maak seer. Ek het slegs twee uur gelede 'n dame in my kantoor in trane gehad omdat sy nie enige lig aan die einde van die behuisingstonnel kan sien nie. Haar naam was die afgelope sewe jaar op die een behuisingslys na die ander, met die een verskoning na die ander - en sy is steeds haweloos. Dieselfde storie word in elke stad en dorp in hierdie provinsie gehoor.

Mnr die Voorsitter, ek is bly om te hoor van die vordering wat die agb Minister en sy departement gemaak het, maar om 'n huis in hierdie provinsie te verskaf, is nie genoeg nie. Hierdie mense het nie die werke om die lewe in hierdie huise volhoubaar te maak nie. Ons in die DP glo dat wanneer dit by laekostebehuisingsontwikkeling vir die armes kom, gemeenskappe nie aangemoedig moet word om die beste beskikbare te kies nie, maar eerder wat bekostigbaar en volhoubaar is, maar steeds die gehalte lewe verbeter en 'n markwaarde behou.

Mnr die Voorsitter, die fokus van ontwikkelaars bly op die lewering van formele behuising, met die duurste diensproduk wat aangebied word. Die argument vir hierdie benadering is dat dit is wat die begunstigdes wil h, en wat hulle s hulle kan bekostig. Plaaslike owerhede is net so skuldig in hierdie opsig, want hulle dring aan op ho diensstandaarde, aangesien hulle met die verantwoordelikheid sit om die dienste wat genstalleer is, in stand te hou.

Die gevolg is dat baie huishoudings waarvan die primre behoefte skuiling is, nie die herhalende koste van ho gedienste persele kan bekostig nie, wat daartoe lei dat plaaslike owerhede diensvoorsiening opskort as gevolg van nie-betaling en oplopende skuld. Dit lei weer tot die verstadiging van verdere lewering van behuising binne plaaslike owerhede wat geraak word.

Mnr die Voorsitter, 'n ander bron van kommer is die gebrek aan toewyding, of dalk kapasiteit, van plaaslike owerhede. Die agb Minister het genoem dat hy plaaslike owerhede in 1998 gevra het om met 'n plan na vore te kom om R100 miljoen aan behuisingsprojekte te bestee, en tot op datum het hy nog nie een plan ontvang nie. Daar word vir ons ges dat binne die Metropool die behuisingplanne en inligting op 'n GIS-stelsel beskikbaar is, maar tot op datum het die Stad Kaapstad nog nie hulle plan ingedien nie. Met die agterstande wat ek genoem het, kan ons nie 'n traak-my-nie-agtige houding deur die plaaslike owerhede duld nie.

Mnr die Voorsitter, ek wil graag kommentaar lewer oor die informele behuising in hierdie provinsie. Met die toenemende agterstand en nie-lewering - of vertraagde lewering in sekere gebiede - groei hierdie sektor buite alle verhouding. Die toestroming van hawelose mense van ander provinsies is 'n ander groot bydraende faktor vir die groei van die informele behuisingsektor. Die redes vir hierdie toestroming is baie keer tevore in hierdie Huis genoem. Ek sal nie nou daarop ingaan nie. Hierdie sektor plaas 'n ongelooflike las op die plaaslike owerhede wat geraak word, sowel as op die opvoedkundige en mediese infrastruktuur, om nie van die omgewing te praat nie. Die punt wat ek wil beklemtoon, is dat hoewel hierdie informele nedersettings is, ons in 'n mate moet formaliseer en beplan om die lewens van die inwoners van daardie gemeenskappe 'n bietjie draagliker te maak.

Mnr die Voorsitter, ons het 'n kort rukkie gelede nog 'n vuur in Langa gehad, wat baie van hierdie hout-, karton- en plastiese huise vernietig het. Hierdie huise word teenaan mekaar gebou sonder enige toegang vir brandbestryding- of mediese dienste, wat in baie gevalle tot die verlies van onnodige lewens lei.

Hierdie kompakte woonstyl, sonder voldoende sanitasie of basiese watervoorsiening, raak die gesondheid van die mense wat onder sulke omstandighede woon, negatief. Ons in hierdie Provinsie, en diegene in ons plaaslike owerhede, moet die een of ander soort beplanning rondom hierdie probleem formaliseer. As die mense in hierdie informele nedersettings tot sewe jaar op 'n huis moet wag, raak beplanning noodsaaklik.

Mnr die Voorsitter, mag ek ten slotte weer eens die agb Minister met sy Begroting gelukwens en met sy aankondigings van lewering wat hy vandag hier gedoen het.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Orde! Agb lede, toe die Leier van die Huis ons vandag toegespreek het, het hy die wens uitgespreek dat ons na Rels 43 en 44 moes kyk, wat handel oor gepraat en om ander agb lede toe te laat om gehoor te word. Hoewel agb lede ag daarop probeer slaan, moet ek s dit is baie moeilik om die debat vanuit die Stoel te hoor. Ek is seker dit is ook die geval in die amptenarelosie en, ongetwyfeld, in die galery.

Ek dink ons moet die wens wat die Leier van die Huis vandag uitgespreek het, eerbiedig, en ek sal dit dus waardeer as agb lede minder kan praat onderwyl toesprake, en so meer, aan die gang is.

*Mnr Z C STALI: Mnr die Voorsitter, dit is baie jammer om die mense van die Wes-Kaap te hoor praat oor die probleme wat hulle ervaar met behuisingsontwikkelings wat daar geplaas word deur ontwikkelaars wat hoegenaamd geen gevoel vir die arm mense van hierdie provinsie het nie. Ek wil steeds van die agb Minister van Behuising weet watter kriteria gebruik word om hierdie ontwikkelaars aan te stel.

Mense verkies om in hulle hutte te bly, eerder as om huise te betrek wat deur sulke ontwikkelaars gebou is. Gesinne word opgebreek omdat die huise nie almal kan akkommodeer nie. Geweld eskaleer in gebiede soos Delft en Du Noon omdat daar nie 'n duidelike integrasiestelsel en -plan is nie. Mense in Delft, Du Noon en Happy Valley lei aan allerhande soorte siektes omdat goedkoop materiale gebruik word om hierdie huise te bou. Ek weet nie watter soort samelewing ons bou nie.

Me die Voorsitter, ons beginpunt is dat die stryd van die mense van die Wes-Kaap 'n stryd om 'n beter lewe vir almal is. Dit behoort die raamwerk te wees wat ons lei in wat ons ook al nou doen, maar die agb Minister is ver van die bereiking daarvan. Dit is 'n stryd vir 'n samelewing wie se doel dit is om op 'n volhoubare basis te voldoen aan die sosiale behoeftes van sy mense. Dit beteken dit is 'n samelewing wat nie gegrond is op die winsmotief of op die gulsigheid van 'n paar tot nadeel van die meerderheid nie. Dit is 'n stryd vir 'n samelewing wat omgee, 'n samelewing wat vry is van klasse-uitbuiting, vry van die onderdrukking van vroue en vry van rassisme in die wyse waarop die welvaart gebruik word.

Ek was verontrus met wat ek gesien het toe ek my navorsing gedoen het oor behuising in gebiede soos Du Noon, waar 'n mens steeds vind dat arm mense R30 tot R40 per dag betaal word om vir hierdie ontwikkelaars te werk. Is dit nie klasse-uitbuiting nie? Nadat ons mense deur hierdie ontwikkelaars opgelei word, word hulle tydelik vir die duur van die projek in diens geneem. Ek vra die agb Minister: is dit nie klasse-uitbuiting nie?

Hier in die Wes-Kaap is daar nie 'n standaard huisgrootte vir behuisingsontwikkeling nie. In Du Noon kry ons huise van 20 m tot 22 m - en dit word behuisingsontwikkeling genoem, en die agb Minister is trots om te s dat hy huise vir die mense van die Wes-Kaap bou! In gebiede soos Happy Valley kry ons huise van 16 m tot 18 m, en hy s steeds hy bou huise vir die gemeenskap van die Wes-Kaap.

Ek wil 'n uitdaging rig tot die trots van daardie agb Minister. Wat hy ook al doen, ek is seker hy wil aan die einde van die dag kan s, "Dit was my werk." Ek dink egter nie dat hy trots sou wees om die huise uit te wys wat in Happy Valley, Delft en Du Noon gebou is nie. Sommige daarvan is met asbes gebou. Diegene binne kan regdeur sien, en wanneer dit ren, moet mense hul beddens en meubels verskuif omdat die water deurlek.

Watter soort samelewing is hierdie agb Minister besig om te lewer? Hoe wil hy h die Wes-Kaap moet in die nabye toekoms lyk? Is dit omdat hy nie self in een van daardie huise hoef te woon nie, en hoegenaamd geen belang het wie daar moet woon nie?

Ek wil by die korrupsie in hierdie behuisingsprojekte kom. Ek wil begin met Delft, waarvan alle agb lede weet. Die mense van Delft het gekla oor die toewysing van hierdie huise aan mense. [Tussenwerpsels.] Daar was aantygings dat daar geen duidelike strategie was om mense in daardie huise te plaas nie, dat die Nuwe NP-raadslid daar regdeur Wes-Kaapland gaan en enigeen optel wat in 'n huis wil bly, ongeag of hulle daarvoor kwalifiseer of nie, en daardie mense sou huise kry.

Wat gebeur nou? Daardie huise is leeg en mense trek uit, omdat daar in die eerste plek geen behoefte vir daardie huise was nie. Geweld eskaleer in daardie gebiede omdat daar geen behoorlike integrasiestelsel was nie. Die mense word uitverkoop deur diegene wat daar bly, want die huise bly leeg en die skollies woon in daardie huise.

Die punt hier is dat daar mense is wat die geleentheid gebruik om self voordeel te trek onderwyl die proses gedisorganiseerd is. Ek kan die Towncon-projek in Khayelitsha, Town 3, Village 3 noem, waar R3,3 miljoen ingesteek is. Die projek is gestaak en die mense is haweloos. Daar is 521 gesinne wat daar ly, en hulle wag op die agb Minister om iets te doen. Ek wil weet of daar enige soort eis ingestel word en of die agb Minister 'n mandaat gegee is om te vervolg in die saak, eerder as om te s dat hy wag dat die hof die geld van hierdie ontwikkelaars terugeis.

Mense kom van regoor die hele land omdat daar geleenthede vir ontwikkelaars in die Wes-Kaap is. Hulle noem hulself ontwikkelaars, en hulle neem net die geld en verlaat die land, en ons gesinne is sonder huise gestrand. Neem byvoorbeeld Smartie Town in Macassar, waar R150 000 ingegaan het, en mense het weer eens gely. Dit is ons sterk oortuiging as die ANC dat hierdie soort benadering nooit die probleme waarmee die mensdom vandag te make het, kan oplos nie.

'n Samelewing gegrond op private wins en gulsigheid intensifiseer en verdiep armoede, ongelykheid en ellende. 'n Mens hoef nie ver te gaan om bewys hiervoor te vind nie. Ek het pas die voorbeelde van Du Noon, Happy Valley, Delft en Macassar genoem. Die agb Minister het in gebreke gebly om die 3H-behuisingsveldtog te implementeer, wat deur die voormalige nasionale Minister van Behuising, wyle Joe Slovo, ingevoer is om hongersnood, behuising en gesondheid aan te spreek. Dit is wat by hierdie die agb Minister ontbreek. [Tyd verstreke.]

Mnr A J WILLIAMS: Me die Voorsitter, ek wil graag die agb Minister van Behuising en sy departement gelukwens met die lewering van Begrotingspos 8 - Behuising.

*Me die Voorsitter, die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996), bepaal in artikel 26 met betrekking tot behuising, en ek haal aan:

(1)	Elkeen het die reg ... tot geskikte behuising.

(2)	Die staat moet redelike wetgewende en ander maatrels tref om binne sy beskikbare middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik.

Hoofstuk 10 van die Grondwet van die Wes-Kaap, 1998 (Wet 1 van 1998), bepaal onder die opskrif, "Rigtinggewende Provinsiale Beleidsbeginsels", in artikel 81, en ek haal aan:

Die Wes-Kaapse regering moet 'n beleid om die welsyn van die mense van die Wes-Kaap daadwerklik te bevorder en te handhaaf, aanneem en uitvoer, insluitende 'n beleid wat daarop gemik is om die volgende te bereik: ...

(h)	die verwesenliking van die reg van toegang tot -

(i)	toereikende behuising; ...

Die agb Minister en sy departement, in samewerking met die Wes-Kaapse Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad, probeer daadwerklik om met die middele tot hul beskikking en ten spyte van die toestroming uit ander swak regeerde provinsies na hierdie goed regeerde Provinsie Wes-Kaap, uitvoering te gee aan di grondwetlike bepaling.

Van die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad gepraat, ek wil ook graag my gelukwense oordra aan mnr Willie Coetzee, die voorsitter van die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad, met die ontvangs van die Voorsitterstoekenning van die Instituut vir Behuising vir sy voortgesette toewyding tot die behuisingsproses. Die Wes-Kaap is trots op hom. Ek bedank hom opreg vir sy harde werk en vir di van die raad.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

*Mnr A J WILLIAMS: Me die Voorsitter, die agb Minister van Behuising het oor die kwessie van plaaswerkers en subsidies gepraat. Dit is 'n aangeleenthede wat vir my baie na aan die hart l. Dit is lofwaardig dat die agb Minister en sy departement voorsiening gemaak het vir 'n tweede subsidie vir hierdie begunstigdes, sou hulle van die reg ontneem word om die grond ten opsigte waarvan 'n subsidie uitbetaal is, te okkupeer.

Ek bedank die agb Minister dat hy die feit aanvaar dat plaaswerkers 'n enorme bydrae tot die ekonomie van die Wes-Kaap lewer. Artikel 81(j) van die Grondwet van die Wes-Kaap verwys juis na die omstandighede van ons mense in die landelike gebiede.

Ek is dankbaar dat die oordrag van bates aan plaaslike owerhede ook in die Paarl gaan geskied, en dat goedkeuring vir die oordrag van sulke grond alreeds verleen is.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: Die Paarl wil die agb Minister van Behuising daarvoor bedank. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek wil terselfdertyd noem dat die plaaslike owerhede by die toekenning van tenders tenderaars uit die agtergelate gemeenskappe so sal bemagtig deur opleiding en ander aksies, dat die projekte wat hulle begin, voltooi sal word. Te veel klagtes word ontvang van projekte wat baie stadig vorder en wat halfvoltooi is.

AGB LEDE: Ja.

Mnr A J WILLIAMS: Me die Voorsitter, hardnekkige gerugte doen die rondte dat die agterstallige skulde in sekere gemeenskappe op 'n stadium afgeskryf is. Ek het nie 'n probleem daarmee nie. Waarmee ek wel 'n probleem het, is dat die afskryf van skuld na bewering net vir sekere sektore in daardie gemeenskappe gegeld het. [Tussenwerpsels.] Ek wil vra dat die agb Minister in sy repliek kommentaar sal lewer oor of daar op 'n stadium sulke aksies was of nie. Waarom moet daar steeds mense wees wat aan die agterspeen suig? Waarom moet daar steeds mense wees vir wie die "dice" verkeerd val?

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: Dieselfde maatrel wat vir een sektor van 'n gemeenskap geld, moet ook vir 'n ander sektor van 'n gemeenskap geld, wat onder dieselfde juk gebuk gaan. Waarom sleep plaaslike oorgangsrade hul voete wanneer huisbewoners eienaarskap kan verkry deur middel van die R7 500-afslagvoordeelskema? Dit ten spyte van Omsendbrief 10/93, wat alreeds in 1993 aan hulle uitgestuur is, en ten spyte van die feit dat die Departement van Behuising by herhaling met hulle in interaksie getree het en vir hulle verduidelik het hoe die proses moet geskied. Verskeie verskonings word aangevoer, waarvan die bekendste die feit is dat mense agterstallig is met die betaling van hul huur- en dienstegelde. 

Me die Voorsitter, ek is baie dankbaar dat ons as komitee vanoggend - en ek wil aansluit by wat die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe vanoggend ges het - die Wysigingswetsontwerp op die Munisipale Ordonnansie van 1974 eenparig goedgekeur het. Ek vertrou dat die proses nou daadwerklik in die gemeenskappe afgehandel sal kan word.

Mnr A ISMAIL: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: Ten spyte van die feit dat die Stad Kaapstad besware gehad het tydens hul voorlegging aan die Kabinet, het ons dit eenparig goedgekeur. [Tussenwerpsels.] Daarom wil ek agb lede aan daardie kant van die Huis opreg bedank vir hul bydrae tot die komitee se werksaamhede vanoggend.

Me die Voorsitter, hierdeur kan ons ...

Mnr M L FRANSMAN: Me die Voorsitter, ek wil graag 'n vraag aan die agb lid mnr Williams stel.

Mnr A J WILLIAMS: Me die Voorsitter, as daar na die einde van my toespraak tyd oor is, sal ek graag na die vraag van die agb lid mnr Fransman luister. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, deur middel van di wysigingswetsontwerp kan die armstes van die armes huiseienaarskap verkry voordat die R7 500-afslagsubsidie deur die nasionale Minister van Behuising teruggetrek word.

Ek sal my plig versuim as ek nie die lot van 'n deel van die inwoners van Amstelhof in die Paarl onder die aandag van die agb Minister bring nie. Daardie inwoners moes van die plaaslike oorgangsraad in die Paarl verneem dat hulle nie onder hierdie skema huiseienaarskap kan kry nie, omdat daardie skakelhuise net een gemeenskaplike toilet het. [Tussenwerpsels.] Huurders wat reeds duisende rand bestee het aan verbeterings, word ook die reg onts om huiseienaarskap te verkry.

Me die Voorsitter, dit is 'n skakelhuis met 'n 2x2-vertrek woning. Daardie huise het net een buite toilet en een storthokkie - ja, een buite toilet vir twee wonings en een storthokkie vir twee wonings. [Tussenwerpsels.] Dit is 'n skande dat mense vandag nog, na ses jaar van demokrasie, onder sulke omstandighede moet leef! Wat van die verspreiding van geslagsiektes waar mense een gemeenskaplike toilet moet gebruik? Dit is nie net die Paarl se skande nie, dit is ook die Wes-Kaap se skande en dit is ook Suid-Afrika se skande!

Wat my verder beduiwel, is wanneer ek verneem dat daar wel geld beskikbaar gestel was vir die omskepping van die storthokkie in 'n tweede toilet, maar dat die raad die geld gebruik het, weer eens die geld gebruik het, en nie vir daardie deel van die gemeenskap waarvoor dit bewillig was nie, maar vir 'n ander deel van die gemeenskap. Tydens 'n vergadering op 17 Februarie 2000 in Amstelhof, was die inwoners van Amstelhof woedend en wou hulle opruk na die kantore van die plaaslike oorgangsraad.

Me die Voorsitter, ek is dankbaar vir die werk wat die lid van die Nuwe NP in die plaaslike oorgangsraad van die Paarl, ...

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: ... me Peagrum in daardie wyk doen. Sy is vandag op die besoekersgalery om te hoor of ek die lot van die mense van Amstelhof aan die agb Minister oordra. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, as daar nie 'n verandering kom nie ...

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek vra die mense in die galery om nie aan die debat deel te neem nie. Ek sal hulle ongelukkig moet verwyder as hulle wel deelneem. Die agb lid mnr Williams mag voortgaan met sy toespraak.

*Mnr A J WILLIAMS: Dankie, me die Voorsitter.

Mevrou, as ons nie ons mense se lewensomstandighede verbeter nie, en as ons nie toesien dat hulle die trotse eienaars van wonings word nie, is ons niks beter as die apartheidsregering wat ons mense daardie reg onts het nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr H A LEWIS: Me die Voorsitter, vergun my die geleentheid om die agb Minister van Behuising en sy departement te bedank vir die werk wat hulle verrig en vir die prestasies wat hy in sy Begrotingsrede genoem het. Ek moet daar 'n "maar" byvoeg, en ek s dit binne die realiteite waarin ons leef. As ons dink aan al daardie prestasies, en in gedagte hou die behuisingsnood wat steeds in die provinsie bestaan, glo ek almal sal erken dat die prestasies nie eens 'n duikie maak in die bestaande behoeftes wat ons moet aanspreek nie.

Me die Voorsitter, ek wil vanmiddag my bydrae plaas binne die konteks van behuising vis--vis die hele kwessie van verstedeliking en die realiteite en problematiek rakende verstedeliking, asook die uitdagings wat in die toekoms op ons wag. Die oorwegende probleem met behuisingsontwikkeling is dat owerhede oor die jare heen nie vir ontwikkeling beplan het nie, want verstedeliking was nie deel van die beleidsraamwerk vir behuising van die destydse regering nie.

Die gebrek aan behuising is gewoonlik 'n aspek wat die armstes van die armes die swaarste tref. Verstedeliking is 'n realiteit binne die Suid-Afrikaanse konteks. Dit is iets waarvan ons nie kan weghardloop nie, en iets wat ons nooit sal kan ontduik of systap nie. Mense van alle groeperinge is besig om te verstedelik. Dit is dikwels nie, soos wat 'n mens baie keer die indruk kry wanneer as ons oor verstedeliking praat, net swartmense wat besig is om te verstedelik nie.

Mense uit alle groeperinge is besig om te verstedelik in die soeke na 'n beter lewe en na hoop. Die stad skyn vir baie mense die hoop te wees op 'n beter en nuwe lewe. Tragies genoeg, wanneer baie van daardie mense hulle in die stad of op die rand van die stad bevind, is hulle baie keer slegter af as wat hulle sou wees waar hulle vandaan kom.

'n Ander probleem met behuising is dat die Metropool 'n behuisingswaglys van 230 000 het, soos die agb Minister van Behuising gerapporteer het. Die fondse wat ons van die Sentrale Regering ontvang, stel ons slegs in staat om 22 000 huise per jaar te bou. Dit toon vir ons dat dit ons 10 jaar sal neem om die behuisingsnood wat vandag bestaan, uit te wis. As dit die tempo is waarteen ons gaan werk, wat gaan die behoeftes nie wees wat oor daardie 10 jaar gaan ontstaan nie? Dit laat 'n mens besef met watter nood ons werklik te kampe het en met watter nood ons gekonfronteer kan word.

Me die Voorsitter, in Mei 1998 is gerapporteer dat daar in die Kaapse Skiereiland alleen ongeveer 72 315 informele strukture is waarin mense woon.

'n Ander probleem waarmee ons gekonfronteer word met betrekking tot die behuisingsnood, is die hele kwessie van 'n toutrekkery, die verkwisting van tyd en baie keer 'n politieke magspel tussen provinsies en plaaslike regerings of munisipaliteite wat dikwels behuisingsprojekte vertraag, wat meebring dat die mense nie huise kan bekom nie.

Dit laat my dink aan wat op Haarlem, 'n dorpie in die Langkloof, gebeur het. Op Haarlem is huise halfklaar of driekwartklaar gebou, wat nou al vir die afgelope twee, drie jaar lank sonder enige vordering daar staan. Die agb Minister dra moontlik daarvan kennis. Ek wil h hy moet daaroor rapporteer. As hy nie daarvan bewus is nie, versoek ek hom om na die situasie daar ondersoek in te stel.

Me die Voorsitter, ek glo dit het tyd geword dat ons weg beweeg van die blote toepassing van bestaande behuisingsbeleid. Ons moet begin soek na 'n meer plooibare beleid wat aangepas kan word afhangende van die omstandighede in en behoeftes van die verskillende gemeenskappe. Informele nedersettings is 'n tipiese voorbeeld van dit waarna ek verwys.

My beskeie mening is dat informele nedersettings in die toekoms nie die uitsondering gaan wees nie, maar moontlik die beleid sal word. Ons sal moet bepaal of ons nie op die grond wat beskikbaar is nie, erwe kan diens en op 'n geordende manier die fondse tot ons beskikking so kan aanwend dat mense die geleentheid kry om op die gedienste erwe strukture op te rig. Dit is moontlik die pad wat ons sal moet loop.

Dit is na my mening 'n beter oplossing as wat ons kla dat ons te min geld het en nie huise kan bou nie. Dit is deel van die uitdagings waarmee ons te kampe het.

Mnr C M DUGMORE: Hoor, hoor!

Mnr H A LEWIS: Me die Voorsitter, 'n ander probleem wat ons in die gesig staar, is - en ek noem dit vanmiddag in alle beskeidenheid - die kwessie dat ons baie keer politiek maak van die behuisingsnood van mense. Dikwels staan mense op verho en vertel aan die gehoor dat die nasionale Regering slegs R15 000 of R17 000 gee om 'n huis te ontwikkel, en met daardie R15 000 of R17 000 kan A, B en C gedoen word. [Tyd verstreke.]

*Mnr P M JACOBS: Me die Voorsitter, ek merk 'n gebrek aan geslagsverteenwoordiging in hierdie debat. [Tussenwerpsels.] Waar ek vandaan kom - Guguletu, Nyanga, Langa, Crossroads, Philippi - sal ons nie 'n behuisingsdebat afsluit sonder die betrokkenheid van vroue nie, want hulle is diegene wat die spit moet afbyt van die behuisingsomstandighede waarmee ons moet sit.

Voordat ek met my voorbereide toespraak begin, wil ek egter eers die amptenare van die Departement van Behuising bedank. Ondanks die feit dat ek baie min vergaderings van die staande komitee bygewoon het, is ek in staat om konstruktief tot hierdie debat by te dra, danksy die werk wat hulle vir die komitee gedoen het en die geduld wat hulle aan die dag gel het. Ek bedank hulle.

Me die Voorsitter, die vrystelling van grond moet gekoppel word aan algehele behuisingsbehoeftes en -lewering. Dit moet lei tot die toekenning van subsidies op grond van behoefte, eerder as op grond van eerste kom, eerste bedien. Die grootste behoefte is in die Metropool. [Tussenwerpsels.] Ek wil vir die agb lid mnr Winde s dat daar mense is wie se name langer as 20 jaar op die waglys is. Ek ken sommige van hulle.

Grondvrystelling moet as 'n meganisme gesien word om die behuisingsbehoefte te begin aanspreek. Die behuisingsagterstand in die Metropool word op nagenoeg 200 000 geraam, waarvan die helfte in Kaapstad is. Die vraag wat 'n mens nou vra, is: waarom ontvang Oostenberg meer as R80 miljoen, terwyl die Metropool onderbefonds is?

Ons moet ook nie huise bou omdat ons ons teikens wil behaal en gesien wil word as die Provinsie wat lewer nie. Die proses moet gebruik word as 'n grondslag waarop gemeenskappe gebou word. Tans bou ons slums sonder enige ontspannings- of inkomstegenerende fasiliteite. Gemeenskappe moet werkgeleenthede skep en selfvoorsienend kan wees. Ons moet ook nuwe, gentegreerde, nie-rassige gemeenskappe kan bou wat geen kleur ken nie. Ons kan dit nie suksesvol doen met 'n eindproduk van 15 m tot 20 m, soos wat ons tans het nie. Ons hoop die Behuisingsfonds en die finansile bestuurder wat ingevolge die nuwe Behuisingswet, Wet 107 van 1997, ingestel word, sal op 1 April in plek wees, soos wat die agb Minister van Behuising op 8 September 1999 aangekondig het. Dit is jammer die respons rakende hierdie pos was teleurstellend en dat besluit is om nie enige van die aansoeke te aanvaar nie. Ons hoop die pos sal as 'n saak van dringendheid gevul word.
Wat die agb Minister nie vir ons ges het nie, is hoe die fonds gebruik gaan word. As een van sy prioriteite moet die fonds die werklike eindproduk van die huidige behuisingskema begin aanspreek, want die grootste deel van die subsidie gaan aan die ontwikkeling van grond, verwante infrastruktuur en ontwikkelaars. In Lower Crossroads, byvoorbeeld, is mense met R5 000 gelaat om 'n topstruktuur te bou.

Ek wil graag die voorbeeld van die Masimanyane-behuisingsprojek noem. Lede van daardie projek spaar tussen R20 en R100 per maand. Die eindproduk is 'n huis van 64 m teen 'n totale koste van R14 184,04. Ek praat van 'n vyfslaapkamerhuis, een wat tussen R70 000 en R100 000 in die mark sou kos. [Tussenwerpsels.]

Wat uniek aan hierdie projek is, is die betrokkenheid van die privaatsektor, in die vorm van Corobrik. Corobrik het gemeenskapslede in 'n verskeidenheid vaardighede opgelei. Vandag is sommige van hulle messelaars, sommige skrynwerkers, sommige loodgieters, sommige pleisteraars - lewensvaardighede wat hulle voorheen nie gehad het nie, maar vandag het, en waarmee hulle hul gesinne kan onderhou. Nie net woon hulle in huise wat hulle self gebou het nie, maar hulle het ook die vaardighede om in die arbeidsmark te kompeteer. Dit is maar net voorbeelde hierdie, en die Behuisingsfonds kan sy steun verleen. As die toekennings aan PHPs R1,5 miljoen is, bevraagteken ek of dit moontlik sal wees. Ek wil graag die agb Minister nooi om self na hierdie projekte te kom kyk, sodat hy kan besef dat ontwikkelaargedrewe projekte nie die antwoord op die behuisingskrisis is nie en nie aanvaarbaar is nie. [Tussenwerpsels.]

Coast Development Construction is 'n voorbeeld van wat hierdie ontwikkelaars aan ons mense doen. Hierdie ontwikkelaar skuld die Wes-Kaapse Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad meer as R1 miljoen vir huise wat nooit in Crossroads en KTC gebou is nie. Wat vreemd is, is dat die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad geen plan het om hierdie geld terug te kry nie. Die ontwikkelaar gaan voort om subsidievorms in hierdie gemeenskappe in te vul, en mense hoop dat hulle eendag 'n dak oor hul koppe sal h.

'n Ander voorbeeld is die Cape Town Community Housing Company. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN BEHUISING: Me die Voorsitter, in die eerste instansie wil ek al die agb lede wat aan die debat deelgeneem het, bedank vir hul deelname. Sommige agb lede sal ek meer moet bedank as ander, want sommige agb lede was meer konstruktief en objektief as ander. Nietemin, ek wil almal nogmaals bedank wat aan die debat deelgeneem het.

Ek wil ook my opregte dank betuig teenoor die voorsitter en lede van die staande komitee. Ons het nog altyd 'n goeie werkverhouding gehad.

Me die Voorsitter, ek werk nou al jare lank saam met die agb lid mnr N M Isaacs. As hy 'n toespraak begin, dan weet ek: hier kom die woonstelle. [Tussenwerpsels.]

Mnr N M ISAACS: Dit is 75 000 mense!

Die MINISTER: Presies! Hy het ges hy gaan nie weer daaroor praat nie, so laat ek dit nou finaal aan hom verduidelik.

Eerstens, woonstelle wat die plaaslike owerhede deur middel van lenings opgerig het, soos op die Kaapse Vlakte, is die eiendom van daardie onderskeie plaaslike owerhede. Om met my te baklei en te s daardie mense moet lewensreg h, help nie. Dit is iets waaroor daar met die plaaslike owerhede onderhandel moet word. Ek s net ek sal nie toesien dat gebeur wat byvoorbeeld met woonstelle op Stellenbosch gebeur het nie. Daar is mense wat woonstelle huur wat aan die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad behoort - sommige het dit 10 of 15 jaar gelede begin huur - en betaal volgens sy/haar inkomste huurgeld, maar nou verhuur hulle dit aan studente teen R2 000, R3 000 of R4 000 per maand. Dit is krimineel.

Hy het ook verwys na die wetgewing wat vanoggend goedgekeur is. Ek wil in dieselfde asem ook sommer die agb lid mnr Dugmore reghelp. Hy is 'n lid van die staande komitee en weet dit is 'n saak wat by plaaslike bestuur tuishoort en nie by my departement nie. Vir sy inligting, ek is die "aanstoker" van daardie wetgewing. Toe sy kollega die agb lid mnr McKenzie nog die Minister van Plaaslike Regering was, het hy bygesit toe ek in die koukus gesoebat het vir hierdie wetgewing, want die tydperk sou verbygaan. [Tussenwerpsels.] Nou kom hy vandag hier en praat groot. Daardie agb lid is slu. Ek moet dit vir hom s. Hy weet so goed soos ek dat die wet verlede jaar inderhaas gewysig moes word. Weet hy waarom? Omdat die behuisingsdepartemente van die Wes-Kaap, Gauteng - Dan Mofokeng was daardie tyd nog hul LUR vir Behuising - en KwaZulu-Natal daarop aangedring het. Toe moes hulle die wet verander. Nou kom daardie agb lid hoogheilig hier s dat hulle vir "Sankie" sal gaan spreek en vra dat die ding uitgestel word. [Tussenwerpsels.] Die datum is klaar vasgestel, onbepaald.

Mnr C M DUGMORE: Wat is dit?

Die MINISTER: Laat ek nou vir agb lid mnr Dugmore dit s, hy besef nou dit is verkiesingstyd. Hy moet ook besef dat as daardie datum verval het, dan het hy derduisende mense op die Kaapse Vlakte onteien.

Mnr C M DUGMORE: Hulle het vir ons gestem, nie vir jou nie!

Die MINISTER: Maar natuurlik! Want elke keer as dit verkiesing is, word behuising die speelbal. [Tussenwerpsels.] Wanneer ons verkiesing veg - ek sal vir hom voorbeelde noem - word vir die mense ges, "As jy nie vir ons stem nie, kry jy nie 'n huis nie." [Tussenwerpsels.] Daar word ook ges, "As jy klaar 'n huis het en jy stem nie vir ons nie, dan sit ons jou uit." Ek sal vir agb lede voorvalle daarvan noem. Die agb lid mnr A J Williams het ook daarna verwys.

Die geld vir die opgradering vir daardie eenhede is jare gelede beskikbaar gestel. Wat gebeur toe? Dit word toe vir 'n ander gemeenskap gegee. [Tussenwerpsels.]

Mnr C M DUGMORE: Watter gemeenskap? Praat reguit.

Die MINISTER: Mbekweni. [Tussenwerpsels.] Die raad wat ek vir daardie agb lid wil gee, is dat hy na daardie plaaslike owerheid moet gaan of vir hulle 'n brief moet skryf en aan my 'n afskrif moet stuur. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Agb lede word toegelaat om te hekel in die Huis, maar hulle moet dit vinnig doen. Hulle kan nie lang, uitgerekte sinne gebruik nie. Ons volg die Statebond-praktyk waar mense hekel. Elke kant van hierdie Huis hekel deurlopend, maar ek wil werklik h dat agb lede die agb Minister van Behuising 'n kans moet gee om sy repliek te lewer. Hulle moet nie lopende kommentaar lewer of in paragrawe of lang sinne praat nie. Ons praat van een of twee woorde. Die agb Minister mag voortgaan.

Die MINISTER: Ek wil die agb lid mnr A J Williams soos volg inlig: my raad aan hom is om 'n verto aan daardie plaaslike owerheid te rig en aan my 'n afskrif daarvan te stuur, sodat hulle ingevolge die wet toestemming kan vra om hul spesiale bedryfsrekening te gebruik om daardie gemeenskappe te help. Dit is onaanvaarbaar dat mense al op die maan was, maar dat twee of drie gesinne nog een toilet moet deel. Ek doen aan die hand dat hy 'n skrywe rig aan daardie ANC-beheerde raad en vir hulle s dt is wat die mense nou eis, en daarna na my terug te kom.

Die agb lid mnr N M Isaacs het ook oor Distrik Ses gepraat. Die hele gedagte waarom die aanbeveling na die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad gaan, is om soveel moontlik mense terug te kry. Daar is prosesse ingestel ingevolge die grondherstelwetgewing. Mense sal nie noodwendig dieselfde grond terugkry nie, maar hulle kan soortgelyke grond kry of geldelik vergoed word. Die gedagte is egter dat ons 'n hodigtheidsontwikkeling skep sodat ons soveel mense moontlik nader aan hul werkplek bring en ook na die stad terugbring. Ek sal dit met die stadsraad bespreek sodra die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad sy besluit geneem het. Kaapstad wat eens 'n lewendige stad was, veral op 'n Saterdagoggend, is nou morsdood. Ons moet die lewe terugbring stad toe.

Ek wil weer terugkom op die agb lid mnr Dugmore. Hy het baie selektief na sekere artikels in die Grondwet verwys. Ek daag hom uit - my geleerde vriend - om daardie artikels te neem en dit by regter Chaskaelson te gaan toets. Neem artikel 26 as voorbeeld. Waarom skryf hy nie 'n brief aan regter Chaskaelson nie en vra hom wat die Grondwet bedoel met "elkeen is geregtig op 'n woning"? Anders moet ons 'n fyner omskrywing doen, en sommer die agb lid ...

Mnr C M DUGMORE: Dit s "toegang". U moet dit reg lees. U moet dit lees. Moenie verkeerd lees nie. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Dit is alles in orde. Daardie agb het sy kans gehad.

Me die Voorsitter, die agb lid mnr Lewis het ook daarna verwys. Hy wou weet of dit dan nie veel beter is dat ons die rand verder rek en aan mense gedienste erwe gee nie. Ons is haastig op pad daarheen. Die geld is eenvoudig nie genoeg om aan elkeen 'n woning te gee nie. Die agb lid mnr Stali het ook kom kla oor die huise wat te klein is, maar toe kom sy kollega die agb lid mnr Jacobs en gee vir ons 'n baie goeie voorbeeld van waar mense self iets gedoen het - "sweat equity". Waar mense geld beskikbaar het en bereid is om tot die enkele grootste belegging in hul lewens by te dra, kry 'n mens huise van beter groottes. Kyk na die Victoria Mxenge-projek. Daar het mense huise van tot 80 m gebou. Maar hulle is bereid om by te dra.

Daar bestaan 'n mite dat - ek weet nie waar di waninligting vandaan kom nie -Kaapstad nie huise kry nie.

*Mnr C M DUGMORE: Subsidies!
Die MINISTER: Ja, maar gaan kyk na die telbord. Kaapstad het op 5 Oktober 1999 die eerste keer 'n aansoek ingedien. [Tussenwerpsels.] Intussen word daar gerieflikheidshalwe vergeet hoeveel huise ingevolge die iSLP in Kaapstad se regsgebied gebou is. Dit word nie getel as huise nie. As agb lede hierheen kom, moet hulle tog net seker maak van hul feite.

*Daar word ook beweer dat sekere plaaslike owerhede voorgetrek word. Die agb lid mnr Dugmore is mos 'n groot voorstander van die "unicity". Binne die unistad-konsep, gaan hy steeds net vir Kaapstad kom pleit? [Tussenwerpsels.] Ek het nooit vir die mense in die Kaapstad-gebied belowe dat ek 5 000 huise per jaar vir hulle sou bou nie. Mense moet hulle feite nagaan voordat hulle na hierdie Huis kom en die indruk skep dat hierdie departement nie subsidies aan ander plaaslike owerhede wil toeken nie.

Mnr C M DUGMORE: Hoeveel gaan jy gee?

Die MINISTER: Ek het niks om te gee nie. As daardie agb lid na my Rede geluister het, sou hy gehoor het toe ek ges het ons sit met R765 miljoen se projekaansoeke waarvoor ons nie geld het nie. Ons sal eers in 2003 nuwe projekte kan inisieer. Ons is kontraktueel verbind.

Mnr C M DUGMORE: R900 miljoen oor drie jaar, n! R900 miljoen!

Die MINISTER: Maar verstaan daardie agb lid dan nie Afrikaans nie? Kan hy somme maak?

Mnr C M DUGMORE: R900 miljoen oor drie jaar.

Die MINISTER: Oor drie jaar, ja. Ek het ges daar is R765 miljoen se projekte wat nie goedgekeur kan word nie, omdat daar nie geld is nie.

*Mnr C M DUGMORE: Daar is R200 miljoen oor!

Die MINISTER: Ag, asseblief! Daardie agb lid mors my tyd. Sy vrou het hom gebel - hy moet gaan! [Gelag.]

Me die Voorsitter, ek wil die agb lid mnr Winde bedank vir die vriendelike woorde wat hy tot my gerig het. Dit is die voordeel daarvan om aan 'n klein party te behoort. 'n Mens moet dan aan elke debat deelneem, en dit is die enigste manier hoe jy ...

Mnr C M DUGMORE: Wat van Parow Park?

Die MINISTER: Maar wag nou! [Tussenwerpsels.] Ek het nog nooit so 'n voorbarige mens tegekom nie.

*Die voordeel om aan 'n klein party te behoort, is dat 'n mens gedwing word om byna elke dag te praat, en dit is die beste manier om behoorlike ondervinding op te doen en nie soos daardie heer daar oorkant op te tree nie. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Dugmore verwys na Parow Park asof dit 'n groot skandaal is. Op my aandrang is 'n interne ondersoek gedoen. Ek is bewus daarvan dat daar mense is wat groot eiendomme besit, dit verhuur en teen belaglike pryse daar woon. Tot dusver het ons 11 gevalle gekry. Ons kontroleer dit met die databasis by die Akteskantoor. Dit is dus nie 'n kwessie dat ons ongeorganiseerd is nie. Daardie agb lid het nie nodig om vir ons te s hoe die werk gedoen moet word nie. Nee, beslis nie! Ek het die verslag hier. Dit is nie spesiaal gedoen vir hierdie debat nie, so as daardie agb lid die feite wil h, moet hy vir my kom vra. Ek het nog al die jare ges agb lede moet my kom sien. Die agb lid me Essop het nie vandag aan die debat deelgeneem nie, maar sy weet as sy my vra om 'n afspraak omdat sy inligting nodig het, het ek nog nooit geweier nie. Daardie agb lid moet dus nie wilde bewerings hier kom maak nie.

Die agb lid mnr Stali het gepraat oor Towncon en Smartie Town. Kom ons praat nou finaal daaroor. Dit is in die eerste plek waarom die Minister op sentrale vlak ges het, "The need for the social compact does not exist any more." Ek het nie een van daardie kontrakteurs aangestel nie. Dit was aan die orde van die dag dat die gemeenskap geken moes word. 'n Mens moes die Posduifvereniging, die Huisvroueklub, die blindes, die skeles en die kreupeles kry om in te stem voordat jy met 'n projek kon begin. [Tussenwerpsels.] Die gemeenskappe het hierdie onderskeie ontwikkelaars gekies. Daarom het ek ges ons moet op 'n ander wyse te werk gaan met die konsolidasiesubsidies, want die geld moet aan 'n prokureur oorbetaal word en hy doen die uitbetalings, nie ek of my departement nie. Dit is waar die fout inkom. [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Tree tussenbeide. Moenie die verantwoordelikheid ontduik nie.

Die MINISTER: Laat ek nou die saak regstel, aangesien die vraag gevra is. Ek het in my toespraak ges di sake is na die Heath-kommissie verwys. [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: Wat van 'n eis teen die ontwikkelaar, 'n siviele saak?

Die MINISTER: Dit is by die staatsprokureur. Die agb lid mnr Dugmore moet asseblief nie so nuuskierig wees nie.

*Me T ESSOP: [Onhoorbaar.] ... moet 'n skerp opposisie wees.

Die MINISTER: Ag, nee wat.

Me die Voorsitter, ek wil weer eens almal bedank. Daar is nog 'n debat hierna, so ek moet afsluit. As daar vrae is wat nie beantwoord is nie, die personeel van my departement is hier en hulle sal dit opvolg en die antwoorde aan agb lede voorsien.

Debat afgesluit.

Begrotingspos 8 - Plaaslike Bestuur

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Me die Voorsitter, baie dankie vir die geleentheid om my Begrotingsrede te lewer. Ek wil graag die amptenare bedank wat vandag hier teenwoordig is, naamlik mnre Africa en Naud, en die res van die span. Ek wil ook die lede van die staande komitee bedank vir die proses wat in SKOF plaasgevind het. 

Me die Voorsitter, ek l vandag 'n begroting van R13,7 miljoen voor. In randwaarde klink dit nie baie groot nie.

Ek wil kortliks verwys na die personeel in die departement, en spesifiek in daardie afdeling. Ek wil aan agb lede s in hierdie stadium is net 39 poste gevul, terwyl daar 56 vakatures is. Ek wil dus die amptenare bedank vir hul harde werk en die ekstra ure wat hulle insit in daardie afdeling.

*Ek wil graag na die sleutelbeleidsdoelwitte van plaaslike bestuur verwys. Dit is die transformasie van plaaslike bestuur; die finansile lewensvatbaarheid van plaaslike bestuur; om 'n netwerk van doeltreffende plaaslike bestuursinfrastruktuur te voorsien; die kordinering van rampbestuur; die deelname van plaaslike bestuur aan nasionale en provinsiale ontwikkelingsprogramme; en die ontwikkeling van 'n diensleweringsetos vir plaaslike bestuur.

Ek wil begin by die eerste punt, naamlik die bydrae van plaaslike regerings aan nasionale en provinsiale doelwitte. Ek wil die plaaslike regerings bedank en gelukwens met hul deelname aan sommige van hierdie programme. Een van die eerste programme wat ek wil uitsonder, is Masakhane. Dit het enkele jare gelede begin, en die doel daarvan was nie net om geld in te vorder van die inwoners nie, maar ook om munisipaliteite op te bou en dienslewering na die gemeenskappe uit te brei.

Mnr C M DUGMORE: Wie het die prys gewen?

Die MINISTER: Ek kom by die prys.

Intussen het Masakhane egter 'n bietjie verflou. Ek moet vandag laat boekstaaf dat ons bekommerd is omdat dit lyk asof 'n bietjie stoom verloor is aan die kant van die nasionale Regering. [Tussenwerpsels.] Ek dink agb lede aan daardie kant van die Huis sal my dit heeltemal gelyk gee.

Ek wil verwys na die sukses van Masakhane. Baie munisipaliteite het baie aktief daaraan deelgeneem. Verlede jaar het ek die voorreg gehad om aan die toppresteerder van die dorpe 'n toekenning van R100 000 te gee. Dit was aan die Munisipaliteit van Riversdal. Ons wens hulle weer eens geluk. Ons weet daardie geld is doeltreffend aangewend.

Die President het ook toekennings gedoen, en in die besonder toekennings in hierdie provinsie. Die gemeenskapsentrum in die Paarl het 'n bedrag van R275 000 ontvang, waarmee ek hulle ook gelukwens. Die Jagersbosch-gemeenskap in Stilbaai en die vlagskipprojek in Beaufort-Wes waarna ons gister verwys het, het as naaswenners elk R35 000 ontvang. Ek dink nie ons moet politiek hiervan maak nie, soos sekere agb lede wel probeer doen, want dit is 'n aansporing vir ons munisipaliteite. Aangesien ons groot probleme met finansies en kredietbeheer het, laat dit vir ons almal 'n uitdaging wees.

Ander aspekte waaroor saamgewerk word, is behuising, gesondheid, rampbestuur in die besonder, natuurbewaring en die verbetering van die infrastruktuur van munisipaliteite. Ons doen dit by wyse van gesprekke wat ons voortdurend het met ons munisipaliteite. Ons plaaslike regeringsorganisasie, Wekpro, speel 'n baie groot rol in hierdie provinsie en ons bedank hulle daarvoor.
*Ek wil verder beweeg na die tweede saak, naamlik die finansile lewensvatbaarheid van plaaslike bestuur. Dit is 'n kritieke situasie, nie slegs in die Wes-Kaap nie, maar ook in die res van Suid-Afrika. Ek dink ons moet dit erken en kyk hoe ons die nodige ondersteuning kan bied ten einde finansile of projek-lewensvatbaarheid te behaal.

Die eerste stap wat ons moet doen, is om 'n bestuursoudit in die verskillende munisipaliteite te onderneem. Hierdie oudits is daarop gemik om die finansile en bestuursprobleme by munisipaliteite te identifiseer. Gedurende die 1998-99-boekjaar is 55 sulke bestuursoudits onderneem. In 48 van hierdie gevalle het ek sekere instruksies en aanbevelings aan die plaaslike owerhede gegee. In die 1999-2000-boekjaar is 10 uit die 23 beplande oudits voltooi. Ons is byna klaar met die orige 13. Dit moet voor 30 April 2000 voltooi wees. Sedert die instelling van die program is 65 oudits in die Wes-Kaap gedoen.

Ons doen nie net oudits, gee nie net instruksies nie en doen nie net aanbevelings aan plaaslike owerhede nie, maar het ook 'n bestuursondersteuningsprogram. Die bestuursondersteuningsprogram is tot dusver by 19 munisipaliteite ingestel, en dit moet nog by 'n verdere 38 munisipaliteite ingestel word. Die geld wat ons toegewys het, wissel tussen R250 000 en min of meer R500 000. In buitengewone gevalle, soos di van Beaufort-Wes, sal dit verhoog word tot R600 000.

Ek moet dit hier stel dat ek tot dusver geen intervensies in die provinsie onderneem het ingevolge artikel 139 van die Grondwet nie. Tot nou toe was provinsiale intervensies beperk tot artikel 10G(2)(m) en artikel 10H(6) van die Oorgangswet op Plaaslike Regering. Ek sal my grondwetlike plig nakom deur munisipaliteite te ondersteun wat nie die nodige finansile en bestuurskapasiteit het nie, maar waar sodanige ondersteuning nie die gewenste resultate oplewer nie, sal ek nie huiwer om die bepalings van artikel 139 van die Grondwet in werking te stel nie.

'n Voorwaardelike toekenning van R5 miljoen is aan munisipaliteite beskikbaar gestel in die vorm van finansile ondersteuning of bystand. Van hierdie toekenning is 'n bedrag van R3,6 miljoen toegewys aan munisipaliteite wat negatief geraak is deur die nuwe "equitable share"-toewysing. Die balans van die toekenning, dit wil s, R1,3 miljoen, is toegeken aan klein landelike munisipaliteite om fasiliteite soos rekenaars, faksimilee-masjiene, fotostaatmasjiene en kluise te voorsien en op te gradeer, wat nodig is vir die bedryf van daardie bepaalde munisipaliteit.

Ek dink projeklewensvatbaarheid kan werklik 'n kritieke rol speel om die huidige disfunksionele munisipaliteite te help met die verbetering van hul administratiewe kapasiteit en finansile sake voor die konsolidasie en transformasie van plaaslike bestuur. Ewe belangrik is die rol van projeklewensvatbaarheid met betrekking tot die kleiner munisipaliteite, waar die fokus sal wees op die opdatering van boeke en rekords, en die samestelling van finansile state en kontantvloeibegrotings.

Ek wil vandag ook aan agb lede 'n dringende versoek rig. Waar ons finansile probleme by die munisipaliteite kry, is dit gewoonlik toe te skryf aan 'n aantal faktore. Een van di faktore is gewoonlik politieke inmenging in die amptenare se uitvoering van hul werksaamhede, waar geld ingevorder moet word. Ek dink dus ons het almal 'n verantwoordelikheid om die politieke wil te toon om dit te verhoed, sodat daardie geld kan inkom.

'n Ander aspek wat belangrik is, is die aanstelling van personeel. Ons moet daarteen waak dat daar nie net personeel aangestel word by munisipaliteite en dan het daardie personeel nie die kapasiteit om die werk te kan verrig nie. Ons sien dit by soveel munisipaliteite, waar die administrasie in duie stort weens 'n stadsklerk of hoof uitvoerende beampte wat uit 'n lae rang aangestel is en nie die werk kan doen nie.

Nog 'n groot uitdaging is die kredietbeheerbeleid by die meeste munisipaliteite. As agb lede nou na 'n munisipaliteit gaan en hulle vra wat hul kredietbeheerbeleid is, sal baie van hulle 'n pragtige boek uithaal en op die tafel sit. Die groot uitdaging l egter in die toepassing van die kredietbeheerbeleid. Dit is iets wat nog by baie munisipaliteite ontbreek.

Ek wil aangaan na die volgende punt en verwys na die voorsiening van 'n netwerk van doeltreffende plaaslike regeringsinfrastruktuur. Wat dit betref, het ons die CMIP, wat deurlopend van aard is en wel in 'n jaarlikse siklus. Dit is 'n program wat in hierdie provinsie uitstekend bestuur word en 'n program waarop ons baie trots is.

In die 1999-2000-boekjaar is 'n bedrag van R84 miljoen toegeken. Dit was aanvanklik R73 miljoen, maar die nasionale Regering het dit goedgedink om 'n addisionele R10 miljoen aan die Wes-Kaap toe te ken. Die bedrag vir die 2000-01-boekjaar sal R86 miljoen wees.

Ek wil kortliks verwys na sekere van die projekte waaraan hierdie geld bestee sal word, en ek verwys daarna per dienskategorie. 'n Bedrag van R27 miljoen is toegeken vir 62 waterprojekte; R9,4 miljoen vir 15 padbouprojekte; R17,2 miljoen vir 46 rioolprojekte; R13 miljoen vir 18 stormwaterprojekte; R7,4 miljoen vir 20 straatligprojekte; R1,8 miljoen vir twee taxi-staanplekprojekte; en R3,6 miljoen vir 11 vullisstortingsterreine.

Ek wil ook verwys na die Kabinet se aanpassing van die voorwaardes vir kwalifisering vir CMIP-projekte wat op 31 Januarie 2000 goedgekeur is, aangesien CMIP-projekte nou gebruik of aangewend mag word vir interne dienste, wat gemeenskapsfasiliteite insluit. Dit sluit in aspekte soos sale, 'n crche, klinieke, taxi-staanplekke en sportgeriewe, maar 'n uitdruklike voorwaarde is dat dit nie vir skole aangewend mag word nie.

Die CMIP-toekenning vir laeinkomstehuishoudings in die landelike gebiede is ook verhoog van R3 000 tot 'n bedrag van R7 000. Landelike gebiede word gedefinieer as Kategorie 4-munisipaliteite of laer.

Ek wil ons departement gelukwens met die uitstekende implementering van hierdie program. Ek dink dit strek net tot die voordeel van die hele gemeenskap.

Ek beweeg aan na die kordinering van rampbestuur en verwys kortliks na van die strukture wat bestaan. Een van die strukture is 'n struktuur in die Provinsie, naamlik 'n rampbestuurkordineringskomitee. Op di komitee is die Provinsie, staatsdepartemente, distriksrade en munisipaliteite verteenwoordig. Elke distriksmunisipaliteit, ook binne die Kaapse metropolitaanse gebied, het hul eie rampbestuurskordineringstrukture. Die Kaapse Metropolitaanse Raad en die metropolitaanse plaaslike rade het elk hul eie eenheid en dit word by wyse van 'n samewerkingsooreenkoms in die metropolitaanse gebied gekordineer.
Daar is onder meer spesialiswerkgroepe wat in hierdie afdeling dien. Ek verwys na 'n paar. Daar is 'n vloedewerkgroep, 'n droogtewerkgroep, 'n noodlenigingswerkgroep, 'n omgewingswerkgroep, 'n opleidingswerkgroep en 'n brandweergroep binne en buite die metropolitaanse gebied.

Ek moet egter ook dadelik s dat daar wel sekere gebreke is. Ons moet dit erken en kyk hoe dit reggestel kan word. Daar is in die eerste plek verouderde wetgewing. Ons weet dit is een van die gebreke. Ons sit met wetgewing van 1977 en ook sekere brandweerwetgewing van 1987.

In baie gevalle word nog reaktief opgetree en nie proaktief nie. Dit is 'n verdere aspek wat belangrik is. Ons ervaar ook versnippering in die metropolitaanse gebied tussen die sewe munisipaliteite; dit wil s, die ses plaaslike rade en die Kaapse Metropolitaanse Raad.

In baie gevalle is een van die belangrike punte ongekordineerde politieke teenwoordigheid - ek wil amper s inmenging - wanneer 'n ramp plaasvind. Dit is baie interessant dat wanneer 'n ramp plaasvind, ons amptenare eerste daar is om die werk te verrig, en die politici baie vinnig op hul hakke volg. Elke politikus wil dan die beheer oorneem van die rampsituasie en elkeen weet beter as die ander. Dit is een van die belangrike punte wat ons gedentifiseer het.

Mnr C M DUGMORE: Soos die Minister van die polisie!

Die MINISTER: Ons het dit daar in Manenberg gesien toe daardie agb lede van hul Ministers ingevlieg het, so hulle weet waarvan ek praat. [Tussenwerpsels.]

Die volgende gebrek wat ek wil noem, is die kwessie van gebeurlikheidsplanne. Daar is nie werklik gebeurlikheidsbeplanning nie en daaraan sal ernstig aandag gegee moet word.

Die laaste punt wat ek omtrent die gebreke wil noem, is die hopeloos onvoldoende infrastruktuur en bewilliging van fondse van al drie regeringsfere. Ons moet dit duidelik s. Dit lyk my elke keer as geld toegeken moet word, is die brandweer of rampbestuursafdeling die laaste wat geld ontvang.

Daar is egter ook sekere positiewe aspekte wat ons in die vooruitsig stel, spesifiek die beoogde wetgewing vir rampbestuur. Agb lede weet dat hierdie Provinsie reeds 'n geruime tyd gelede begin het met konsepwetgewing. Intussen is konsepwetgewing ook deur die nasionale Regering gepubliseer. Ons het wel daarop kommentaar gelewer. Ons hou ons provinsiale wetgewing voorlopig terug totdat 'n nasionale raamwerk opgestel is. Indien daar enige tekortkominge in die nasionale wetgewing is, sal ons dit wel regstel met provinsiale wetgewing.

Standaardregulasies vir gemeenskapsbrandveiligheid in die Wes-Kaap is reeds opgestel. Dit is reeds uitgeklaar met alle tegniese en professionele belangegroepe en sal binnekort vir kommentaar gepubliseer word.

'n Werkstudie-ondersoek is ook reeds aan die gang om my departement se vermo ten opsigte van rampbestuurkordinering uit te brei. Dit is 'n belangrike komponent. In hierdie stadium is net twee poste gevul. Daar is nege vakatures, maar selfs dit kan nog te min wees.
Ek wil hier aanhaak by nog 'n aangeleentheid wat aan my opgedra is, naamlik mediese afval. Dit is onder meer eergister in hierdie Huis geopper. 'n Werksessie is met belanghebbendes daar buite gehou, wat die bedryf insluit. Daar was verder 'n werksessie met Wekpro se konstitusionele en regstaakgroep, asook met verskillende plaaslike owerhede. Ek kan vandag vir agb lede s die dokument is nou gereed en ons kan dit vir openbare kommentaar beskikbaar stel. Ek wil agb lede hartlik bedank wat 'n rol daarin gespeel het. Die uitvoerende komitee van Wekpro het dit eenparig aanvaar en ek dink ons kan nou daarmee vorentoe beweeg. Ons sal mettertyd ook agb lede se insette daaroor vra. Dit is redelik omvangryke, streng wetgewing. Ek dink dit is baanbrekerswerk wat in di verband gedoen word.

Ek wil verwys na 'n etos van dienslewering in plaaslike bestuur. Wanneer ek ook al na plaaslike besture gaan, probeer ek die aspek van 'n diensleweringsetos beklemtoon. Daar is egter nog sekere gebreke by munisipaliteite, onder meer dat daar nie op klagtes gereageer word nie. Daar word nie vinnig genoeg gereageer op versoeke van die gemeenskap nie en die gemeenskap word nie altyd met die nodige omsigtigheid en oordeel hanteer nie.

Ons weet almal dat daar 'n munisipale stelselswetsontwerp op pad is. In hierdie munisipale stelselswetsontwerp is 'n bepaalde artikel wat sal verwys na prestasiebestuur binne plaaslike bestuur. Ek dink dit gaan 'n positiewe stap vorentoe wees. Ons het reeds 'n werksessie gehou met alle belanghebbendes in plaaslike regering en in die Provinsie. Ek het ook die vereniging Saimas genader om te sien waar hulle ons behulpsaam kan wees met sekere werkstudie-aangeleenthede oor die etiek van dienslewering.

Ek wil by die volgende punt kom, en dit is die laaste punt. Dit is egter vir my die mees kritieke punt in hierdie stadium, so ons sal 'n bietjie langer daarby stilstaan, naamlik die transformasie van plaaslike regering en wat in di verband plaasvind.

*Die eerste aspek waarna ons moet kyk, is die wetgewing ingevolge waarvan ons werk. Ek gaan nie in detail verwys na die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998), nie. Wat die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakenings, 1998 (Wet 27 van 1998), betref, wil ek s dat die buitenste grense van ons munisipaliteite nou afgebaken is en daar is 'n vermindering. Daar was 'n vermindering van 163 tot 30 munisipaliteite. Agb lede weet daar gaan een unistad-munisipaliteit wees, vyf distriksmunisipaliteite en 24 plaaslike munisipaliteite.

Die volgende groot uitdaging is die afbakening van wyke. Ons het reeds insette hieroor gelewer. Wyke gaan afgebaken word volgens die getal geregistreerde kiesers in elke gebied, soos op 31 Maart 2000. Daar is dus vir ons 'n groot uitdaging wat die registrasie van kiesers betref. Ons moet dit so goed en doeltreffend moontlik doen tot 31 Maart 2000. Ek wil egter dadelik byvoeg dat die registrasie nie op 31 Maart 2000 gestaak word nie. Volgens die OVK gaan registrasie voort tot 31 Augustus 2000.

Daarom wil ek die inisiatiewe betreffende die staafgekodeerde ID-dokumente verwelkom, asook die registrasieproses wat daarmee saamgaan. Ek wens die agb Premier geluk daarmee.

'n Ander aspek wat belangrik is, is die Wet op Arbeidsverhoudinge en die munisipale verkiesingswetgewing. Daar is in 'n proses van konsultasie tussen die nasionale Minister en die nege provinsiale Ministers besluit dat tussenverkiesings uitgestel moet word. Ons wag vir die nodige wysigings aan die wetgewing. Dit was 'n belangrike punt en een wat ek op die tafel geplaas het, maar ek glo daar was ook van ons ander kollegas wat daarmee saamgestem het.

Die belangrikste rede hiervoor - ek dink daar is verskeie redes wat mense sal aanvoer - is die verwarring wat bestaan met die dubbele kieserslyste wat ons in hierdie stadium het. Die ou munisipale kieserslys van 1995 en 1996 moet nog opgegradeer word met elke tussenverkiesing. Aan die ander kant is daar die kieserslys van 2 Junie 1999 wat gebruik gaan word, maar aangepas vir die munisipale verkiesings. Ons hoop die nasionale Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering sal ook binnekort aan hierdie versoek gehoor gee.

*Hoe sien ons die toekoms van plaaslike bestuur in hierdie provinsie? Ons glo die toekoms van plaaslike bestuur moet verwesenlik word deur volhoubare maatskaplike, ekonomiese, politieke en omgewingskwessies. Volhoubaarheid is baie belangrik. Veral in die Wes-Kaap sien ons dit as 'n geleentheid vir innovasie. Om hierop uit te brei, kan ek noem dat ons die wyse wil moderniseer rakende die stelsels wat ons gebruik, die wyse waarop ons met klinte omgaan en die revolusie van doeltreffendheid. Ons sien ook as een van ons doelwitte munisipaliteite wat vir die mense daar buite werk.

'n Ander doelwit is om nuwe strukture vir die transformasie van plaaslike bestuur in plek te plaas. Die meganismes wat in hierdie stadium vir die hele transformasieproses in plek is, is 'n unistad-kommissie binne die metropolitaanse gebied, wat uit 11 lede en 'n onafhanklike voorsitter bestaan. Die verskillende politieke partye is daarop verteenwoordig en dit bestaan op die oomblik uit vyf lede van die Nuwe NP, vyf lede van die ANC en een lid van die DP. Hierdie lede doen goeie werk. Hulle het reeds s ver gevorder dat besluite by die verskillende munisipaliteite geneem is om die integriteit te beskerm van die toekomstige unistad wat geskep sal word. Ons wil hulle gelukwens met en bedank vir die goeie werk wat hulle daar doen. Die kommissie is op 25 November 1999 ingestel en het so 'n klein voorsprong op die nie-metropolitaanse gebied gekry.

Wat die nie-metropolitaanse gebiede betref, het ek 'n dag of twee gelede distrikstransformasieforums ingestel. Hulle sal van volgende week af werksaam wees. Ons sal in elk van die vyf distriksmunisipaliteite 'n distrikstransformasieforum h. Hulle is weer eens polities saamgestel. Dit was op die uiteindelik die maklikste manier om konsensus te bereik, eerder as dat 'n mens verteenwoordigers van die rade daar kry.

Mnr C M DUGMORE: Hoeveel van die DP is daar?

Die MINISTER: Ek kom nou by die samestelling. As 'n mens nou nie konsensus kry nie, dan kom jy dit in 'n baie vroer stadium agter. Ek dink die onderhandelings gaan nou makliker wees.

Die samestelling berus op die getal raadslede wat nou in die nie-metropolitaanse gebied is. Die getal raadslede wat nou in die nie-metropolitaanse gebied is, is in proporsie in die distrikstransformasieforum aangestel. In hierdie stadium was daar geen verto ingevolge die wetgewing nie. Die forums bestaan uit 50% ANC-lede en 50% Nuwe NP-lede. Di forums sal volgende week begin werk en ons wens hulle sterkte toe. Elkeen van hulle gaan 'n onafhanklike voorsitter h en 'n verskeidenheid van uitdagings gaan aan hulle gerig word.

*Ek wil nou verwys na enkele van die uitdagings wat ek aan die unistad-kommissie en die distrikstransformasieforums sal stel. Eerstens, hulle moet my adviseer. Ek moet munisipaliteite tot niet maak en nuwe munisipaliteite instel. Om dit te doen, het ek die advies van die mense op grondvlak nodig.

Tweedens, ons moet gesamentlike ooreenkomste van die munisipaliteite in daardie spesifieke gebied kry. Dit is baie belangrik, en die een wat ons dalk net mag miskyk. As ons enige ooreenkomste tussen die vakbonde en die plaaslike owerheid in plek kan plaas voor die verkiesing - ons mik almal na 1 November vir die verkiesing - dink ek dit kan na die plaaslike bestuursverkiesing in stand gehou word.

Die derde belangrike uitdaging is om die integriteit van die toekomstige munisipaliteite te beskerm en 'n gladde afskop te verseker.

Ek wil na 'n paar ander aangeleenthede verwys waaroor hulle vir my ook van advies sal moet bedien. As ek praat van "advies", klink dit asof 'n klomp inligting gaan deurkom en ek kan dit dan aanvaar of nie aanvaar nie. As daar 'n inset van die hele distrikstransformasieforum of unistad-kommissie kom, kan ek geen rede sien waarom daardie insette nie as feite aanvaar en gemplementeer kan word nie.

*Kom ons kyk eerstens na die soorte munisipaliteite. Wetgewing sal binnekort na hierdie Huis kom en daarna sal 'n program hier aangebied word. Ingevolge artikel 12 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture moet ek die soort plaaslike owerheid bepaal of spesifiseer. Dit is die eerste uitdaging vir daardie strukture.

Die tweede is die name van die nuwe munisipaliteite. Ek verwys nie na die name van die dorpe nie, maar na die name van die nuwe munisipaliteite. Ek dink dit op sigself gaan 'n uitdaging wees. Ek het net 'n paar kriteria aan hulle voorgel. Die een is dat ek nie die naam van 'n politieke leier wil h nie - ongeag of dit die naam van 'n lewende persoon is of van iemand wat oorlede is. Ek dink nie dit is nodig dat ons munisipaliteite in hierdie stadium daarna verwys nie. [Tussenwerpsels.] Ek dink nie ons sal met die politieke partye hieroor probleme h nie.

'n Ander voorwaarde wat ek aan die unistad-kommissie oorgedra het, is dat die naam Kaapstad/Cape Town behoue sal moet bly. Ons moet realisties wees en erken dat die naam nasionaal en internasionaal bekend is. As ons onsself binne die wreldkonteks wil plaas, dan sal ons versigtig daarna moet kyk. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid sal binnekort kans kry om te praat.

*Die volgende uitdaging wat ons aan hulle sal stel, raak die getal raadslede. Wat daarby aansluit, is ook die getal voltydse raadslede binne die munisipaliteite. Daar sal 'n proses van konsultasie met hulle wees. Die nasionale Minister sal 'n formule op die tafel plaas, maar ek het minstens die gesag om dit met 10% te wysig. Daar was 'n proses van konsultasie in hierdie verband, en ons het ook ons inset aan die nasionale Minister gegee.

Ek wil verwys na die bevoegdhede en pligte van die munisipaliteite, en spesifiek die skeiding tussen Kategorie B-munisipaliteite, die plaaslike munisipaliteite en Kategorie C-munisipaliteite, die distriksmunisipaliteite. Die Afbakeningsraad is ook hiermee gemoeid. Hulle moet die kapasiteit van munisipaliteite bepaal om 'n diens te lewer. "Kapasiteit" definieer ons as institusionele kapasiteit of finansile kapasiteit, of albei.

Die Afbakeningsraad het vir ons 'n voorlopige verslag gegee waarin hulle na die nuwe Kategorie C-munisipaliteite gekyk het. Hulle s hulle sien geen probleme met betrekking tot die Kategorie C-munisipaliteite nie. By sekere Kategorie B-munisipaliteite, dit wil s, ons plaaslike munisipaliteite, het hulle wel sekere kapasiteitsprobleme gedentifiseer. Ons sal dit in ag moet neem wanneer ons kyk na die verdeling van werksaamhede tussen ons distriksmunisipaliteite en ons plaaslike munisipaliteite.

By die mees onlangse Minmec-vergadering is ek ook deur Minmec aangewys om op 'n Ministerile komitee te dien wat sal kyk na die herstrukturering van elektrisiteitsvoorsiening. Dit gaan 'n groot addisionele lading op my plaas, maar dit is 'n groot voorreg om in di komitee te dien. Dit is daar waar werklik gekyk gaan word hoe die dienste met betrekking tot elektrisiteitsvoorsiening gelewer word. Raak ons aan elektrisiteitsvoorsiening, dan raak ons direk aan die sak van munisipaliteite. Ons sal baie versigtig daarna moet kyk.

'n Aspek wat baie nou by die magte en bevoegdhede van munisipaliteite aansluit, is wat met die personeel gebeur. Die personeel gaan oorgeplaas word ingevolge die bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Ek glo ons gaan artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge gebruik. Daar is baie mense wat vra hoeveel van die amptenare in die oorplasingsproses afgedank gaan word. Ek voorsien in hierdie stadium dat geen amptenaar afgedank gaan word nie. Soos die funksies skuif, moet die personeel eenvoudig saam met daardie funksies skuif. Die funksie moet dan by die nuwe owerheid, waar dit ook al gaan wees, gelewer word.

*Ons het die munisipaliteite gemaan - dit is een van ons moratoriumpunte - om nie nou te veel amptenare aan te stel nie. Baie belangrik egter, ons moet 'n balans hou tussen die aanstelling van personeellede en die dienslewering wat ons in daardie bepaalde munisipaliteit sal h. Ek wil h hulle moet in die distrikstransformasieforums byeenkom en oor die saak onderhandel. Hulle kan dan kom en, byvoorbeeld, s daar is 'n stadsklerk of 'n administratiewe persoon in 'n sekere munisipaliteit en daardie persoon kan in 'n ander munisipaliteit gebruik word.

Een van die suksesse wat ons reeds gehad het, was in Clanwilliam. Hulle wou voortgaan en 'n stadsklerk aanstel, maar hulle is oortuig dat hulle die dienste van 'n nabygele munisipaliteit kan gebruik. Ek dink dit is die gees waarin die hele transformasieproses aangepak en benader moet word.

Daarmee saam gaan ook die bates en laste. Al die bates en laste moet saam met personeel en funksie gaan. Daarin l vir ons 'n groot uitdaging. Daar is steeds munisipaliteite wie se bateregisters nie op datum is nie. Dit is een van die aspekte waarna ons op die oomblik by die munisipaliteite kyk.

Ek wil graag verwys na die beskerming van die integriteit van die toekomstige plaaslike owerhede. Ek hoop dit sal vir elkeen van ons hier 'n ernstige saak wees. Ons wil sekere maatrels daaroor instel. Ek wil die metropolitaanse gebied deur middel van die unistad-kommissie gelukwens. Hulle het reeds 'n ooreenkoms bereik oor die beskerming van die integriteit van die munisipaliteit.

Een van die punte wat ons in wetgewing wil vervat, en reeds in die een oor die distrikstransformasieforums vervat het, handel oor die aanstelling van personeel. Ons wil aanvanklik in die nie-metropolitaanse gebied daarna kyk om geen aanstellings van Kategorie 0 tot Kategorie 3 te doen nie. Ek het 'n brief gekry wat onderteken is deur die werkgewers, asook Imatu en Samwu, waarin hulle di voorstel volkome steun. Hulle gaan egter verder. Hulle s dit moet nie net vir Kategorie 0 tot Kategorie 3 geld nie, maar vir alle personeel. Natuurlik kan 'n mens nie eenvoudig 'n blanko-moratorium op aanstellings plaas nie. 'n Mens moet kyk hoe jy dit kan implementeer. Dit kan nie eenvoudig gestaak word nie. As daar werklik 'n behoefte bestaan, sal die distrikstransformasieforums dit moet oorweeg - en ek sal ook oorweging daaraan moet gee - om in uitsonderlike gevalle munisipaliteite die nodige goedkeuring te gee om wel aanstellings te doen.

As ons kyk na die groei in salarisse, wil ons graag h die munisipaliteite moet stop by wat onderhandel is met die vakbonde. Laat ons ook nie addisionele vergoeding gee buiten wat onderhandel is nie. As dit 3%, 4% of 5% is, moet daarmee volstaan word. Dit kan dalk nie heeltemal aanvaarbaar wees nie, maar dit is een van die punte wat baie duidelik aan hulle gestel is.

*Die volgende saak is operasionele groei en die jaarlikse uitgawebeperking wat ons op plaaslike owerhede wil plaas. Die nasionale Minister van Finansies sal jaarliks 'n beperking plaas op die groei in uitgawe, en ons wil h plaaslike owerhede moet daarbinne bly. Dit is ook kritiek - of dit 4% of 5% is - ten einde die integriteit van munisipaliteite te beskerm.

'n Ander aspek wat tans op die tafel is, is dat geen onroerende bates verkoop mag word nie.

'n AGB LID: En die aankoop daarvan?

Die MINISTER: Ja, dit sluit ook die aankope daarvan in. Ons het in die verlede gesien baie munisipaliteite vervreem groot stukke grond net voor 'n verkiesing. [Tussenwerpsels.] Baie keer is dit tot die voordeel van die gemeenskap, maar ons sal dit moet beoordeel. In gevalle waar dit nie tot die voordeel van die gemeenskap is nie, sal ons dit nie kan toelaat nie en sal 'n beperking daarop gestel word.

*Geen nuwe IT-stelsels word toegelaat nie. Ek dink dit is baie belangrik. Geeneen van die bestaande plaaslike owerhede kan voortgaan en nuwe IT-stelsels aankoop en dan s dat hulle dit gaan koop, dat dit R2 miljoen of R5 miljoen gaan kos, en wanneer hulle in die nuwe struktuur is, sal hulle uitwerk hoe dit by die res van die plaaslike owerhede sal inpas.

Me die Voorsitter, ons gaan nie net op 1 November stop nie. Ons gaan die munisipaliteite die geleentheid gee om na 1 November goed bestuur te word. My gedagte is om 'n tussentydse hoof uitvoerende beampte of stadsklerk vir die munisipaliteite aan te stel. Op 1 November sal daar geen raadslede wees nie. In sekere gebiede, byvoorbeeld in die metropolitaanse gebied, sal daar tot sewe rade wees wat ontbind. Die amptenare word almal deel van een munisipaliteit en hulle kan dalk dan vra wie die leier van die span is. Is dit die stadsklerk van Tygerberg of Kaapstad, of die stadsklerk van die KMR of wie? Daarom wil ons iemand aanstel, nie net om die eerste vergadering van die raad te rel nie, maar ook om die proses die eerste week of twee aan die gang te hou.

Ek wil hierdie stelling egter dadelik kwalifiseer. Hierdeur word nie inbreuk gemaak op die outonomie van plaaslike regerings nie. Ek besef hulle is 'n afsonderlike regeringsfeer en outonoom. Daarom, sodra die nuwe raad saamgestel is, sal dit hulle verantwoordelikheid wees om 'n nuwe hoof uitvoerende beampte aan te stel soos hulle goeddink. [Tussenwerpsels.] Ingevolge die wet kan ek dit doen en sal ek dit ook doen in die belang van plaaslike regering. Ek sal natuurlik ook die advies van die unistad-kommissie en distrikstransformasieforums in hierdie verband aanvaar, nie omdat ek moet nie, maar omdat ek graag wil. Ek dink dit is 'n belangrike verskil.

Ek wil afsluit deur een of twee waarskuwings te rig, onder meer oor die geld vir transformasie. In hierdie stadium het nie die Provinsie of enige munisipaliteit al geld vir transformasie ontvang nie. Ons weet wat die transformasieproses in 1996 en 1997 gekos het. Dit het by die R500 miljoen-kerf gedraai. Geen geld is tot dusver ontvang nie en daar is geen proses daarvoor in plek nie.

Die nasionale Regering het die plaaslike bestuursoorgangsprogram ingestel. Sowat drie weke gelede is hierdie program gestaak en dit word nou hervorm. Ons het nog geen geld ontvang nie, en so ook nie enige munisipaliteit nie. Dit is 'n ernstige saak wat ons tans met die nasionale Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering bespreek.

Nog 'n aangeleentheid wat my na aan die hart l, is die geneigdheid van Salga - die nasionale liggaam wat plaaslike regerings verteenwoordig - om te wil sentraliseer, wat teen die Grondwet en hul eie grondwet indruis. Hulle wil die nege provinsiale liggame ontbind en in een liggaam saamvat. Ek dink dit sal 'n kwade dag wees as dit gebeur. Ons het hulle gewaarsku en vir hulle ons redes gegee. Ons hoop dat hulle daaraan gehoor sal gee, maar as ek luister na die voorsitter van Salga, lyk dit of hy wil deurdruk met sy sentraliseringsproses. Dit sal teengestaan moet word ingevolge die Grondwet en ander Parlementswette wat daarop van toepassing is.

Me die Voorsitter, ek sluit graag af deur 'n paar organisasies te bedank. Ek bedank in die besonder ons personeel. Ek het reeds die lede van SKOF bedank vir die belangrike rol wat hulle speel. Ek wil die lede van Minmec bedank, en in die besonder die nasionale Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering. Ons is net twee wat nie deel is van die party wat daar in die meerderheid is nie, maar die samewerking wat geskied, is baie goed. Ek dink darem dit is in 'n groot mate omdat ons 'n positiewe bydrae lewer en kundigheid verskaf. [Tussenwerpsels.] Ek s dit maar tong in die kies, want ek wil nie eintlik s oor myself praat nie.

Ek wil ook vir Wekpro bedank vir die rol wat hulle speel. Wekpro bestaan nie net uit een politieke party nie, maar uit verskillende partye. Al die partye wat vandag in hierdie Huis verteenwoordig is, is ook lede van Wekpro. Ek wil hulle bedank vir die belangrike rol wat hulle speel, veral deur hul staande komitees.

Ek bedank ook die raadslede en amptenare daar buite. Om die transformasie- en afbakeningsprosesse gevestig en aanvaar te kry, is nie 'n maklike taak nie. Die raadslede en amptenare van die munisipaliteite in die Wes-Kaap het baie goed aangepas. Hulle is gereed vir die transformasieproses en is volstoom saam met ons op pad daarmee. Ten slotte bedank ek ook graag agb lede van die Huis.

*Mnr N M ISAACS: Me die Voorsitter, nadat ek na die agb Minister van Plaaslike Regering geluister het, en ek het dit vroer ges, dink ek aan die ou gesegde, "Wys vir my jou vriende, en ek kan vir jou s wie jy is." [Tussenwerpsels.] Ek moet. Ek wil hom loof, en daardie agb lede moet my nie probeer keer om dit te doen nie. Wys vir my 'n departement, en ek sal vir agb lede s wie die Minister is. Hierdie is 'n geval in die geskiedenis waar die Wes-Kaap sy kop kan hoog hou.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr N M ISAACS: Ons kan ons kop hoog hou omdat die agb Minister sy vak ken. Ons kan ons kop hoog hou omdat die agb Minister die boodskap van die Wes-Kaap selfs in Minmec, waar hy in die minderheid is, oordra.

*Mnr M OZINSKY: Wat van die ander Ministers daar?

*Mnr N M ISAACS: Ek sal by die agb lid mnr Ozinsky kom. Hy moet net geduldig wees.

Nadat ek na die agb Minister se Begrotingsrede geluister het, het ek onmiddellik na die oorsig gaan kyk wat in die Goue Boek aangebied word. Wat hy gedoen het, is presies wat ons gesien het en waarteen ons hom gemeet het namate hy aangegaan het. Ek deel sy visie. Ek deel sy missie. Ons sien in sy sleuteldoelwitte presies wat hy probeer doen. Hier het ons 'n departement wat weet waarvandaan hulle kom en waarheen hulle gaan.

Die agb Minister het vir ons 'n bre oorsig van sy strategiese doelwitte gegee, waarteen ons hom sal meet en opbouend sal kritiseer, sodat hy uiteindelik sy doelwitte kan verwesenlik.

Vandag het ons met plaaslike regering te doen. Plaaslike regering is op so 'n manier gevorm dat dit die vorm van regering geword het wat die naaste aan die mense is. Ons moet versigtig wees dat die locus standi van die Provinsiale Regering nie eendag bevraagteken word nie. Die hele ontwerp is sodanig dat almal kan sien dat plaaslike regering aan die voorpunt gaan staan, en provinsiale regering verder en verder agtertoe geskuif gaan word.

Ek merk die Voorsitter van Komitees knik haar kop instemmend. [Tussenwerpsels.]

Ja, daar is sekere aspekte wat die agb Minister genoem het wat nog regtig nie behoorlik gevestig is nie. Een wat baie ooglopend is, is rampbestuur. Ons het dit met die laaste ramp, tydens die brande, gesien. Ek het mnr Naud so terloops gevra hoe ver hulle met die Wetsontwerp op Burgerlike Beskerming is. Daar was weer eens slegte nuus: "Ons wag op die nasionale Regering." [Tussenwerpsels.] Eerlikwaar, as 'n mens sake in plek het en op die nasionale Regering moet wag, is dit, ook, 'n ramp. Miskien moet mnr Naud daaroor ook iets gaan skryf.

Mnr C M DUGMORE: Begin met die toespraak!

*Mnr N M ISAACS: Ag, asseblief! Ek het my toespraak. Die punt is dat ek die spel geleer het; om daardie agb lede op hul tone te hou. Hulle kom aanmekaar vir meer terug.

Soos ek s, ons wag in spanning op die rampbestuur. Ons kan nie nog so iets deurmaak en met ons broeke op ons enkels betrap word nie. Volgende keer moet alles daargestel wees. [Tussenwerpsels.]

Me T ESSOP: Wie is gevang met hulle broeke op hul enkels?

*Mnr N M ISAACS: Het ek die agb lid opgewonde gemaak? Ek is jammer; dit was nie my bedoeling om die agb lid daarmee opgewonde te maak nie!

Die agb Minister het na plaaslike diensontwikkeling verwys. Hy het ook na ons waardasiestelsel verwys. Dit is waar transformasie inkom.

Ek het die waardasiestelsel ondersoek. Hier het ek die dokument wat deur mnr Epstein opgestel is. Ek het probeer vasstel hoeveel vordering hulle met die waardasies gemaak het. Waardasies is iets waaroor ons mense baie gevoelig is. Ek was onder die indruk dat ons waardasiestelsel nou in orde is en te eniger tyd gebruik kan word. Dit sal meebring dat ons ook met transformasie aan die gang kan kom.

Wat sien ons egter? Ter wille van die agb lid mnr Dugmore: "Ons wag op die nasionale Regering." [Tussenwerpsels.] Die agb lid mnr Byneveldt moet geduldig wees.

*Ons is midde-in die proses om plaaslike regering in 'n nuwe bedeling te hervorm, soos deur die nuutafgebakende munisipaliteite verwag word, sodat dit ten volle funksioneel sal wees wanneer die komende verkiesing aanbreek. Wat 'n rare dag is dit! Ons is al op pad na die verkiesing op 1 November, en die wet is nog nie daargestel nie.

*Me T ESSOP: Skande. [Tussenwerpsels.]

Mnr N M ISAACS: Ja, dit is 'n skande vir die nasionale Regering; die agb lid is nogal reg. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid moet nie bekommerd wees nie, ek gaan dieselfde met haar doen wanneer dit haar beurt is om te praat. En sy weet ek kan dit doen.

*Belangrike wetgewing oor plaaslike bestuur, soos beoog in die Witskrif, ingevolge waarvan munisipaliteite bestuur moet word, is nog nie in plek nie. Dit is 'n bron van ernstige kommer dat die vordering met sodanige wetgewing uiters stadig is.

Nou weet ek nie of die nasionale Regering aan die remsindroom ly nie. [Tussenwerpsels.] Die remsindroom; die rem. Alles waarmee 'n mens besig is, kry remme aan. Al wat ons vra, is dat daardie agb lede van die ANC net hul invloed moet gebruik om hul kollegas in die Ander Plek te vertel dat hulle aan 'n gevaarlike remsindroom ly. [Tussenwerpsels.] Dit gee nie regtig vir ons vordering nie.

*Kom ons kyk na die wetgewing. 'n Wetsontwerp oor plaaslike bestuurseiendomsbelasting word beoog. Ek het dit voorheen genoem. Die doel van so 'n wet sal wees om die heffing van eiendomsbelasting deur munisipaliteite te reguleer. Dit sal onder meer handel met belasting, die algemene waardasie van belasbare eiendom, waardasiekriteria en waardasierolle. [Tussenwerpsels.]

Daardie agb lede verstaan dit nie. Hulle weet nie. Dit handel alles oor waardasie. Siestog, daardie agb lid moet liewer nie sy mond oopmaak nie, want dan sien almal hoe dom hy is.

*Dit is een van die mees kritieke stukke wetgewing hierdie, aangesien dit die grondslag van die inkomste van munisipaliteite sal l. Ek het na die agb Minister geluister. Daar het ons die agb lid mnr Ramatlakane, wat voorberei word om die uitvoerende burgemeester te word. [Tussenwerpsels.] Hy word opgelei om die uitvoerende burgemeester te word. Die agb lid mnr Ramatlakane gaan ons binnekort verlaat, want hy gaan oorneem. [Tussenwerpsels.] Dit is vreemd hoe 'n mens hierdie dinge weet. Moet ek daardie agb lede nog vertel? Ek weet van iemand anders wat ook sou weggaan, maar toe gaan hy nie weg nie.

Die ander stuk wetgewing handel oor die munisipale stelsels.

Mnr R J KING: Portugal toe.

Mnr N M ISAACS: O, was dit Portugal toe? Ons wag nou nog.

Die agb Minister is korrek. Hierdie stukke wetgewing gaan 'n ontsaglike uitwerking op transformasie h. Die agb Minister het gesien hoe die lede van hierdie Huis, veral by SKOF, vreeslik aangegaan het en wou weet waar almal met transformasie staan. Nou is hulle egter doodstil. Hulle swyg soos die graf. Hoe kan ons voortgaan met transformasie as die wetgewing nie daar is nie? [Tussenwerpsels.]

Nou vra hulle my weer watter wet! Kyk hoe sukkel 'n mens nou met hulle. Hulle gaan aan oor transformasie. Dit is alles deel van wat inwerk op transformasie. Transformasie kan egter nie sy plek inneem as die wetgewing nie daar is nie, en dit is vandag ons pleidooi dat daardie wetgewing nie verder teruggehou moet word nie, maar dat ons transformasie aan die gang moet kry. [Tussenwerpsels.] 

*Die agb Minister het hierdie stukke wetgewing genoem. Dit is die probleem. Daardie agb lede is so ver weg en hy is so ver bo hulle, dat hulle nie hierdie dinge wat hy genoem het, begryp nie. [Tussenwerpsels.] Hy het bykans alles genoem. Hy het kredietbeheer genoem. Hy het die gedragskode genoem. Hy het die munisipale dienste en heffings genoem. [Tussenwerpsels.] Hy het dit alles genoem. Nou vra hulle my waar is die wet. Asseblief!

Ek het respek vir die agb lid mnr Dugmore. Hy verstaan plaaslike regering. Ons het ook 'n voormalige Minister daar.

*Mnr C M DUGMORE: Jy herhaal net sy hele toespraak; dit is al wat jy doen.

*Mnr N M ISAACS: Ek herhaal nie sy toespraak nie. Ek lewer my eie pleidooi.

*Me T ESSOP: En jy doen dit sleg.

*Mnr N M ISAACS: Ag, asseblief. Dit punt is dit: ek brei net uit oor sekere baie belangrike dinge, en s vir die ANC waar die probleem l. Die probleem l by die nasionale Regering. Hoe gouer ons die nasionale Regering aan die gang kry, hoe gouer sal ons met transformasie kan aangaan.

Mnr C M DUGMORE: "Drop" vir Tony en praat met Thabo.

Mnr N M ISAACS: "Drop" vir Tony?

Mnr C M DUGMORE: En praat met Thabo. [Tussenwerpsels.]

Mnr N M ISAACS: Dit is eienaardig, n? Hy s oor die radio dat 'n koalisie met die Nuwe NP die laaste ding is wat hy wil h. Nou kom hy weer hier s, "'Drop' vir Tony en vat ons." Wat was sy woorde gisteraand oor die radio? Wat was sy woorde? Elke keer swaai hy sy mantel net soos die wind waai. As dit hierdie kant toe gaan, is hy gelukkig. As dit daardie kant toe gaan, is hy ook gelukkig. 

Nee, ek s dit nou onvoorwaardelik en ondubbelsinnig: ons sal nie 'n koalisie met die ANC sluit nie.

Mnr R J KING: Hoor, hoor! [Tussenwerpsels.]

*Mnr N M ISAACS: En diegene wat daaroor droom, is besig met wensdenkery. Jammer, jammer, jammer; dit is af. Dit is nie onderhandelbaar nie. Dit is verby. Dit is oor. [Tyd verstreke.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Voordat ek die volgende spreker sien, wil ek vir agb lede daarop wys dat wanneer ek my kop skud, dit nie instemmend is nie. [Gelag.] Dit is omdat ek die toespraak waardeer.

*Mnr P C MCKENZIE: Me die Voorsitter, te oordeel aan die aantal kere wat u u kop geskud het, kon ek sien dat u werklik die toespraak van die agb lid mnr N M Isaacs waardeer het. Een persoon het minstens sy toespraak waardeer!

Me die Voorsitter, ek wil namens die ANC die Departement van Plaaslike Bestuur bedank en loof vir die werk wat hulle gedoen het. Oor een punt stem ek met die vorige spreker saam, naamlik dat as 'n mens goeie departemente wil sien, jy na die amptenare van daardie departemente moet kyk.

Die agb lid mnr N M Isaacs het baie ges oor die nasionale Regering wat remskoene aansit, en so meer. Die agb Minister van Plaaslike Regering het vir ons in sy Begrotingsrede vertel van die miljoene rand wat aan sekere projekte gegee is. Die agb Minister moet daardie agb lid asseblief in kennis stel dat nie een halwe sent van die miljoene rand wat hy in verband met CMIP genoem het, van hom of sy departement kom nie. Elke enkele rand van die tien miljoene rand wat hy vandag genoem het, kom van die nasionale Regering via die agb Minister. Ons moet versigtig wees wanneer ons oor hierdie dinge praat.

Daar is iets anders wat ges moet word. Die agb Minister sal onthou - ek vind dit nogal snaaks, en laat my voortgaan op wat die agb lid mnr Isaacs ges het toe hy van rampbestuur gepraat het - dat toe jy in September 1999 gepraat het van die wonderlike wet wat jy gaan uitbring, het ons vir jou ges jy kan dit nie doen nie. Toe het jy ges dit is jou reg, en jy gaan dit doen, want jy het die reg om dit te doen. Dit het bewys dat jy weer totaal verkeerd was.
Wat het gebeur? Die arme 100-dae program van die agb Premier was niks anders as 'n foefie nie, en dit weet hy. Die agb Minister het vandag nie vir ons van een punt in die 100-dae program vertel nie. Die agb Minister het in September 1999 ges, "It is my passion", en, "Dit is my grootste uitdaging". Hy het absoluut niks ges oor die prestasiekontrakte van die 100-dae program nie. En hy het ges die prestasiebeleidstelsel is een van sy doelwitte. Van alles wat hy vir die mense beloof het met betrekking tot die 100-dae program, het ons vandag niks gehoor nie. Ek sal na elkeen van hulle verwys en vir jou s wat jy ges het.

In die debat oor die 100-dae program het jy hier vir ons ges daar gaan kiesersopvoeding gedoen word. Jy het nie 'n halfsent vir kiesersopvoeding begroot nie.

Mnr R J KING: Mnr die Voorsitter, op 'n punt van orde: die agb lid mnr McKenzie is nou reeds ongeveer drie minute lank besig om die agb Minister as "jy" en "jou" aan te spreek.

Mnr P C MCKENZIE: Die agb Minister.

Die TYDELIKE VOORSITTER (mnr N M Isaacs): Dankie.

Mnr P C MCKENZIE: Die agb Minister - wat is 'n naam nou? [Tussenwerpsels.]

Die TYDELIKE VOORSITTER (mnr N M Isaacs): Orde!

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Voorsitter, die agb Minister het vir ons vertel van die kiesersopvoeding wat hy gaan doen. Waar gaan hy die geld vir kiesersopvoeding kry? Ons moet begin om ook eerlik te wees wanneer ons toesprake in die Huis lewer.

Ek wil verder gaan. Een van die agb Minister se konstitusionele funksies is om die finansile status van plaaslike regerings te moniteer. Wanneer die agb Minister van Plaaslike Regering in di Huis praat oor die finansile toestand van plaaslike regering, haal hy altyd Tulbagh aan, omdat Tulbagh 'n ANC-gebied is.

Die arme Ouditeur-generaal pleit dat ons ons invloed moet gebruik. Ek gaan nie eens praat van wat buite die Metropool gebeur nie; kom ons praat van wat binne die Metropool gebeur. Sedert 1997 het die Kaapse Metropolitaanse Raad, wat deur die Nuwe NP beheer word, geen finansile state voorgel nie. Wat s die agb Minister daarvan? En hy was die voorsitter gedurende daardie tydperk. Is dit hoe hy sy departemente bestuur?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Jy praat seker van Kaapstad.

Mnr P C MCKENZIE: Ek praat nie van Kaapstad nie. Die agb Minister kan die Ouditeur-generaal se verslag gaan lees. Hy weet nie eens wat die Ouditeur-generaal in sy verslag geskryf het oor plaaslike regering nie.

Ek gaan voort. Ons het vandag 'n wonderlike vertoning gesien. Dit lyk vir my dit kan genoem word, "die laaste verset van die Nuwe NP", nadat die jongste syfers aantoon dat die Nuwe NP met 50% gedaal het. [Tussenwerpsels.] Volgens wat die RGN s, is dit duidelik dat as daar vandag 'n verkiesing sou plaasvind, die Nuwe NP minder lede in di Huis sal h as die DP. [Tussenwerpsels.]
Ons kan praat oor die ander Nuwe NP-rade in die Metropool. Blaauwberg het nog nooit hul finansile state voorsien nie. Wat doen die agb Minister daaromtrent? Suid-Skiereiland, die wonderlike tuisland van die agb Premier, het sedert 1996 nog nooit hul finansile state voorsien nie.

Mnr R J KING: Nou vat jy 'n kans.

Mnr P C MCKENZIE: Komaan, lees die verslag.

Mnr die Voorsitter, ons wil weet wat die agb Minister van Plaaslike Regering daaromtrent doen.

Hy het in sy Begrotingsrede heelwat tyd bestee aan die toestand van plaaslike regerings. Ek het nie vandag gehoor hoe hy plaaslike owerhede gaan adviseer om die kultuur van nie-betaling vir die dienste om te keer nie. Hy het na die Masakhane-program verwys, en ges ons moet eerlik wees, die Masakhane verflou en ons weet dit kom van die nasionale Regering. Wie probeer hy bluf? Sy hoofamptenaar is die kordineerder van Masakhane in die Wes-Kaap. Het die agb Minister daarmee na hom verwys? Hy moet versigtig wees met wat hy s.

Mnr die Voorsitter, die agb Minister het niks gedoen om die kultuur van nie-betaling om te keer nie, daarom gaan plaaslike regerings vandag bankrot. Ek wil hom vra of die Nuwe NP die afskryf van agterstallige huurgeld ondersteun. Dit was immers een van hul verkiesingsbeloftes. As hulle die afskryf van agterstallige huurgeld ondersteun, hoe is hulle voornemens om dit te implementeer? Hulle het nie 'n halfsent van die dobbelfondse gebruik om die arm mense te help nie. [Tussenwerpsels.] Ons moet nie hier skynheilig wees nie.

Kom ons neem Oostenberg as voorbeeld. Die Oostenbergers sit immers hier in hul groot getalle, en die agb Minister kom daarvandaan. Weet agb lede wat het hulle vir die arm mense in Oostenberg gedoen in terme van die afskryf van agterstallige huurgelde? Hulle het al daardie mense wat geld aan die raad skuld aanges om by die bank 'n onderneming te teken van hoe hulle dit gaan terugbetaal, en die bank sal die raad betaal. Dit is die manier waarop hulle arm mense gehelp het. Hy behoort hom te skaam!

Dit is waarom mense se o meer en meer sal oopgaan, en hulle sal weet dat die Nuwe NP vir hulle 'n nadeel is in die Wes-Kaap.

Ek kan meer s. Siende dat ek die Oostenberg-perd ry, wil ek nog iets noem. Die Afbakeningsraad het ges dat Oostenberg nie lewensvatbaar is nie. Oostenberg is die kleinste raad en Oostenberg se dae is getel. Weet agb lede dat Oostenberg 13 uitvoerende lede het? Moet nie vir my vra wat hulle almal doen nie. Dit is baantjies vir boeties. Net so het hulle na die ou NP-amptenare ... [Tussenwerpsels.] ... hier in Burgstraat gekyk. Die agb Minister het hulle versoek, en die ANC het daardie versoek ondersteun, om nie onnodig geld te bestee nie. Watter rade het die geld bestee? Dit is 'n klap in die agb Minister se gesig. Het Oostenberg nie 'n gebou van meer as R1 miljoen gekoop omdat wit amptenare nie in die bruin gebiede wil gaan waar daar geboue is nie? [Tussenwerpsels.]

Die agb Minister het ges ons moet nie onnodig geld spandeer nie. Dit klink amper asof die ANC net geld mors. Die agb Minister weet wat Suid-Skiereiland se raad gedoen het met die gebou wat hulle gekoop het. In antwoord op elke enkele versoek wat hy gerig het, het sy eie party hom in die gesig geklap.

Die agb Minister het ges ons moet die geld reg hou. Ek wil van hom weet wat die 13 lede van die Oostenberg Uitvoerende Bestuur in Botswana gaan doen het. Is dit 'n geval van nou die geld bestee omdat hulle weet dat hulle nie herverkies sal word nie?

*Gister, by die staande komiteevergadering - en die agb Minister het daardie vergadering bygewoon - het die agb Minister van Behuising dit korrek gestel dat mnr Mybrugh, een van ons amptenare, 'n program het wat aantoon dat 'n aantal munisipaliteite binne 'n paar jaar heeltemal bankrot sal wees. Ek daag die agb Minister van Plaaslike Regering, as hy na daardie verslag gekyk het, ...

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Wat het jy daaromtrent gedoen?

*Mnr P C MCKENZIE: Ek het daardie verslag ondersteun. Die agb Minister moet stil wees wanneer niemand met hom praat nie. Hy moet dit leer. Hy weet nie wat gebeur het nie. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, dit is waarom ons die agb Minister van Plaaslike Regering vra wat hy met betrekking tot plaaslike bestuurskultuur doen om diegene wat in die gemeenskap verarm is, te help. Ons het genoeg programme. Dr Myburgh se program sal in werklikheid die agb Minister help om dit vir sy agb lede aan te toon, ook daardie agb lid wat sy mond keer op keer oopmaak en onsin praat. [Tussenwerpsels.] Dit sal vir daardie agb lede aantoon dat daar mense in die townships is wat so arm is dat hulle selfs nie hul maandelikse huurgeld kan betaal nie.

Die agb Minister het ook oor brandbestryding gepraat. Ek weet brandbestryding is nie een van sy verantwoordelikhede nie. Dit is 'n plaaslike bestuursfunksie. Ek weet ook dat hy vir die wetgewing verantwoordelik is en dat hy invloed kan uitoefen. Dit was hartroerend om van die voorval te hoor waarna die agb lid mnr N M Isaacs 'n paar dae gelede verwys het, toe hy 'n voorstel van medelye ingedien het in verband met die mense wat in Bishop Lavis in hul huis doodgebrand het. Ek ken die familie wat doodgebrand het. Hulle is oorspronklik van Bonteheuwel.

Die agb Minister leef in sy eie wreld en hy weet nie van die realiteite daar buite nie. As enige huis aan die brand raak in 'n gebied wat nie 'n blanke gebied is nie, is daar nie een brandweerwa wat binne 12 minute daar kan kom nie.

'n AGB LID: [Onhoorbaar.] ... Mark Wiley.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Jy praat onsin, man!

*Mnr P C MCKENZIE: Ja, ons weet. Toe ek vanoggend bykans 1 000 polisiemanne toegespreek het, het hulle vir my ges dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning die swakste Minister is wat hulle nog ooit gehad het; so hy moet stilbly. [Tyd verstreke.]

*Mnr D SILKE: Me die Voorsitter, dit is vir my baie aangenaam om tot hierdie debat toe te tree. Dit het my bedroef gestem om die vorige spreker, die agb lid mnr McKenzie, weer te hoor aanvaar dat die ANC 'n monopolie het om die werklikhede te ken van wat in Suid-Afrika gebeur. Daar is 'n voortdurende gekerm van daardie kant van die Huis dat slegs hulle weet wat aangaan en dat net hulle die armes kan verteenwoordig en dat net hulle kan lewer. Dit raak vermoeiend, en ek dink hulle begin verstaan dat daar ander politici en ander politieke partye in Suid-Afrika is wat doeltreffender kan lewer as wat hulle op plaaslike vlak kan lewer. [Tussenwerpsels.]

Ek wil graag die agb Minister van Plaaslike Regering bedank vir sy baie omvattende Rede en die wye reeks sake wat hy aangepak het. Van hierdie kant van die Huis wil ek ook baie dankie s aan die departement en oom Faan, wat nie net baie aantreklike hemde in die staande komiteevergaderings dra nie, maar ook altyd baie goeie dokumentasie produseer. Ons is baie dankbaar vir sy dokumentasie en ons bedank hom vir sy bystand aan die gewone lede van hierdie Parlement.

Me die Voorsitter, die sleutel- beleidsdoelwitte van hierdie departement hou almal verband met die finale stadiums van munisipale herstrukturering. Vanaf November vanjaar sal ons 'n nuwe stelsel van munisipale bestuur h. Vir die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis sal alle plaaslike besture regoor die land ingevolge 'n gemeenskaplike wetgewende raamwerk bestuur en georden word.

Die fundamentele vraag is of dit moontlik of wenslik is, gegewe die groot omvang van 'n land soos Suid-Afrika en sy diversiteit. Selfs binne ons provinsie het ons hoogs uiteenlopende behoeftes, vlakke van ontwikkeling en kapasiteit. Is dit realisties om te verwag dat almal moet voldoen aan die ANC se meesterplan in hierdie verband? En as hierdie meesterplan misluk, soos wat mag gebeur, moet hierdie Provinsie daarna die stukke optel?

Me die Voorsitter, die DP sal druk vir die maksimum afwenteling van mag en delegasie van funksies aan daardie subrade waarvoor daar in die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998, voorsiening gemaak word, wat die kapasiteit het om hul eie bevoegdhede en funksies te verrig. Insgelyks sal ons druk vir die afwenteling van magte en delegasie van funksies aan munisipale rade buite die metropole. Ons herhaal ons oortuiging dat kleiner regering beter regering is.

Die feit van die saak is dat dit geraam word dat een uit ses munisipaliteite tans bankrot is en slegs een uit vyf munisipaliteite in staat is om krediet by handelsbanke te verkry. Reserwes word regoor die land geplunder om die ANC se buitensporige verkiesingsbeloftes te befonds. Van 'n situasie waar enige munisipaliteit 'n lening kon aangaan, het ons nou die kredietwaardigheid van ons plaaslike regering vernietig. Waarom? Omdat ANC-beheerde rade glad nie in staat is om vir dienste te betaal nie. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, die ANC aanvaar naef dat net mega-regering 'n positiewe uitwerking op ekonomie van skaal sal h. In 'n beperkte sin mag dit waar wees, maar dit mag ander en dalk onverwagte probleme skep. Byvoorbeeld, in die groter landelike munisipaliteite mag die personeelkoste as gevolg van personeel herstrukturering daal, maar die vervoerkoste verhoog omdat die gebied wat bedien moet word, baie groter is. Wat seker is, is dat die herstruktureringkoste hopeloos onderberaam word in die huidige nasionale Begroting.

Me die Voorsitter, in plaas daarvan om dit wat werklik stukkend is, reg te maak - waarvan die meeste in die Oos-Kaap is - wil die ANC dit wat nie stukkend is nie regmaak, hoofsaaklik in hierdie provinsie, wil ek s.

Wat eerstens moet gebeur, is dat plaaslike bestuur moet aanvaar dat dit slegs beperkte dienste kan bied, en dat dit beter is om sommige dinge goed te voorsien as baie dinge baie swak; en, tweedens, dit is onvermydelik dat daar asimmetrie in dienslewering gegrond op kapasiteit, belastingbasis en bevolkingsdigtheid sal wees. Om 'n eenvormige stelsel van leweringsnorm op 'n landwye basis te aanvaar, is net so onrealisties as om te aanvaar dat elke leerling wat matriek skryf net A's gaan kry. Dit gaan net nie gebeur nie.

Me die Voorsitter, namate ons na die implementering van die nuwe strukture beweeg, is ons aan hierdie kant van die Huis nou ten volle daartoe verbind om so doeltreffend moontlik plaaslike bestuurslewering en -diens binne die nuwe unistad te h. Die oorgangsproses is egter deurspek met probleme en dit is di wat ek graag wil beklemtoon as deel van hierdie Provinsie se volgehoue doelwit om 'n netwerk van doeltreffende regeringsinfrastruktuur te voorsien. Die agb Minister het na baie hiervan in sy baie wydlopende toespraak verwys, en ek wil ook graag nou daarop uitbrei.

Die eerste sleutelelement is die voltooiing van die kiesersregistrasieproses in hierdie provinsie. Ek gaan nie lank by hierdie saak stilstaan nie, want dit is tot vervelens toe hier bespreek, behalwe om te s dat ons moet seker maak dat soveel moontlik potensile kiesers geregistreer word. Die legitimiteit van die verkiesingsuitslae moet nie bevraagteken kan word nie, en ons aan hierdie kant van die Huis ondersteun alle pogings in hierdie verband.

Me die Voorsitter, ek wil graag h die agb Minister moet kommentaar lewer oor of hy kategories dink dat die verkiesing in November vanjaar sal plaasvind, gegrond op die verskeidenheid gerugte wat oor hierdie besondere saak bly sirkuleer.

Die tweede sleutelelement is dat ons besorg bly oor die finansile relings wat tot die skepping van die nuwe strukture lei. In die 1993-94-tydperk het ons groot oorbesteding by die destydse sentrale regering gemerk in die volle wete dat hulle sondes onaangeraak sou bly. Is ons nou tevrede dat ons bates op plaaslike bestuursvlak onaangetas bly en dat besteding deur alle owerhede binne perke bly? Daar kan geen stroping van bates wees nie, want die laaste ding wat ons nodig het, is dat 'n nuwe unistad aanbreek wat gestroop is en wat onmiddellik nie lewensvatbaar is nie.

Me die Voorsitter, in hierdie verband sal dit noodsaaklik wees dat plaaslike owerhede die inkomste- en uitgawepatrone verander. Daar is nou meer as R1,6 miljard agterstallig in die Metropool en bankbalanse val vinnig. Die waarskuwingsligte flikker helder en ons kan nie die huidige onvoldoende middele waarmee ons dienslewering aanbied, in stand hou nie. Ons sal baie beter gebruik moet maak van ons besteding om beter diensleweringsmodelle te behaal en daardeur meer belasting te genereer.

In hierdie verband glo ons dat verbruikers sal moet leer betaal vir die dienste wat hulle vra en gebruik. Munisipaliteite kan nie meer nie-betalende gemeenskappe onderhou nie en daar moet ferm opgetree word teen dienstebetalers-boikotters. Daarbenewens moet die uitbesteding van dienste wat goedkoper deur die privaatsektor onderneem kan word, veral KMMOs, 'n prioriteit vir die nuwe strukture word.

Me die Voorsitter, derdens, ek is bly die agb Minister het in sy toespraak hierna verwys, maar spreek ons die probleem rakende die rol van arbeid in die nuwe bedeling voldoende aan? Ons moet dringend die verwagtinge wat ons van arbeid en hulle van ons het, aanspreek. Ons het te make met starre, outydse arbeidstrukture, en daar is 'n besliste gevaar dat ons dit eenvoudig na die nuwe unistad kan oordra.

Dit is essensieel dat arbeid tydens die oorgangsfase met ewe veel entoesiasme en verbintenis as al die ander rolspelers aan boord kom. Senior bestuur kan inderdaad ook ontwrigtend raak, en algemene vermoeienis wat herstrukturering oor die afgelope vier jaar veroorsaak het, is 'n bydraende faktor.

Met die nuwe Wet op Vaardigheidsontwikkeling wat nou in werking tree, is daar nagenoeg R14 miljoen wat binne die Metropool vir opleiding beskikbaar sal wees, en dit is inderdaad 'n ideale tyd vir arbeid om sy eie posisie te verbeter.

Me die Voorsitter, die oorgang oor die volgende paar maande verg 'n ho vlak van politieke volwassenheid. Ek merk die weerspannige aard van die uitvoerende komiteevergaderings wat beswaarlik bevorderlik is vir goeie regering. Gegewe die verkiesingsdruk wat ons almal selfs nou begin voel, sal 'n meer inklusiewe en nie-partypolitieke houding in hierdie onderhandelings nodig wees. Ons moet nie toelaat dat hierdie politieke spanninge die pad na doeltreffende oorgang versper nie.

Mnr H A LEWIS: Me die Voorsitter, ek sal my toespraak kort hou. Ek wil net drie gedagtes met agb lede wissel.

In die eerste plek wil ek my teleurstelling uitspreek oor die uitsluiting van nie net kleiner partye nie, maar selfs van onafhanklike raadslede wat die gemeenskappe wettig verkies het. Ek is teleurgesteld oor die hele herstruktureringsproses; nie net van die unistad nie, maar ook di van munisipaliteite buite die Metropool.

Mnr M LOUIS: Hoor, hoor!

Mnr H A LEWIS: Ek is nog soveel meer teleurgesteld in die herstruktureringsproses wanneer ek dit beskou binne die konteks van die uitsprake wat veral die agb Premier van tyd tot tyd maak - en ek glo hy maak die uitsprake binne die beleid van die party waaraan hy behoort - dat hy glo aan 'n veelparty demokrasie. Ek het lank hieroor nagedink en besluit dit kan wees dat ek moontlik met 'n heel verwronge beeld van veelparty demokrasie opgeskeep sit.

Ek gee die agb Minister van Plaaslike Regering die versekering dat ek dit nie as 'n persoonlike aanval op hom bedoel nie. Ek is nogtans teleurgesteld, want uiteindelik is dit sy verantwoordelikheid. Ek wil nie h die agb Minister moet vanmiddag poog om hom te verdedig nie, want ek wil hom daardie pyn spaar. Na my mening kan dit net op een manier vertolk word.

Me die Voorsitter, tydens 'n vorige debat ek het genoem dat ons alles in ons vermo sal moet doen om die herstrukturering van munisipaliteite, hetsy binne of buite die Metropool, so glad moontlik te laat verloop. My kommer was veral gesetel in die hantering van die menslike hulpbronne - die mense wat by di munisipaliteite werk. 

Me die Voorsitter, ek wil vanmiddag met beide die Nuwe NP en die ANC praat. Die vrees bestaan, hoe gegrond dit ook al mag wees, dat daar in die herstrukturering van die munisipaliteite wat deur die Nuwe NP of die ANC beheer word omdat hulle die twee grootste partye in die provinsie is, gevalle kan voorkom waar daar ten opsigte van werkgeleenthede voorkeur verleen gaan word aan ondersteuners wat di partye goedgesind is.

Ek wil 'n versoek tot my kollegas rig, dat ons, wanneer ons die pad gaan loop, sal probeer om die politiek daar uit te hou. Ek weet dit is verskriklik moeilik, want politiek beheer ons lewens, ons alles. Ek vra dat ons die proses met die gesindheid sal benader dat ons selfs die munisipale werknemers wat nie met hul politieke affiliasies op die mou rondloop nie, sal beskerm en sal probeer toesien dat diegene wat by die munisipaliteite oorbly, die mense sal wees wat grotendeels oor die kundigheid beskik om met die kleiner strukture steeds dieselfde diens te lewer, indien nie 'n meer effektiewe diens nie.

Me die Voorsitter, die derde punt wat ek wil bespreek, is iets wat ek voorheen in die Huis genoem het, en dit is die kwessie van kapasiteitsbou by en hulpverlening aan munisipaliteite. Ons moet meer proaktief wees as reaktief. Die Departement van Plaaslike Regering en die agb Minister moet werklik meganismes in plek stel waarvolgens mense werklik ondersteun word, veral in die hantering van finansile bestuur, want dit is waar die probleme gewoonlik voorkom. Ons moet help om kapasiteit te bou, sodat die dienste uiteindelik gelewer kan word.

Mevrou, as munisipaliteite in hul dienslewering misluk, misluk ook die Provinsie en ons as lede in ons poging om die dienste te lewer aan die mense wat dit nodig het.

Mnr R WILLIAMS: Me die Voorsitter, ek wil ter aanvang my waardering uitspreek vir die behulpsaamheid van die Departement van Plaaslike Regering en die toeganklikheid van die agb Minister van Plaaslike Regering.

Me die Voorsitter, in Suid-Afrika en in die Wes-Kaap is plaaslike regering besig om die mees omvattende en verreikendste transformasie te ondergaan. Die eerste belangrike mylpale wat ons reeds verbygesteek het, en die agb Minister het daarna verwys, is die afbakening en die afkondiging van die sogenaamde unistad en die sogenaamde Kategorie B-munisipaliteite.

Ons aan hierdie kant van die Huis wil graag die Afbakeningsraad gelukwens met die groot taak wat hulle op 'n baie verantwoordelike en baie deursigtige wyse aangepak en afgehandel het. Ons is bly dat, op een of twee uitsonderings na, al die munisipaliteite in die provinsie die proses en die resultaat daarvan aanvaar het, en dat almal onskynlik saamwerk om die wetlike, administratiewe en praktiese uitwerking van die afbakening te verwerk en in werking te stel.

Die een wanklank wat ons gehoor het, het gekom van die agb lid mnr Silke, wat maar weer op die ou tamboer getokkel het. Dit is 'n bietjie verontrustend. Dit laat 'n mens wonder tot watter mate die DP hul samewerking sal gee.

Die ander wanklank wat ons by tye in die Huis gehoor het, het gekom van die voorbok van die self aangestelde bewaarders van demokratiese waardes, die agb Minister van Onderwys. Sy het by wyse van tussenwerpsels by implikasie die integriteit, die objektiwiteit en die bona fides van die voorsitter van die Afbakeningsraad, dr Mike Sutcliffe, betwyfel. Ons hoop die DP sal nie daardie houding deurdra tot die transformasieforums nie. Hulle het wel in die unistad een verteenwoordiger, en ek hoop en vertrou dat hulle nie daardie houding daar sal deurdra nie.

Me die Voorsitter, ek is bly oor die munisipaliteite se samewerking en ek is ook bly dat dit voorkom asof die Nuwe NP ook nou tot ander insigte gekom het. As die agb Minister van Plaaslike Regering enigiets daarmee te doen het, wil ek hom daarvoor bedank.

*Ek het ges ons in hierdie Provinsie, en in die res van die land, is op pad na die mees fundamentele transformasie van plaaslike bestuur, terwyl die meeste munisipaliteite finansile en administratiewe probleme ervaar. Die agb lid mnr McKenzie het na 'n aantal van hierdie probleme verwys.

Die tendens in hierdie provinsie was ongelukkig om hierdie probleme toe te skryf aan hoofsaaklik die tekortkomings of grille van die politieke funksionarisse, die raadslede. Niemand kan ontken nie - en sekerlik nie ons aan hierdie kant van die Huis nie - dat die optrede en swak besluitneming van raadslede in sekere gevalle tot die probleme bygedra het waarmee plaaslike owerhede tans sit nie. Dit is egter 'n siniese oorvereenvoudiging om net die rade vir hierdie probleme te blameer, soos wat die neiging was, veral wanneer dit 'n ANC-beheerde raad is wat die probleme ervaar.

'n Eerlike ontleding van die situasie sal aantoon dat sommige munisipaliteite in hierdie provinsie in 1995, toe ons met die eerste fase van transformasie begin het, met 'n onvoldoende inkomstebasis en onvoldoende finansile en administratiewe kapasiteit begin het. As gevolg daarvan was begroting, boekhouding, kredietbeheer en finansile verslagdoeningstelsels baie swak, om die minste te s. Voeg by hierdie tekortkomings die feit dat baie munisipaliteite te kampe gehad het met diensagterstande en infrastrukture wat agteruitgaan, of, in sommige gevalle, selfs in duie gestort het, en 'n mens het 'n resep vir probleme. Dit is wat ons tans ervaar.

'n Mens kan nie ontken dat daar munisipaliteite is wat ondanks hierdie probleme finansieel en administratief stabiel is nie. Die feit bly egter dat die politieke party wat regeer, nie die gemene deler ten opsigte van daardie rade is wat probleme ervaar nie. Die mate waarin die munisipaliteit sy bestuur hervorm het, is ook nie 'n gemene deler nie. Ek kan dus nie saamstem nie, en ek wil ten sterkste daarmee verskil, met die agb Minister dat 'n mens sekere van die probleme wat munisipaliteite ervaar aan regstellende aanstellings moet toeskryf, soos wat hy wil te kenne gee.

Die feit is dat die houding en die ondoeltreffendheid van amptenare wat van die vorige bedeling gerf is, erken moet word.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Blameer net apartheid!

*Mnr R WILLIAMS: Nee, dit is 'n feit. Dit sal duidelik word, en ek is seker dit het duidelik geword, van die bestuursoudits wat die agb Minister laat doen het, sowel as di wat ingevolge die nasionale Regering se moniteringsoefening, met die paslike naam Project Viability, gedoen is.

Me die Voorsitter, dit is duidelik dat hierdie probleme nie net beperk is tot munisipaliteite wat deur 'n sekere party beheer word nie. Ons is bly die agb Minister van Plaaslike Regering het in sy bestuursondersteuningsoudits na alle munisipaliteite gekyk en dat daardie munisipaliteite wat vir bestuursondersteuningsprogramme geidentifiseer is, alle munisipaliteite dek en nie net beperk is tot di wat deur 'n bepaalde politieke party regeer word nie.

Daar is egter 'n mate van kommer dat die ondersteuningsprogramme wat reeds gedentifiseer is en ten opsigte waarvan befondsing reeds goedgekeur is, hoofsaaklik geld vir munisipaliteite in kategorie 1 tot 6. Ek dink 90% van die gedentifiseerde munisipaliteite val in kategorie 1 tot 6. Ek dink die agb Minister moet baie dringend ook na die groter munisipaliteite kyk.

Dit is baie duidelik dat met hierdie groot transformasie van plaaslike bestuur, en gegewe die huidige finansile en bestuursprobleme wat deur munisipaliteite ervaar word, alle nuwe Kategorie B- en C-munisipaliteite, sowel as die unistad, die een of ander vorm van programmatiese ondersteuning sal nodig h. [Tyd verstreke.]

*Mnr P J MARAIS: Me die Voorsitter, ek wil eerstens die agb Minister van Plaaslike Regering en sy departement gelukwens met 'n departement wat goed bestuur word. Dit is goed geolie en doeltreffend. Ek ken mnre Faan Naud en Michael Brewis reeds 'n lang tyd, en 'n mens kry nie beter as hulle nie.

Vir 'n baie lang tyd was die vernaamste funksie van die provinsiale Departement van Plaaslike Bestuur die toekenning en monitering van fondse wat na plaaslike owerhede oorgeplaas is. Hierdie verantwoordelikheid is nou drasties ingekort van R24,976 miljoen in die 1998-99-boekjaar tot 'n skamele R38 000 in die 2000-01-boekjaar. Ek staan gekorrigeer te word, maar as my syfers reg is, was daar 'n drastiese vermindering.

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

Mnr P J MARAIS: Korrek, dit gaan reguit na plaaslike besture. Dit kom nie meer via ons nie. Nasionaal was daar ook 'n vermindering. Die totaal van 50,6% van die provinsiale begroting wat voorheen aan plaaslike owerhede gegaan het, het na 12,9% gedaal, waardeur provinsiale magte ten opsigte van plaaslike bestuur ingekort is om plaaslike bestuurstrukture in te stel, in stand te hou en uit te bou; om burgerlike beskerming te bevorder en brandbestrydingsdienste in stand te hou; om die administrasie en uitvoering van eiendomswaardasies en adviesdienste in stand te hou; en om bystand te verleen met verkiesings. As gevolg daarvan gaan R9,2 miljoen van die R13,7 miljoen wat gestem is na personeelsalarisse in die Provinsie. Sewentig persent van hierdie agb Minister se Begroting is dus vir salarisse van sy personeel. Daar is 'n skeeftrekking hier.

*Me T ESSOP: Dit is nie waar nie.

*Mnr P J MARAIS: As ons armoede doeltreffend wil beveg deur middel van stedelike hernuwing, ruimtelike ontwikkeling en opleidingsontwikkeling van die formele en informele sektor, moet daar nouer intersektorale samewerking tussen georganiseerde plaaslike bestuur en die Provinsie wees.

Ons moet 'n meer regstreekse s h in die toekennings vir die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuurprogram. Die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuurprogram (CMIP) spruit uit die rasionalisering van drie korttermynprogramme wat groot munisipale infrastrukture tussen 1995-96 en 1997-98 befonds het. Die totale bedrag wat vir munisipale infrastruktuur gegee is, het van R666 miljoen tot R1,8 miljard in 1997-98 toegeneem.

Hierdie fondse word op die begroting van die nasionale Departement van Staatkundige Ontwikkeling gestem en is bedoel vir die installering van groot voederinfrastrukture, "green-field"-ontwikkeling en die opgradering van infrastrukture. Die doel is om behuisingsprogramme en dienste aan arm huishoudings te komplementeer.

Altesaam R703 miljoen is in die 1998-99-boekjaar aan plaaslike owerhede oorgedra, en R696 miljoen is in die 1999-2000-boekjaar aan plaaslike owerhede oorgedra, maar die probleem is dat geeneen van hierdie bedrae op provinsiale begrotings verskyn nie. Hierdie geld kom via die Provinsiale Regering, deur ons Minister, na plaaslike owerhede en is nie onderworpe aan skrutinering deur hierdie Huis nie.

Dieselfde geld behuising, wat 'n konkurrente funksie met die nasionale Regering is. Provinsies administreer die behuisingsprogram en bied sekretarile en administratiewe ondersteuning aan provinsiale behuisingsrade. Tog is die R2,9 miljard wat in die 1999-2000-boekjaar vir behuising begroot is, nie in provinsiale begrotings weerspiel nie.

As ons as Provinsie 'n relevante en geloofwaardige regeringsfeer wil wees, behoort ons beswaar te maak teen hierdie omseiling van ons Tesourie deur die nasionale departement. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lede moet na die oplossing soek en nie 'n verdere probleem skep nie. Ons kan nie vanaf 'n afstand regeer word nie. Dit is 'n federale regering hierdie en dit is 'n federale party wat hier sit. As daardie agb lede sentralisties in hul denke wil wees, moet hulle my toelaat om federalisties in my denke te wees. [Tussenwerpsels.] Die laagste vorm van lewe is die man wat met sy neus op die grond kruip en nie besef dat daar 'n wreld daar buite is nie. Ons is nie bloot administratiewe verlengstukke van nasionale Ministeries nie, en dit is die punt.

*Me T ESSOP: Bemagtig plaaslike owerhede!

*Mnr P J MARAIS: f ons sien onsself as 'n administratiewe verlengstuk van die nasionale Regering, f ons s dat ons 'n regering in ons eie reg is. Is ons werklik agentskappe van die nasionale Regering? Dan sal ons soos die agb lid me Essop redeneer.

Fondse vir die uitwissing van armoede word ook nie op ons begroting gereflekteer nie. Dit is waarom ons na planne soek. Miljoene rand kom na ons provinsie, maar dit maak nie deel van ons begroting uit nie. Dit is geld wat deur die agterdeur aan ons Minister gegee word, en ons het dus nie enige beheer daaroor nie, ons kan dit nie skrutineer nie en ons weet nie hoe hulle dit bestee nie. Ons word net as agentskappe deur die Sentrale Regering behandel.

Fondse van die CMIP word nie op ons begroting weerspiel nie en fondse wat aan behuisingsrade toegeken word, word nie in ons begroting weerspiel nie, maar tog word daar van ons verwag om op hierdie terreine te lewer. Ons word deur die mense daar buite aanspreeklik gehou, en as ons in gebreke bly om te lewer, ly ons geloofwaardigheid skade. Hierdie omseiling van die provinsiale begrotings het gemaak dat sekere Ministers nie aan provinsiale skrutinering onderworpe is nie.

*Me T ESSOP: Dit is nie waar nie.

*Mnr P J MARAIS: 'n Ander saak wat ek wil aanspreek, is rampbestuur. Ons het R1,236 miljoen begroot vir burgerlike beskerming en rampbestuur, en tog is daar geen rampfonds in hierdie hele land nie. Daar is geen rampfonds op enige plek nie. Ons het oor die afgelope vyf jaar etlike rampe gehad en elke keer moet ons hier met die hoed in die hand staan en wag dat die President 'n ramp verklaar. Maar selfs nadat hy 'n ramp verklaar het, is daar geen waarborg van fondse nie, omdat daar geen rampfonds is nie. [Tussenwerpsels.] Dit beteken niks om 'n ramp te verklaar nie, tensy daar fondse is om die skade wat deur die ramp veroorsaak is, te herstel.

Die tyd het aangebreek dat daar 'n gekordineerde Wes-Kaapse rampfonds is waartoe plaaslike owerhede, die Provinsiale Regering en die privaatsektor jaarliks moet bydra. Laat ons ophou om na die nasionale Regering te kyk om provinsiale probleme op te los. Waarom kan ons nie 'n gekordineerde fonds h waartoe hierdie Provinsie, elke plaaslike owerheid en die privaatsektor kan bydra nie, en ons dit gesamentlik bestuur ingeval 'n verdere ramp hierdie provinsie tref nie? Ons moet ons agb Minister vra om na die moontlikheid daarvan te kyk. [Tussenwerpsels.]

Die Manenberg-ramp het gekom en gegaan, maar die uitwerking daarvan word steeds gevoel. Die mense is steeds dakloos. Hulle is steeds sonder hoop. Hulle stem elke keer. My mense het in 1994 gestem, hulle het in 1995 gestem, en hulle het in 1999 gestem. Hulle gaan weer stem, maar hulle is steeds arm en hulle is steeds sonder enige hoop op 'n beter toekoms. [Tussenwerpsels.] Crossroads en ander informele nedersettings pleit steeds om herontwikkeling, terwyl die Provinsie 'n hulpelose bystander is. Armoedefondse, behuisingsfondse en CMIP-fondse is nie aan die skrutinering van hierdie Huis onderworpe nie, en dit is waarom ons nie doeltreffend kan bestuur nie.

Die aanbreek van die unistad sal hopelik as 'n ekonomiese gelykmaker dien tussen di wat het en di wat nie het nie. Dit bly 'n ongetoetste stelsel, maar dit is minstens 'n stelsel wat hopelik die ongelykhede wat daar in dienslewering was, sal gelykstel. Ons aan hierdie kant van die Huis is dus bereid om dit 'n kans te gee. [Tyd verstreke.]

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, ek neem graag aan hierdie baie belangrike debat deel - dit is waar die rubber op die pad kom! Baie dinge is reeds in die debat ges, en ek wil dit nie herhaal nie. Ek wil namens die ACDP die agb Minister van Plaaslike Regering gelukwens met sy wydlopende toespraak. Daar is geen twyfel in ons gemoed nie dat hy die regte man vir die regte taak op die regte tyd is.

Die voorbereiding vir plaaslike bestuursverkiesings gaan deur 'n baie moeilike stadium en mnre John Africa, Faan Naud en Michael Brewis het ons ondersteuning nodig vir die duur van die komende jaar. Dit is nie net die werk wat hulle gedoen het nie, maar wat in die komende jaar gedoen sal word wat belangrik is.

Ek wil graag byvoeg by wat my bankmaat ges het rakende ons teleurstelling met ons uitsluiting uit die unistad-kommissie. Ons was selfs verder onthuts om die agb Minister se opmerking vandag rakende die distrikstransformasie-eenheid te hoor, dat die kleiner partye en onafhanklikes weer eens uitgesluit is. Dit is vir my vreemd dat daar 'n beperking is op die getal mense wat in hierdie forums mag deelneem.

Ek sal nooit vergeet dat ek 'n vraag aan die agb Premier gevra het oor wat hy dink van die agb Minister se aanstellings in daardie kommissies en die uitsluiting van die minderheidspartye daar nie, en of daar enige beperking op die getalle was in die lig van die feit dat hy 'n veelparty demokrasie ondersteun. [Tussenwerpsels.] Die agb Premier se antwoord aan ons was dat hy gevoel het dat die agb Minister se besluit gegrond was op die feit dat sekere vaardighede nodig was. Ek het gevoel dit was in 'n mate 'n klap in die gesig om te s dat die ander politieke partye nie die nodige vaardighede gehad het om in daardie soort forum te kan deelneem nie. [Tussenwerpsels.] Ons voel uitgesluit en die partye en die onafhanklikes is 'n bietjie gedemoraliseer daaroor.

Baie dinge is vandag hier ges, en ek wil oor twee sake praat: transformasie en die reorganisasie van plaaslike bestuur. Ons glo dat plaaslike bestuur nie werklik werk nie. Volgens die opname wat pas deur die RGN gepubliseer is, glo 48% van die mense in hierdie provinsie dat plaaslike bestuur nie werk nie en dat hulle nie die lewering ontvang wat hulle moet kry nie. Dit is 'n baie ho persentasie. Ek voel die rede daarvoor is die transformasie wat plaasvind. Soos wat die agb lid mnr Silke ges het, een uit vyf munisipaliteite het finansile probleme. Volgens die syfers is 30% van plaaslike owerhede in die rooi en is hulle tegnies bankrot. Dit is kritiek.

Ek is bly om te sien dat 43% aan finansile opleiding bestee word. Die enigste treurige aspek is wie die finansile opleiding ontvang. As plaaslike bestuur weer eens in 'n ander vlak geherorganiseer gaan word, bestee ons nie baie geld om mense opnuut op te lei om maar net te sien dat munisipaliteite oorsee hierdie vaardige mense uit die stelsel wil neem nie? Op grondvlak is die mense onseker oor hul toekoms. Daar is geen twyfel daaroor nie en ons is besorg daaroor.

Ek wil graag die agb Minister gelukwens met sy proaktiewe benadering tot die moontlike aanstelling van 'n stadsklerk om die oorgangsproses wat voorl te bestuur. Dit is van kritieke belang, nie net ten opsigte van transformasie met die voorbereiding vir die verkiesing op 1 November 2000 nie, maar ook in die toekoms daarna.

Me die Voorsitter, wat beveel die ACDP aan betreffende plaaslike bestuursverkiesings? Eerstens, ons beveel aan dat die agb Minister 'n bedryf- en bestuursielkundige aanstel om die groot verandering ten opsigte van plaaslike bestuur te hanteer - om die mense te hanteer wat vaardigheidsopleiding betref, en oor hoe die bestuursoornames gaan plaasvind.

Tweedens, die ACDP voel dat die politieke partye gedaag moet word om na die kriteria en prosedure vir die kies van kandidate te kyk. Die politieke partye moet kandidate aanstel wat sal kan presteer, want aan die einde van die dag kan 'n mens goeie prosedures en goeie instrumente h, maar as die mense wat in daardie poste aangestel is nie mense van goeie potensiaal is wat kan lewer nie, laat ons die hele stelsel in die steek.

Derdens, ons doen 'n beroep op die publiek om plaaslike bestuur te laat werk. Volgens dieselfde opname deur die RGN is bevind dat 12% van die publiek in die verlede by politieke aktiwiteite betrokke was, hetsy in plaaslike bestuur of belastingbetalersverenigings. Daardie syfer is af na 4% van die mense wat aktief betrokke is. Ons moet iets doen om die mense op die grond - belastingbetalers en die algemene publiek - aan te moedig om aan die politieke proses deel te neem, om in hulle belastingbetalersverenigings betrokke te raak sodat die syfer van 4% verhoog kan word.

Daar is ook nog baie te s omtrent bemarking en kommunikasie van die kant van die agb Minister se departement ten opsigte van wat met transformasie gebeur. Dit is krities. Ek sien dat hulle Begroting nie hiervoor voorsiening maak nie. Dit is een van hulle sleuteldoelwitte en ons loof dit. Dit moet egter gedoen word. [Tyd verstreke.]

*Mnr C M DUGMORE: Me die Voorsitter, ek dink ons vergeet dikwels dat die plaaslike bestuurstransformasieproses 'n ver pad geloop het en dat ons bykans in die finale stadium staan van wat 'n baie, baie moeilike proses was. Ek wil my graag aansluit by die agb Minister van Plaaslike Regering om al daardie amptenare en raadslede van onderhandelingsforums op plaaslike en provinsiale regeringsvlak te bedank dat hulle ons by hierdie punt gebring het. Ek dink dit is 'n moeilike proses, maar ek glo ons is byna daar.

Ek dink dit is in hierdie stadium ook nuttig dat ons bespreek hoe ons op die doeltreffendste wyse dienste in hierdie plaaslike bestuur wat in plek geplaas gaan word, kan lewer. Ek dink die lewering van dienste is ook regstreeks gekoppel aan ons begrip van koperatiewe regering; hoe ons sal werk met die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings. Aan die einde van die dag is regering klaarblyklik aan die politiek verbind. Die soort regering wat in die unistad en in die plaaslike besture na vore sal kom, sal, so glo ek, die gehalte dienslewering bepaal en presies wie vir daardie dienslewering geprioritiseer word.

Die probleem wat ons met die uitvoering van die agb Minister se taak het, is dat hy 'n party lei wat nie in hierdie stadium duidelik is oor die soort politieke alliansie wat nodig is om doeltreffend dienste op provinsiale regeringsvlak te lewer nie. Ek glo hierdie verdeling spruit uit die feit dat baie van sy eie lede ten diepste ongelukkig is oor die feit dat 'n party wat slegs 11% van die stemme verwerf het, vier Kabinetsposte gegee is en beheer het oor meer as 70% van die begrotings.

Dit is 'n party wat besig is met die gebruik van 'n nuwe vorm van swart gevaar om ryk, meesal blanke, kiesers oor te wen van die Nuwe NP, asook mense soos die redakteur van Die Burger. Waarom kan Tony Leon die Nuwe NP elke dag aanval en as verloorders beskryf, terwyl Nuwe NP-lede nie eens daarop mag reageer nie? [Tussenwerpsels.]

Dit is waar die verdeeldheid inkom. Dit is die vraag, en dit het definitiewe implikasies vir die komende plaaslike regering. Lede van die Nuwe NP is verdeeld oor met wie hulle moet saamwerk om die beste vir hul mense te doen. DP-Ministers word toegelaat, en daar is nie een Minister hier nie, om stemme te gaan werf, terwyl die Nuwe NP-lede hier moet sit om 'n kworum te handhaaf.

Die vraag wat nou op die platteland gevra word, is: "Is dit nie miskien so dat Gerald Morkel eintlik vir die DP gestem het nie?" [Tussenwerpsels.] Ja, want hy is nie hier nie, en die DP is nie hier nie, maar die agb Ministers van die Nuwe NP moet hier sit.

As ons feite in die gesig staar wanneer dit by die lewering van dienste op plaaslike bestuursvlak kom, is die realiteit dat die Nuwe NP en die ANC meer as 80% van die kiesers van hierdie provinsie verteenwoordig. Baie van daardie 80% is uit die arm gemeenskappe; plaaswerkers, en mense uit bruin en swart gemeenskappe, asook arm blankes op 'n plek soos George, waar die Nuwe NP die mense nie raakgesien het nie. Dit is waarom daardie arm blankes nou na die ANC kom, want hulle wil dienslewering h. 
Ek dink die verdeeldheid in die Nuwe NP gaan oor die vrae: Kan ons nie met die ANC saamwerk nie? Sal dit nie beter wees vir ons mense nie? Sakkie Pretorius-hulle skop 'n kabaal op en s Manie Schoeman is verkeerd as hy Arnold Stofile na die Nuwe NP-konferensie uitnooi. Waarom het hy dit gedoen? Omdat hulle besef hulle moet saamwerk. Ek dink die agb Minister het 'n moeilike taak, want sy eie party is verdeeld.

Dit is nie soos die agb lid mnr Isaacs s, dat hulle dit eens is oor die saak, nie. Die realiteit is dat almal in hierdie Huis weet dat 'n mens 'n provinsiale regering moet h wat al die mense verteenwoordig as jy dienste op plaaslike regeringsvlak wil lewer. Daardie probleme by die Paarl kan opgelos word as die ANC en die Nuwe NP in daardie gebied saamwerk. Dit is egter die DP wat verhoed dat daardie soort samewerking plaasvind. [Tussenwerpsels.]

Waarom kan Afrikaner-sakelui Thabo Mbeki lof toeswaai en s dat hulle wil saamwerk, terwyl daar 'n klein groepie in die Nuwe NP is wat s hulle as Afrikaner-politici nie met die ANC kan saamwerk nie. Waarom is dit? 

Waaroor gaan dit? Wat is ons visie vir dienslewering in hierdie provinsie, en hoe gaan ons hierdie provinsie regeer? Vir wie verteenwoordig ons? Vir wie verteenwoordig die DP? Ons sal hierdie vraag moet aanspreek. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Me die Voorsitter, baie dankie vir die geleentheid om op enkele punte te reageer wat in die debat genoem is. Ek wil ter aanvang al die agb lede wat aan die debat deelgeneem het, bedank vir hul bydraes. Ek sal nie op elke positiewe bydrae wat hier gelewer is, reageer nie. Ek gaan ook probeer om, wat sekere negatiewe toesprake betref, die waardigheid van die Huis te handhaaf.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Ek moet vir die agb lede van die ANC bedank, met uitsondering van een agb lid wat 'n bietjie hansworserig opgetree het. Ek weet nie wat hy wou bewys nie. Ek weet nie of daar iets is wat hy nog aan daardie party moet bewys nie. Ek sal nou by die punte kom, en ek wil liewer by die feite bly, as wat ek met die persoon self wil handel.

Me die Voorsitter, die agb lid mnr N M Isaacs het van rampbestuur gepraat. Hy en die agb lid mnr McKenzie het gevra waar my rampbestuur-wetgewing is en waarom ek dit nie op die tafel sit nie. As ons na plaaslike regering kyk, moet ons verantwoordelik optree. Ek het die wetgewing reg gehad. Die wetgewing is gereed en ek kan dit nou vir hulle op die tafel sit. Die provinsiale wet met betrekking tot rampbestuur was al in Desember 1999 gereed.

Agb lede sal met my saamstem dat dit kleinlike politiekery is om my vandag te beskuldig omdat ek nie provinsiale wetgewing op die tafel gesit het nie, nadat daar eers nasionale wetgewing is, die ou Burgerlike Beskermingswet van 1977, wat vervang moet word. Dit is nasionale wetgewing. 'n Mens kan nie effektief funksioneer met 'n provinsiale wet by die gebrek aan 'n nasionale wet nie. Die dae is verby dat ons vir mekaar kon s ons sal 'n provinsiale wet uitbring en die nasionale Regering wys ons sal dit doen - kom wat wil, dit moet gebeur. 'n Mens moet tog verantwoordelik wees.
Die agb lid mnr McKenzie kan s wat hy wil, wat gedoen is, is gedoen in belang van die Wes-Kaap, en ek glo dit strek wyer as die Wes-Kaap. Die wetgewing is beskikbaar. Die Witskrif was reeds in Februarie 1999 beskikbaar. Ons het daarna gekyk. Ons wetgewing het ons ooreenkomstig die Witskrif van die nasionale departement opgestel. Die nasionale Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering het wetgewing uitgebring. Die wet is nog nie afgekondig nie, maar daar is 'n goeie dokument op die tafel. Ons stem nie met alles daarin saam nie, maar daardie insette sal ook gelewer word.

Ek het in my Rede dit duidelik gestel dat ons daarop sal reageer, en as dit nodig is dat ons aanvullend moet wees, sal ons dit wel ook doen. Om egter vandag die indruk te skep dat daar 'n belofte gemaak is vir 'n provinsiale wet en dat daar nie aan daardie belofte gestand gedoen is nie, dat ons traag is, dat ons slap is en dat ons nie ons werk gedoen het nie, is van alle waarheid ontbloot, en ek wil dit in daardie perspektief stel.

Ek wonder wat die agb lid mnr McKenzie sou ges het as ek die wetsontwerp by die Huis ingedien het. Ek kan vir agb lede s wat hy sou ges het, "Hoe kan julle 'n provinsiale wetsontwerp by die Huis indien, daar is dan 'n nasionale wet op pad?"

Ongeag van watter party die kritiek ook al kom, ek glo ek het die regte ding gedoen, en ek is seker dat 99,9% van die lede in di Huis daaroor sal saamstem en daardie pad met my sal saamloop.

*Wat die algemene waardasie betref, is daar besorgdhede, en ek sal hierdie besorgdhede aan die nasionale Regering oordra. In die metropolitaanse sowel as die nie-metropolitaanse gebied wil mense voortgaan met die algemene waardasie, maar hulle moet gebruik maak van die ou algemene waardasie van hierdie Provinsie van 1993. Hulle wil die CAMA-stelsel gebruik - die Computer-Aided Mass Appraisal-stelsel - wat regoor die wreld beskikbaar is. Ek glo nog al die tyd dat die nasionale wetgewing innoverend genoeg sal wees om dit te akkommodeer. Ja, die agb lid het dit reg, daardie wetgewing is nie op die tafel nie en ons bevind ons in 'n dilemma. Die dilemma is dat ons die pad van wetgewing van 1993 moet loop, wat ons nie wil doen nie. Ons wil vernuwe en ons wil die regte pad loop.

Die besluit is ook in die Kaapse Metropolitaanse gebied geneem, en ook buite, dat die weg van die Ordonnansie van 1993 gevolg sal word, maar ons sal die opsie oop laat. Die oomblik as ons nasionale wetgewing kry, sal dit maklik wees om na die nasionale wetgewing en daardie raamwerk oor te skakel. Ek dink dit word ook met baie groot verantwoordelikheid en nugter in hierdie provinsie hanteer. Ek dink dit is die belangrike punt wat ons in gedagte moet hou.

Ek kon verlede jaar 'n ordonnansie uitgevaardig het oor waardasies, maar dit sou ook onwys gewees het.

*Me die Voorsitter, ek stem saam dat ons 'n munisipale stelselswetsontwerp nodig het. Dit is nog nie in plek nie. Ek moet vir die agb lid s dat die nasionale Departement van Finansies sekere besorgdhede in daardie verband het. Hulle het dit na die nasionale Departement van Provinsiale en Plaaslike Bestuur terugverwys, en hulle kyk opnuut na daardie stuk wetgewing. Ek dink nie ons kan daaraan twyfel dat ons dit teen Junie 2000 moet h nie. As ons 'n bydrae kan lewer - en ons het reeds ons insette gelewer - dink ek gaan ons ook daardie stuk wetgewing op die tafel kry.
Ek dink die agb lid mnr N M Isaacs het hom verspreek toe hy ges het die agb lid mnr Ramatlakane gaan die nuwe uitvoerende burgemeester wees. Hy het waarskynlik nie die hele koerantberig gelees nie. Ek verstaan die agb lid mnr Ramatlakane gaan die assistent van die uitvoerende burgemeester wees. Ek dink 'n assistent is heeltemal iets anders as 'n burgemeester. [Tussenwerpsels.] Ek wil nie in die debat betrokke raak met betrekking tot die uitvoerende burgemeester nie. Ek dink dit gaan op sigself 'n baie interessante en stimulerende debat in die volgende week of twee wees.

Ek kom by die volgende punt, en ek wil spesifiek reageer op sekere aspekte wat die agb lid mnr McKenzie genoem het. Ek vind dit baie interessant dat hy vra wat van my kiesersopleiding geword. Net 'n week gelede het hy gevra waarom ons betrokke raak in geldvoorsiening vir identiteitsdokumente en registrasie. [Tussenwerpsels.] As ek in hierdie Begroting kiesersopleiding gehad het - en in baie gevalle het 'n mens nie geld nodig om kiesersopleiding te doen nie - was die vraag net weer andersom geswaai. Ek dink ons moet dit ook in daardie perspektief sien. Dit is ges dat daar gekyk gaan word na kiesersopleiding, maar, en dit is baie interessant, kyk hoe hanteer hy die saak daar.

Die agb lid mnr McKenzie het ook ges daar word altyd na Tulbagh verwys. Ek het nie vandag na Tulbagh verwys nie. Ek het nie na een munisipaliteit verwys wat op hierdie stadium deur die Nuwe NP of deur die ANC regeer word nie. Wat ek wel uitgelig het, is dat daar by sommige munisipaliteite probleme is, en dat ons as Provinsie en as Huis moet saamstaan.

Hy het 'n bietjie politiek by die debat probeer inbring. Ek kan agb lede verseker, ek het vandag al baie meer statistiek beskikbaar as wat hy het, wat ek op die tafel kan uitrol en vir agb lede s wat werklik by sekere munisipaliteite gebeur. Ek dink dit gaan 'n verlaging van hierdie debat wees, terwyl ons juis in die proses is van munisipaliteite opbou. Ek verseker agb lede daar is bouwerk wat gedoen moet word, daaroor bestaan daar geen twyfel nie.

Die agb lid mnr McKenzie het ook na die 1997-finansile state verwys. Sonder om persoonlik te raak, wil ek hom een vraag vra: wie was op daardie stadium die verantwoordelike Minister? [Gelag.] Wie was in 1998 die Minister? Wie was die Minister in 1999? Ek wil nie die skuld op iemand afskuif nie. Daar was probleme, en ek kan vir agb lede die antwoord gee. Ek wil amper hom ook vandag van die blaam onthef. [Tussenwerpsels.]

Ek wil vir agb lede vertel wat in die metropolitaanse gebied gebeur het. Hy moet die feite reg kry van wat in die metropolitaanse gebied gebeur het. 'n Enorme ontbondeling het plaasgevind. Op 1 Julie 1997 het 10 000 personeellede in die Metropool alleen geskuif, en saam met hulle is die bates en laste geskuif. Daar is, wat hulle genoem het, interim diensleweringsmeganismes in plek gestel om die dienste te lewer.

Wat gebeur het, is dat die munisipaliteite nie hul finansile state kon regkry nie. Ek moet dadelik byvoeg dat die Ouditeur-generaal aan hulle uitstel verleen het. Die Ouditeur-generaal het besef waaroor dit gaan. Dit was 'n enorme ontbondelingsproses wat plaasgevind het. Agb lede kan vandag in alle opregtheid vir die Kaapstadse Munisipaliteit vra, wat die laaste munisipaliteit was wat dit reggekry het, waarom hulle dit gedoen het. Ek wys ook nie 'n vinger na hulle nie. Hulle was die laaste munisipaliteit omdat hulle die grootste munisipaliteit was wat moes ontbondel. Hulle moes ontbondel na die Tygerberg, Blaauwberg, die KMR en veral na die Suid-Skiereiland Munisipaliteit.

Di finansile state se indiening is met die goedkeuring van die Ouditeur-generaal gedoen, maar natuurlik moet hy daarop reflekteer. Ek dink nie daar is 'n munisipaliteit in hierdie Kaapse metropolitaanse gebied wat in di opsig onverantwoordelik sal optree nie. Dit is dus nie nuwe inligting wat hy vandag aan ons bekend gemaak het nie.

Hy het ook gevra wat ons met betrekking tot wanbetaling of nie-betaling doen. Ek verseker agb lede daar word werklik baie gedoen. Ek wil nie op die geskiedenis teruggaan en s waar wanbetaling begin het, hoe dit plaasgevind het en wat die oorsaak daarvan is nie. Ons het wanbetaling by baie munisipaliteite, maar sekere munisipaliteite het dit aangepak en dit goed aangepak. Dit is nie dat hulle nie die meganismes gehad het nie, en dit is ook nie dat hulle nie die gereedskap gehad het om dit te doen nie.

Ek hoor egter 'n dag of drie gelede het 'n munisipaliteit - en dit is nie nodig dat ek sy naam noem nie - wat 'n goeie kredietbeheerbeleid in plek gehad het, besluit het die invordering is uitstekend en hulle skrap nou hul beleid, want dit is nie meer nodig dat dit toegepas word nie. Sulke optrede is onverantwoordelik aan die kant van die rade. Ons moet daarteen waak, en ons moet daarna kyk.

Daar is ook verwys na die Munisipaliteit van Oostenberg. Dit is heeltemal korrek, die Afbakeningsraad het daardie proses deurgegaan. Agb lede ken die geskiedenis van die Munisipaliteit van Oostenberg. Daar was 'n gedagte dat hulle of by die Tygerberg sou inskakel, of op hul eie sal staan. In di verband wil ek weer eens nie vinger wys nie, want dit is baie maklik om te doen.

Ek wil ook dit vandag vir agb lede s, as hulle na 'n munisipaliteit kyk met die min hulpbronne wat hulle werklik het, en 'n munisipaliteit wat werklik vir die arm mense iets gedoen het, moet hulle na die Munisipaliteit van Oostenberg gaan kyk.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Ek s nie dit omdat ek van die Munisipaliteit van Oostenberg kom nie. Ons het gehoor van die Wesbank-behuisingsontwikkeling. Ons praat van die ontwikkeling van 5 500 eenhede daar, wat onder leiding van die agb Minister van Behuising gedoen word. Weet agb lede wat in baie ander munisipaliteite gebeur? Hulle s, "Nee, nie in my agterplaas nie." Hulle wil nie huise vir arm mense in hul woongebiede h nie, want hulle weet daardie mense sal heel waarskynlik nie vir dienste kan betaal nie.

Die Munisipaliteit van Oostenberg het die moed gehad om te besluit die grond wat hulle het, gaan hulle beskikbaar stel en 'n bydrae lewer. Hulle kry swaar, maar agb lede kan na die ontwikkeling gaan kyk. Gaan kyk na die ontwikkeling in die metropolitaanse gebied vir arm mense en na waar dit werklik plaasvind; dan sal agb lede sien dit is in die Oostenberg.

Dit is nie om te spog en te s hulle is beter as die ander munisipaliteite nie. Daardie raad het die moed gehad om na die arm mense om te sien. Ek dink dit is onbillik om 'n raad wat die moed het om na arm mense om te sien, terwyl die ander net leef van die vet van die geld wat hulle ontvang, te etiketteer en te s hoe swak hulle is. Die raad van Oostenberg gee werklik om. Ek nooi agb lede uit om werklik in Oostenberg te gaan kyk wat in die Munisipaliteit van Oostenberg aan die gang is en wat daar gebeur.

Me die Voorsitter, ek wil aansluit by die punt oor brandbestryding. Dit is so dat die brandweerdienste in sekere gebiede nie toeganklik is nie. Ons weet almal dat sekere informele gebiede nie vir 'n brandweerwa toeganklik is nie. 'n Brandweerwa kan eenvoudig nie daar ingaan nie. Daar is sekere redes daarvoor, en ons weet dit ook.

Ek wil graag vir agb lede s wat die rede daarvoor is. Sekere ontwikkelings het eenvoudig ongeorden plaasgevind. Dit was nie altyd deur die toedoen van die owerheid nie, wie die owerheid ook al is. Ons kan nie 'n vinger wys na die munisipaliteite van Kaapstad, die Tygerberg of enige ander munisipaliteit nie. Wat ek wel kan s, is dat ons amptenare en die rade ernstige pogings aanwend om dienste uit te brei.

Ek wil vir die agb lid vra wanneer hy laas in Khayelitsha was om te sien hoe die diens uitgebrei het. Dit het nie gebeur omdat een ander party skielik daar was nie. Dit was 'n diens waaroor gesamentlik besluit is en wat gesamentlik uitgebrei is. Hy kan gerus gaan kyk hoe die dienste uitgebrei word; nie oornag nie, maar stelselmatig omdat sekere fasiliteite in plek moet kom.

Ek wil agb lede versoek om, wat ons hier doen en wat ons in plaaslike regering doen, in die realiteit te sien van waar Suid-Afrika op hierdie stadium staan; en dan kan ons almal vandag vir mekaar hier vinger wys en s hoe sleg dit in sekere gebiede gaan. Ek kan vandag vir agb lede van Johannesburg tot in Soweto, tot in die Suid-Kaap, tot in Kaapstad voorbeelde opnoem, maar is dit die oplossing vir ons probleme? Die oplossing vir ons probleme l in samewerking, in saam soek na antwoorde. Sekere agb lede het vir my uitstekende antwoorde gegee en hulle het 'n bydrae gelewer, en ander het botweg geweier om 'n positiewe bydrae te lewer, maar bloot negatief gereageer en in 'n groot mate ook persoonlike aanvalle geloods - wat in elk geval nie die ergste is nie.

Die agb lid mnr Silke het 'n bydrae gelewer, waarvoor ek hom opreg bedank.

Me die Voorsitter, ek wil aansluit by die bydrae van die agb lede mnre Lewis en Louis. Ek wil hulle ook bedank vir hul bydraes. Hulle het seker heeltemal reg om 'n vinger na my te wys, en ook 'n kwaai vinger na my te wys, en vir my te vra waarom hulle nie in die unistad-kommissie geakkommodeer is nie en ook nie in die distrikstransformasieforum nie. Ek moet vir hulle s ek is nie hier om gunste vir iemand te gee nie. Ek is jammer dat ek dit blatant stel, en ek rig dit nie persoonlik teenoor daardie agb lede of hul partye nie. Ek het 'n taak om uit te voer en 'n werk om te doen. Ek moes gekyk het na die verteenwoordiging wat ons in die metropolitaanse gebied het en die verteenwoordiging wat ons in die distriksmunisipaliteite het. Ek kan hulle wel verseker dat hulle altyd tot my toegang sal h en dat hulle altyd, waar daar enige gesamentlike vergaderings gehou word, toegang sal h. Dit sal hulle natuurlik ook altyd vrystaan om enige vraag in di Huis te vra. Di Huis het die verantwoordelikheid om vir hulle daardie antwoorde te gee.

Ek is jammer vir hulle, ... [Tussenwerpsels.] ... - ek bedoel dit uit my hart uit - en ek sluit die DP daarby in. Ek kan egter nie ter wille van een persoon, omdat hy 'n koalisievennoot is of van 'n ander party is, 'n ander maatstaf of ander kriteria toepas nie. Ek is baie jammer om dit te s. Ek kan dit ook nie vir ons eie lede, vir ANC-lede of vir enige ander party doen nie. Ons moet konsekwent wees en konsekwent bly. Ek belowe dat ons met ander meganismes ook by daardie partye gaan uitkom en ook vir hulle in die proses sal saamneem. Dit is baie belangrik. Ek waardeer hul openheid vandag en dit wat hulle hier uitgespreek het.

Die opmerkings oor kapasiteitsbou is baie waar. Ons het met 'n kapasiteitsbouprogram met amptenare begin. Dit was baie suksesvol. Die program gaan steeds voort. Die agb lid mnr Louis het oor kapasiteitsbou gepraat.

Ek wil die agb lid mnr R Williams bedank vir sy bydrae. Ek dink hy het 'n baie positiewe bydrae gelewer.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Ek wil dit nie te goed stel nie, want netnou klink dit asof ek heeltemal saamstem met wat die ANC daar s. [Tussenwerpsels.] Me die Voorsitter, hulle moet oor my praat en nie oor voormalige Ministers nie. Dit gaan oor plaaslike regering, en dit is die belangrikste.

Ek wil vervolgens die agb lid mnr Marais bedank vir sy bydrae. Hy het 'n lang pad met plaaslike regering geloop. Ek hou die punte wat hy genoem het, in gedagte. Die positiewe punt waarmee hy afgesluit het, is dat die unistad nie die ideaal was nie. Kom ons s eerlik vir mekaar hier, agb lede weet daar was ander standpunte oor die unistad, of megastad. Agb lede weet ook dat die Huis na die realiteite van Suid-Afrika kyk, en daarom het hy sy realistiese versugtinge vandag genoem.

Ek wil die agb lid mnr Louis weer eens bedank vir sy bydrae. Hy het ook verwys na munisipaliteite wat amper bankrot is en waar daar groot probleme bestaan. Dit is waar. As ons vandag hoor ons kan 'n hele paar miljard rand vir daardie munisipaliteite gee en hulle baie sterk ondersteun, is dit reg. Ek kan aanhaal wat die voorsitter van die FFK in die nasionale Parlement ges het. Hy het ges daar word te min geld vir plaaslike regering gegee. Ons stem absoluut daarmee saam. Daar is te min geld vir die verantwoordelikhede wat op plaaslike regering geplaas word om 'n effektiewe diens te lewer.

Hy het ook verwys na die interim hoof uitvoerende beampte en na 'n industrile sielkundige. Dit is alles goeie wenke wat hy vir ons gegee het. Hy het verder verwys na 4% van die personeel wat aktief is by die politiek, en dat dit verminder het van 12% na 4%. Dit is dalk nie so 'n slegte ding nie. Ons sal waarskynlik nou meer gemeenskapsorganisasies kry wat daar na vore kom.

Die agb lid mnr Dugmore het ietwat wegbeweeg van my terrein. Hy het om my gepraat, en oor die DP, die koalisie en die ANC gepraat. In die eerste deel van sy toespraak het ek gedink hy is besig om die Nuwe NP oor te haal, en daar het hy ons weer pakgegee.

Ek wil nie veel daarop kommentaar lewer nie. Waaroor ek wel kommentaar wil lewer, is die feit dat daar uitstaande dienslewering aan die gemeenskap is. As die ANC 'n bydrae wil lewer tot die verbetering van die kwaliteit van die gemeenskap en om armoede te verlig, s ek ja. As die UDM dit wil doen, s ek ja. As die ACDP of die DP dit wil doen, s ek ook ja. Ek dink ons moet binne daardie bre beginsels saamwerk en nie 'n kloof probeer bewerkstellig tussen partye waar ons wel sekere raakpunte het nie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek gaan nou voortgang aan die Speaker rapporteer, maar voordat ek dit doen, wil ek 'n verdere punt oor deelname deur diegene op die galery maak. Mense op die galery word nie toegelaat om aan die verrigtinge in die Huis deel te neem nie. Ek het vroer 'n versoek gerig dat hulle dit nie moet doen nie. Dit is nie my beslissing nie, maar die beslissing van die Huis. Hulle is baie welkom om die galery te besoek, maar hulle moet hulle asseblief by die Rels van die Huis hou.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

Die Huis verdaag om 18:27.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

AANKONDIGINGS:

Die Speaker:

Die volgende veranderings is met ingang van 13 Maart 2000 aan die lidmaatskap van Komitees aangebring: 

1.	Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake:

	Alternatiewe Lid

	Onderwys:

	Aangestel: K A Mqulwana
	Onthef: L Brown

2.	Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe:

	Lid

	Aangestel: R Williams
	Onthef: E Rasool

	Alternatiewe Lede

	Weddenskappe:

	Aangestel: R Williams
	Onthef: G R Strachan

	Ontwikkelingsbeplanning:

	Aangestel: R Williams
	Onthef: G R Strachan

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

Wetsontwerpe en portefeuljekomitee-amendemente ontvang van die nasionale Parlement en ter Tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

1.	Wysigingswetsontwerp op Loterye [W 13-2000].

2. Portefeuljekomitee-amendemente op Wysigingswetsontwerp op Loterye
	[W 13A-2000].

3.	Wysigingswetsontwerp op Loterye [W 13B-2000].

4.	Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Kommunikasiereguleringsowerheid [W 14-2000].

Wetsontwerp en portefeuljekomitee-amendemente ontvang van die nasionale Parlement en ter Tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

1.	Portfolio Committee Amendments to Remuneration of Public Office Bearers Amendment Bill [B 11A-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

2.	Remuneration of Public Office Bearers Amendment Bill [B 11B-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

3.	Portfolio Committee Amendments to Remuneration of Public Office Bearers Amendment Bill [B 11C-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaanse beskikbaar nie).

4.	Remuneration of Public Office Bearers Amendment Bill [B 11D-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

5. Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers [W 15-2000].


1386	WOENSDAG, 15 MAART 2000



	WOENSDAG, 15 MAART 2000	1387



1320	WOENSDAG, 15 MAART 2000


